Page 1 of 1

Cbird se "Annealer"

Posted: Mon Jun 29, 2020 3:11 pm
by Toffie@2
'n Goeie vriend van my, Siebert Noeth oftewel Cbird op die forum, het 'n maand of so gelede vir hom 'n annealer gebou wat baie op die prinsiep van die Auto Anneal werk. Nadat ek gesien het hoe foutloos die masjien werk het ek in 'n grap vir Siebert gese ek soek ook een en hy moet Remington groen wees.
Groot was my verbasing toe Siebert so 3 weke later by my aankom met 'n annealer wat totaal anders werk as sy eerste een en dit in Remington groen ook nog ;D !!
Image
Cbird se Annealer na ek hom uit sy netjiese verpakking gehaal het.

Siebert het werklik baie moeite gedoen en alles is met sy eie hande vervaardig en aanmekaar gesit. Selfs die raam van die masjien, van waar die metaal gebuig en gesny moet word, het hy self geteken en laat doen. Elektriese komponente is van verskeie verskaffers bestel om top kwaliteit teen die beste prys te kan kry.
Die twee wiele werk van dieselfde motor, maar draai in verskillende rigtings. Die verhouding is so uitgewerk dat wanneer die boonste wiel 'n nuwe dop optel word hy afgegooi net na die onderste wiel die dop wat in die vlam was fisies weggevat het. Die gevolg is dat die moontlikheid van 'n dop wat verbrand, omdat daar 'n blokkasie by die voer gedeelte van die doppe is grootliks, indien nie totaal, uitgesluit kan word.

Image
Die foto wys hoe die boonste wiel 'n dop optel terwyl die onderste wiel omkom om die dop uit die vlam te vat.

Image
Hier word die een dop uit die vlam gevat terwyl die volgende een neergesit word. Let op die digitale lesing van die motor se weerstand wat verstelbaar is.


Ek is nie doodseker wat dit is nie maar die onderste wiel het 'n kleef lagie oor wat verseker dat die dop tol terwyl die vlam op hom is. Die stoor area waar die doppe geplaas word is meer as groot genoeg om 'n 100 van die .308 Win familie doppe te kan hou, en doppe vloei foutloos soos een na die ander weggevat word. Die motor se spoed is soos meeste ander annealers verstelbaar, maar die digitale skerm wat die weerstand op die motor uitbeeld stel jou in staat om vinnig keer op keer by die regte spoed uit te kom. Ek hou byvoorbeeld daarvan om my doppe tot so 2-3mm onder die skouer te laat gloei, dus vat ek een dop wat ek met tempilaq merk en speel met die weerstand tot ek die perfekte spoed kry.
Image
Een van my .308 Win doppe met die gloei lyn net onder die skouer.


Daai lesing skryf ek dan in my herlaai boek en kan ek keer op keer na terug gaan sonder om weer te sukkel om die regte spoed te kry of om tempilaq te gebruik.
Die vlam word aan 'n gewone "Cadac" tiepe bottel gekoppel en die vlamstuk kan op 'n eenvoudige, tog effektiewe, wyse verstel word om die perfekte hoek op die dop se nek te kry. Die voordeel van die Cadac gas vir my bo die bronne soos die Totai en soortgelyke gasbranders is dat die vlam konstant bly. In die verlede het ek na elke 100 of so doppe 'n nuwe Totai botteltjie gekoppel om seker te wees die gas druk raak nie te flou en ek sit met doppe wat nie almal aan dieselfe hitte blootgestel was nie.
Image
Doppe wat almal dieselfde hoeveelheid hitte gekry en volgens my perfek uitgegloei is.

Ek het die eenheid nog nie lank nie maar het al oor die 400 doppe van verskillende kalibers uitgegloei sonder 'n enkele probleem. Ek het 200 doppe direk namekaar gedoen en alhoewel die wiel warm was van die vlam het die klewerigheid op die wiel en die motor steeds soos normaal gefunksioneer. Wat Siebert se planne is vir die toekoms met die anneallers wat hy maak is ek nie doodseker nie, maar ek kan wel se dat dit 'n top produk is en uit dankbaarheid vir die een wat hy vir my gemaak het skryf ek die stuk. O0


N.S. Hier is ou Siebert by 'n onlangse suksesvolle jagtog.... ;D 8) ;D
Image

Lekker dag aan almal en vriendelike groete
Toffie

Re: Cbird se "Annealer"

Posted: Mon Jun 29, 2020 4:48 pm
by Gawie(13mm)
Bakgat Cbird!

Re: Cbird se "Annealer"

Posted: Mon Jun 29, 2020 4:57 pm
by Draegan
Baie netjies! Enige planne om dit te vervaardig en te verkoop?

Re: Cbird se "Annealer"

Posted: Mon Jun 29, 2020 5:08 pm
by Capt. Yoda
Lekker masjien die en ja so ver ek weet gaan hy verkoop

Re: Cbird se "Annealer"

Posted: Mon Jun 29, 2020 5:19 pm
by Lategan1
Baie netjies, sal jy vir ons mettertyd ‘n prys gee asb.

Sal ook mooi lyk in Ferrari rooi!

Beste.

Re: Cbird se "Annealer"

Posted: Mon Jun 29, 2020 5:56 pm
by Capt. Yoda
Ek toets een al vir so maand lank. Julle manne kan ma met hom praat oor die prys dis n bitter netjiese masjien....myne is SAKO swart

Re: Cbird se "Annealer"

Posted: Mon Jun 29, 2020 6:29 pm
by Cbird
Baie dankie Toffie altyd 'n plesier ou maat.

Ek wou al lankal vir my 'n annealer kry en toe die lockdown begin het ek besef hier is 'n goeie geleentheid met genoeg tyd om vir my 'n annealer te bou. Ek het dit so geniet om weer prakties its te maak, met Toffie se spot het ek geweet hy sal een waardeer en dit is toe dat ek begin rond soek vir idees om vir hom 'n annealer te bou wat hy nie in Suid Afrika sal kry nie. Ek het die beginsel op Youtube gesien en begin speel op LibreCad met 'n paar opsies, dit is ook hier waar ek begin dink het om op klein skaal van hul te bou en te verkoop om my skiet stokperdjie te help finansier.

Die idee was om 'n gehalte produk te bou wat ek ook op klein skaal kan verkoop.

As iemand belangstel is julle welkom om my te kontak (Nul64 86Nul 7894). Tans kan ek die annealer bou teen R3750 + courier en as opsie - omskakeling dat 'n Cadac silinder gebruik kan word R250 ekstra.

Baie dankie vir die komplimente word opreg waardeer.

Re: Cbird se "Annealer"

Posted: Tue Jun 30, 2020 9:16 am
by Pinkes
Asof ons nie al genoeg Siebert Noeth kennis hier het nie.... ;D ;D

Netjies


Gedog Capt O het nog n skuilnaam op die forum...

Re: Cbird se "Annealer"

Posted: Tue Jun 30, 2020 4:45 pm
by Cbird
Lategan1 wrote: Mon Jun 29, 2020 5:19 pm Baie netjies, sal jy vir ons mettertyd ‘n prys gee asb.

Sal ook mooi lyk in Ferrari rooi!

Beste.
Dit is die naaste wat ek kon kry Candy Apple Red...?

Re: Cbird se "Annealer"

Posted: Tue Jun 30, 2020 4:55 pm
by Capt. Yoda
Pinkes wrote: Tue Jun 30, 2020 9:16 am Asof ons nie al genoeg Siebert Noeth kennis hier het nie.... ;D ;D

Netjies


Gedog Capt O het nog n skuilnaam op die forum...
Toema die een met die anealer is darem die ordentlike weergawe

Re: Cbird se "Annealer"

Posted: Tue Jun 30, 2020 5:26 pm
by Lategan1
Dit is nou smart, rooi en silwer.

Die Massey is die John Deere alweer een voor...

Beste.

Re: Cbird se "Annealer"

Posted: Wed Oct 06, 2021 9:40 pm
by Cbird
Hier is ń video van die annealer wat ek bou. Ek dink hy werk baie lekker en wil dit graag met julle deel.

https://youtu.be/L011uIAVEV4

Re: Cbird se "Annealer"

Posted: Tue Feb 24, 2026 12:01 am
by Cbird
Die annealer het so bietjie verander oor die tyd. Ek bou hul nog steeds as jy sou belangstel kontak my gerus.

Annealers Available

Please email me at cbirdindvreloading@gmail.com for enquiries

Annealer : 22-250Rem up to 375 H&H - R3500.00
Annealer : .22 Hornet up to 375 H&H - R3900.00
Annealer : .22 Hornet up to 500 NE - R 4100.00

https://youtu.be/L011uIAVEV4?si=h-BBbaOVT85-VVzW

Couier: PostNet to PostNet - R150.00

Included with every annealer: Butane Gas Torch, 12V Power Supply, Two Guide Plates, Gas Burner Arm Ass. and 3mm Allen Key