Page 1 of 1
Musgrave .243 Vrystaat
Posted: Mon Jul 20, 2020 12:18 pm
by Japtrap
Middag Manne
Ek het my oupa se Musgrave .243 geƫrf uit sy boedel. Die geweer skiet darem maar net eens soos n droom. Ek wil net iets hoor..
Hy het sy oorspronklike loop op, nog baie mooi, met sy voorste "sight". Gaan ek neek met die waarde van die geweer as ek n "silencer" opsit? Dit is maar moeilik om jagplek te kry by ons gereelde jag plase sonder die silencer.
Die geweer voel hy weeg n ton. dit is seker maar deel daarvan. Ek loop maar eerder in bos met 30-06, wat baie minder weeg. En .243 het ook nog sy ou Weaver teleskoop op, soos ek sien baie ander ook het hier op die forum.
Hier is n paar fotos, ou krappies en als.
WhatsApp Image 2020-07-20 at 12.00.00.jpeg
WhatsApp Image 2020-07-20 at 11.59.58.jpeg
WhatsApp Image 2020-07-20 at 11.59.59.jpeg
Re: Musgrave .243 Vrystaat
Posted: Mon Jul 20, 2020 1:58 pm
by Klein Chris
Sal nie aan die 243 verander nie. As jy op n plaas kom wat knaldempers verkies, haal dan die 30-06 uit. Die "swaar" 243 behoort lekker te werk as n baan geweer
Re: Musgrave .243 Vrystaat
Posted: Mon Jul 20, 2020 2:22 pm
by saswart
Dagse Japtrap. Ek het al gesien mense wat die sight kan skuif agtertoe op loop en groefdraad voor doen.
In my opinie is dit 'n persoonlike keuse en almal hier gaan jou verskillende opinies gee. Ek sal bv nie een opsit nie en eerder vir my 'n ekstra geweer kry waaroor ek nie sal omgee om een op te sit nie. Maar dan sal ek baie min met die silencer lose geweer kan skiet en 'n ruk moet wag om nuwe geweer te koop...
Re: Musgrave .243 Vrystaat
Posted: Mon Jul 20, 2020 5:00 pm
by Hein M.
Sit die silencer op en haal die voorste versier af. Hierdie gewere skiet baie lekker, maar het nie die magiese versamelaarswaarde wat ons hoop hulle het nie. Ek het my ou Plankgeweer gemodify en hy skiet heerlik. As sy loop moeg is sal ek 'n Tikka / Rem 700 koop en met hom aangaan.
Mooi aand daar!
Re: Musgrave .243 Vrystaat
Posted: Mon Jul 20, 2020 5:29 pm
by win270
Gebruik die .243 met teleskoop en sonder knaldemper as voorsitjag geweer. Mens loop gewoonlik minder op voorsitjag en die .243 is goed vir die kleiner wild op die vlaktes. Ook maar net my eie 2c wat ek hier ingooi.
Re: Musgrave .243 Vrystaat
Posted: Mon Jul 20, 2020 5:54 pm
by J le Roux
Jou oupa het sekerlik die geweer aan jou nagelaat om met hom te jag.
Dit klink of jy hom meer gaan kan gebruik met 'n demper op.
Doen dit, en geniet hom.
Re: Musgrave .243 Vrystaat
Posted: Mon Jul 20, 2020 7:37 pm
by wlm
Hein M. wrote: Mon Jul 20, 2020 5:00 pm
Sit die silencer op en haal die voorste versier af. Hierdie gewere skiet baie lekker, maar het nie die magiese versamelaarswaarde wat ons hoop hulle het nie. Ek het my ou Plankgeweer gemodify en hy skiet heerlik. As sy loop moeg is sal ek 'n Tikka / Rem 700 koop en met hom aangaan.
Mooi aand daar!
Hein, ek stem saam. Bitter lekker gewere maar Musgrave het hulle gemaak om gebruik te word. My plank se kolf hhet ek self verander tot hy my pas en hy het sy voorste visier verruil vir 'n knaldemper. Hy kort nog net 'n as en 2 wiele dan kan ek hom sommer deur die jagveld agter my aan trek want hy is bietjie swaar vir dra.
Ek het regtig 'n "soft spot" vir die Lyttleton-aksie. Onlangs so 'n 270 vir my seun gekoop. 'n Pragtige geweer.
Re: Musgrave .243 Vrystaat
Posted: Mon Jul 20, 2020 7:51 pm
by Japtrap
Dankie manne
Ek waardeur terugvoer en insette. Ek verstaan albei kante en sal betjie gaan dink oor wat en waar ek meer gaan gebruik, dan so besluit.
Dankie