Page 1 of 1

help met foxpro asseblief

Posted: Thu Dec 15, 2011 10:50 am
by bullseye
More manne

Ek sukkel my gat af om vanaf roeper klanke oor te dra na remote. Weet nie of remote foutief is nie het dit in verlede maklik reg gekry.Het iemand dalk raad vir my? die foxpro model is scorpion met n tx200 remote.

Groetnis
Ben.

Re: help met foxpro asseblief

Posted: Fri Dec 16, 2011 5:05 pm
by Francois Marais
Ben

Search bietjie, daar was al baie posts waar dieselle probleme oor en oor bespreek is, hier is n paar tips anyway......

1. Maak seker jou kaartjie is FAT 32 geformat voor jy klanke opsit.....
2. Maak seker jou klanke is genommer van 000, 001, 002, 003, ens.......
3. Daar moet n spasie tussen jou no en jou klank naam wees........bv. 003 Lightning Jack

Vertel bietjie meer wat presies die remote/roeper doen as jy klanke wil transfer, as die remote in die transfer stadium fries en jy die battery moet uithaal om hom te reset, kyk gerus na bogenoemde tips....

Mooi loop
Francois

Re: help met foxpro asseblief

Posted: Sat Dec 17, 2011 9:25 am
by bullseye
FRANCOIS
Baie dankie vir terugvoering ek het al daai posts gelees en al daai goete gedoen maar remote bly hardegat. Ek gaan nou gou n nuwe memory kaartjie koop.

groetnis
Ben.

Re: help met foxpro asseblief

Posted: Sat Dec 17, 2011 12:05 pm
by bullseye
Manne die remote van my foxpro is besig om te tender vir n teiken, hy wil nie sy samewerking gee nie.
ek het die memory kaart se files gelees op pc en alles is presies daar soos dit moet wees. As ek die press send knoppie druk wil daar niks gebeur nie. Ek het Safari&outdoor geskakel hulle wil ook nie of kan nie n remote vir my bestel nie. het iemand raad wat my met so iets sal kan help?

groete
Ben.

Re: help met foxpro asseblief

Posted: Sat Dec 17, 2011 3:16 pm
by bullseye
Manne ek het die fout gekry, die remote se send knop het 2 punte gehad wat baie ligies kontak gemaak het,met ander woorde as mens ry dan vibreer die punte liggies en dit maak dat remote werk en nie werk nie. Hetdie 2 punte gesoldeer en alles werk weer normaal.

Groetnis
Ben.

Re: help met foxpro asseblief

Posted: Sat Dec 17, 2011 4:10 pm
by Kalahari
Ben

Mooi man, bly jou roeper werk weer. Rol die honde!

Kalahari

Re: help met foxpro asseblief

Posted: Sun Dec 18, 2011 7:46 pm
by theedge
So leer ons almal elke dag iets nuut