Inligting benodig met herlaai vrae
Posted: Sun Jul 26, 2020 10:00 am
Om onnodige heen en weer vrae te vermy wil ek die volgende voorstel. Maak seker jy gee die nodige inligting as jy vrae vra oor herlaai. Hier is 'n lysie wat kan help.
1. Kaliber en patroon gebruik (.308 kaliber en 30-06)
2. Looplengte - van loop se punt gemeet na die slotkop met gespande aksie. Jy gaan dit nog vele kere gebruik so maak 'n nota iewers.
3. Spoed gemeet - noem of dit op chrony 5m weg is of apparaat wat trompspoed meet (Magnetospeed, Labradar)
4. Dopvolume gemeet deur leë (gevuurde) dop te weeg en dan gevul met water tot gelyk met die bek te vergelyk.
5. Koeëltipe gebruik se gewig - gee liefs vervaardiger se nommer.
6. Dryfmiddel - lotnommers is net nodig met Somchem.
7. TPL soos geskiet en sprong na die lande is soms handig.
8. Groefdraai is handig as baie swaar koeëls vir kaliber geskiet word of as dit ou gewere is waar dit 'n invloed kan hê.
9. Doplengte moet korter wees as die maksimum SAAMI of CIP lengtes om veiligheid te verseker. Net handig vir QL berekeninge.
Ek sal enige wenke waardeer en dan kan ons die lysie aanvul. Nie alle inligting is nodig nie, maar looplengte is iets wat spoed bepaal en dit is gewoonlik waaroor die meeste navrae is.