Page 1 of 1

Charcoal maak

Posted: Tue Jul 28, 2020 6:55 pm
by JJV
Hallo julle
Ek vra asb raat, is hier iemand wat dit doen vir ‘n ekstra inkomste? Hulle praat van retrenchments by die werk so ek wil nie met my broek op my kniee gevang word nie. Ons plaas in Noordkaap (hy is tans verhuur) het Baie doringbome op, nou wonder ek of mens ekstra inkomste kan maak terwyl jy doringbome uitroei en dan charcoal maak??
Lekker Aand
JJV


Sent from my iPhone using Tapatalk

Re: Charcoal maak

Posted: Tue Jul 28, 2020 7:44 pm
by Ds J
Dit hang af van die soort doringhout. Soetdoring brand vinnig weg, maar sekelbos het ook dorings en maak goeie houtskool.
As daar droë bome is kan jy gewone brandhout, kaggelhout en braaihout ook maak.

Re: Charcoal maak

Posted: Tue Jul 28, 2020 8:12 pm
by JJV
Dit is die Mesquite/prosopis boom, hulle is regtig besig om oor te vat. Hulle is groen, so jy sal moet saag en droog. Ek wonder net of charcoal nie meer waardevol as hout is nie.
JJV


Sent from my iPhone using Tapatalk

Re: Charcoal maak

Posted: Tue Jul 28, 2020 8:53 pm
by Nico de Jager
In die noorde van Namibië is baie baie hektare ontbos en charcoal van gemaak. Verskeie boere het my vertel dat dit finansieel baie voordelig was.