Page 1 of 1
Verskuifbare elektriese heinings
Posted: Sun Aug 30, 2020 7:13 pm
by Eduard Venter
Is hier enige iemand wat lekker ondervinding het met die bogenoemde? My idee is om so 2km draad te hardloop op 'n slag en sodoende 25 hektaar kamp te span vir vleisbeeste. Op hierdie manier het ek geen meer gewone bees drade binne die plaas nodig nie.
Ek het baie probleme met wild en my binnedrade daarom wil ek die oplossing beproef. Een of 2 kampe wat elke paar weke skuif dan is daar niks meer in die wild se pad nie.
Dit lyk of stafix 'n produk het wat vir my doeleindes sal werk, maar dis 'n groot uitgawe so ek wil net seker maak voor ek so iets aanskaf.
Groete
Sent from my SM-A520F using Tapatalk
Re: Verskuifbare elektriese heinings
Posted: Sun Aug 30, 2020 7:23 pm
by Malan123
Ek het 1 van daai stafix solar sisteme om die zebras en perde van my ryegras af te hou. Die energiser koppel aan wit tape. Hy sjok jou nogal na moer so ek is amper seker hy sal beeste binne hou.
Re: Verskuifbare elektriese heinings
Posted: Sun Aug 30, 2020 7:28 pm
by tripodmvr
Re: Verskuifbare elektriese heinings
Posted: Sun Aug 30, 2020 9:52 pm
by BeesBreet
Eduard Venter wrote:Is hier enige iemand wat lekker ondervinding het met die bogenoemde? My idee is om so 2km draad te hardloop op 'n slag en sodoende 25 hektaar kamp te span vir vleisbeeste. Op hierdie manier het ek geen meer gewone bees drade binne die plaas nodig nie.
Ek het baie probleme met wild en my binnedrade daarom wil ek die oplossing beproef. Een of 2 kampe wat elke paar weke skuif dan is daar niks meer in die wild se pad nie.
Dit lyk of stafix 'n produk het wat vir my doeleindes sal werk, maar dis 'n groot uitgawe so ek wil net seker maak voor ek so iets aanskaf.
Groete
Sent from my SM-A520F using Tapatalk
Dit werk, maar nie oornag nie. Jou beeste gaan eers moet leer, en dit vat bietjie moeite
Sent from my iPhone using Tapatalk
Re: Verskuifbare elektriese heinings
Posted: Sun Aug 30, 2020 10:09 pm
by Eduard Venter
Dankie julle. Bees, gebruik jy self die verskuifbare heinings? Indien wel, kan ek jou dalk privaat kontak met 'n paar vrae en so?
Sent from my SM-A520F using Tapatalk
Re: Verskuifbare elektriese heinings
Posted: Mon Aug 31, 2020 11:19 am
by Vleisie
Ek maak gebruik van die Nemtek stelsel om voer lande af te blok vir skape, dit is n baie lekker sisteem. Myne het n battery, so hy werk deur die nag endan deur die dag laai die sonpaneel die battery en sit krag op die draad. Ek praat onder korreksie maar ek dink die energizer sit so 8.5kV uit en glo my dit maak Amper so seer soos my elektroniese heining om my huis.
Re: Verskuifbare elektriese heinings
Posted: Mon Aug 31, 2020 11:43 am
by Eduard Venter
Dankie vir die inligting. Weet iemand dalk of wild ook leer om die drade te respekteer? Hartbeeste, elande en die res wat 'n gewone 1,2m draad so dikwels in sy peetjie in hardloop.
Sent from my SM-A520F using Tapatalk
Re: Verskuifbare elektriese heinings
Posted: Mon Aug 31, 2020 11:56 am
by Malan123
Eduard, PM my jou nommer dan bel ek jou gou as ek kans kry
Re: Verskuifbare elektriese heinings
Posted: Mon Aug 31, 2020 2:19 pm
by Capt. Yoda
Eduard Venter wrote: Mon Aug 31, 2020 11:43 am
Dankie vir die inligting. Weet iemand dalk of wild ook leer om die drade te respekteer? Hartbeeste, elande en die res wat 'n gewone 1,2m draad so dikwels in sy peetjie in hardloop.
Sent from my SM-A520F using Tapatalk
Kan amper nie dink wild gaan geleer word nie. Dit werk lekker vir Bees maar soos “Bees” se dit vat n rukkie vir hulle om dit te leer maar as hy loop kan jy hul lekker op stroke laat vreet
Re: Verskuifbare elektriese heinings
Posted: Mon Aug 31, 2020 2:29 pm
by Eduard Venter
Capt solank die wild net bo oor spring is dit oraait. Hartbeeste het mos die geneigdheid om die draad 3 maal onderstebo te hardloop, op te wen en saam te sleep. Maar ek het met Malan op die foon gepraat klink my sy hartbeeste het geleer na 'n paar skokke
Sent from my SM-A520F using Tapatalk
Re: Verskuifbare elektriese heinings
Posted: Mon Aug 31, 2020 6:27 pm
by Malan123
Daai stafix sisteem van my hou alles behalwe die rooibokke en alleen loop elande uit. Hy hou my ook amptelik uit aangesien ek 1 oggend my kinders wou impress om bo oor te spring soos die bokke. Ek het ongelukkig wydsbeen bo op die draad geval... gelukkig was ek alreeds klaar met my familie beplanning...
Re: Verskuifbare elektriese heinings
Posted: Mon Aug 31, 2020 7:07 pm
by BeesBreet
Eduard Venter wrote:Dankie julle. Bees, gebruik jy self die verskuifbare heinings? Indien wel, kan ek jou dalk privaat kontak met 'n paar vrae en so?
Sent from my SM-A520F using Tapatalk
Het jy nog my nommer? Skreeu maar
Maar ja, gewone draad gaan nie wild keer nie, maar die wit band waarvan Malan praat sal hul verseker voor versigtig wees...
Sent from my iPhone using Tapatalk
Re: Verskuifbare elektriese heinings
Posted: Sun Sep 06, 2020 9:27 pm
by Eduard Venter
Baie dankie vir almal se hulp en raad. Ek het die week begin proef met die idee en my eerste 35 hektaar kamp gespan. Net een lyn 0,9m hoog gekoppel aan 'n baie klein energizer. Die beeste het die eerste oggend al geleer om ver weg van die draad te bly. Slegs 'n koedoe het een nag die draad des merdes gehardloop. Ek vermoed hy het die draad nie gesien in die donker nie aangesien daar nooit vantevore daar 'n draad was nie. Hartbeeste glip sommer onderdeur. Lyk my die storie gaan mooi werk.
Sent from my SM-A520F using Tapatalk