Ek is bly om aantekondig dat die 2020 seisoen voortgaan ten spyte van COVID19. Ek het sopas met die President van die jagklub gepraat en Saterdag is ons eerste jag! Daar is heelwat reels in plek gesit om die ding te bekamp - nie meer as 6 mense op 'n keer in die klubhuis, die sekuriteits meeting voor die jag word buite gedoen met meer a 'n meter spasie tussen die mense etc. Ook as on die berg jag en jy 4x4 nodig het om daar te kom net 2 jagters per kar met maskers etc. Meeste van die jagters by die klub is maar ouer mense so moet versigtig wees.
Laasjaar die tyd was dit baie droog en warm en die wind het vreeslik gewaai. Vandag het die reen egter begin val en dit hou Vrydag middag op. Dit is great vir ons want dit breek die tempratuur so bietjie. Dit is belangrik want die honde kry baie warm en hulle moet nog fiksheid opbou. Die honde hou so baie van jag dat hulle hulself regtig waar sal dood hardloop. So die jag begin vroeg in die oggend en word hier by 11 uur gestop.
My jagsak is al maande terug gepak! EK het vir vadersdag 'n walkie talkie gekry so ek sal meer in kommunikasie wees met die ander jagters. Ek het reeds laas seisoen een gehad maar dit was sommer so speelding wat ek vir die kinders gehad het. Hy het ook nie oorfone gehad nie so enige geluid wat oor die lug kom word gehoor deur alles om jou. Dit het my 'n vark gekos laas seisoen. Het die vark hoor aankom deur digte bos en net voor hy uitkom praat iemand oor die walkie talkie en daar draai vark om en hy is weg!
Ek hoop die seisoen gaan beter as laas seisoen. Bietjie frustrerend as almal om jou skiet maar jy word soos die plaag/Covid vermy

Die jagseisoen maak eers Saterdag oop so ek het nog nie met die 308 geskiet nie maar het darem bietjie tyd met die windbuks spandeer so ek behoort darem nie so verroes te wees nie. Kon ook nog nie by die jag winkel uitkom om die Federal Fusions was oom tripodmvr aan my aanbeveel het te koop nie. Die winkel is 100km van my maar dit vat 2 ure om tot daar te ry en 2 ure terug. Klein paadtjies... So ek gaan maar aanhou met die Sellier&Bellot vir die eerste paar jagte. Ek het nog 'n pakkie gaan koop net voor die confinement vir ingeval die pawpaw die fan strike so het nog heelwat. Hopelik skiet ek so baie varke die jaar dat ek sommer gou ander moet gaan koop

Ons werk nogsteeds van die huis af en as ons terug gaan werk toe is dit slegs 2 dae per week. Dinsdae is die dag wat ons mag voels jag en ek is mal daaroor om kraaie te skiet. So ek kan vinnig die kinders by skool aflaai en dan dan 'n uur of twee gaan jag sonder dat dit inbraak maak op famielie tyd.
Ek moet ook nog by die ander sportwinkel uitkom om nog so paar kleiduiwe te koop vir oefening sodra die seisoen oopmaak. Kan eers gaan skiet sodra die seisoen oopmaak. Hoop die haelgeweer skiet raak beter die jaar.
Hou duimvas ouens! Et bonne merde!