Page 1 of 1

Hermanus

Posted: Thu Oct 01, 2020 9:29 am
by BenJacobs
Dag sê almal. Ek wil graag hoor of iemand dalk weer van lekker vang plekke in die omgewing. Ek het vandag met 'n nuwe werk begin hier en wil bietjie my vryetyd aan visvang spandeer. Ek "vliegvisvang" ook so enige damme in die nabye omgewing sal ook werk.
Groete Ben

Re: Hermanus

Posted: Thu Oct 01, 2020 10:16 am
by tripodmvr
Ek sien jy het jou prioriteite reg. Werk mag nie 'n mens se lewe opvoeter nie.

Geniet die stokswaai !!!!!

Re: Hermanus

Posted: Thu Oct 01, 2020 11:00 am
by airhunter
Sluit aan by die ultimate anging forum. Lekkerouens daar.
Tot Geno hang soms daar uit. ;D

Re: Hermanus

Posted: Thu Oct 01, 2020 11:34 am
by Lategan1
Ben, jy toe blyplek gekry?

Die meeste manne wat visvang woon dorp se kant toe en in Sandbaai. Loop rond by gate, jy gaan hulle raakloop.

Witmossel by Plaat, krewels pomp jy by lagoon, swartmossel vir eet by Langbaai, Rooiaas en ook skaars bloedwurm by dieselfde omtes, in die klein poele en skeure. Uitsluitlik op laag en beste op springgety. Vries jou aas vir wanneer benodig. Hoop nie jy het ‘n vrou met fyn neus nie. :laugh: Maar dit weet jy alles!

Sandbaai, Onrust en Vermont het gooi aasplekke. Kyk waar ons bruin vissers uithaal. Visaas by hawe en viswinkels, selfs smouse.

Bly weg naby plakkerskampe langs kus, al lyk dit hoe aantreklik.
(Skulphoek)

Beste.

Re: Hermanus

Posted: Thu Oct 01, 2020 11:38 am
by BenJacobs
Dankie oom. Ek het bly plek gekry in Sandbaai. Ek gaan na werk so draai teen die kus ry om te sien waar die manne vang. Baie dankie.
Groete Ben

Re: Hermanus

Posted: Thu Oct 01, 2020 11:43 am
by Lategan1
Manne vang graag by Sandbaai strand.

Bly jy reggekom, dinge kan duur wees daar!

Beste.

Re: Hermanus

Posted: Thu Oct 01, 2020 11:44 am
by BenJacobs
Oh ja dit het ek agtergekom oom. Ek het darem lekker goedkoop reg gekom.
Groete Ben

Re: Hermanus

Posted: Thu Oct 01, 2020 1:12 pm
by Dawie Malan
Wat vlieghengel betref is daar paar boere met foreldamme in die Hemel en Aarde Vallei en ook in Caledon omgewing. Greyton, wat 'n baie vlieghengeldorp behoort te wees, se riviere is net vol swartbaars.

Groete

Re: Hermanus

Posted: Thu Oct 01, 2020 3:13 pm
by Methos
Ben

My ouers woon in Sandbaai - My Pa vang saam met die Bootklub vis. As jy wil vlieg vang dink ek die Lagune behoort darem 'n paar leervisse in te hê.

Re: Hermanus

Posted: Fri Oct 02, 2020 12:50 pm
by Stephan86
Ek het so paar jaar terug saam met 'n paar manne die botrivier mond met vlieg gerei gaan hengel. Ons het vir leervis gegaan maar ek ek het slegs 'n paar elve gevang. So jy kan altyd die "dropoffs" gaan verken en kyk of jy nie dalk iets hak nie.

Dit is dalk so 'n entjie weg maar ons het by Silversands in Bettysbaai al baie lekker "spotties" aka sloephaaie met vars harders gevang.

Re: Hermanus

Posted: Sun Oct 04, 2020 7:46 pm
by BenJacobs
Dankie almal.
Ken enigeen dalk van die boere met lekker damme in die omgewing?
Groete Ben