Page 1 of 2

Target lead hulp

Posted: Tue Oct 06, 2020 5:02 pm
by alecjohnson
Goeie dag mense

Ek vra raad, ek geniet die haelskiet baie! Ek gooi egter baie kleie ongebreek in die water. My probleem is ek weet nie waar om te korrel nie. Ek weet nie of die hael te stadig of te vinnig by teiken uitkom nie. Is daar raad of moet ek net aanhou probeer tot die kleie breek?
Ek het bitjie gekroek om seker te maak ek tref kleie en dis deur hulle net weg van my te gooi, so kon ek net op hul korrel en breek.

Baie dankie!

Re: Target lead hulp

Posted: Tue Oct 06, 2020 5:08 pm
by tripodmvr
Dit is vir my baie lekker om na haelgeweerskuts te kyk wat hul storie ken. Ek is 'n baie swak haelgeweerskut en sit verder ook met gekruisde oogdominansie. Oefening is nodig en ook iemand wat kan sien of jy voor of agter mis. Hier is verskeie manne wat baie beter raad kan gee.

Re: Target lead hulp

Posted: Tue Oct 06, 2020 6:03 pm
by Thunderhead
Hi Alec het jy al jou haelgeweer gepattern? Dit is bitter belangrik om seker te maak die haelgeweer skiet waar jy kyk en dan moet daar nie kolle met niks hael wees in die pattern nie. Haelgeweer skiet is instinkief jy moet glad nie probeer dink hoe ver moet jy lead nie maar kyk net na die duif kom van agter en waneer dit reg voel trek die sneller.

Re: Target lead hulp

Posted: Tue Oct 06, 2020 7:34 pm
by Alwin
As 'n beginner met kleiduiwe is daar 'n paar goed wat my help om meer van die skelm goed raak te skiet:
1. Passing van geweer. Net haelgewere wat my mooi pas sodat my oog net-net oor die rib kyk na die korrel werk vir my. Gewoonlik help dit om die kolf langer te maak om vir MY te pas.
2. Lei genoeg! Ek lei gewoonlik te min. Dit hang natuurlik af van die spoed waarteen die klei vlieg, hoe vinniger hoe verder voor hom moet mens lei.
3. Deurvolg. Hou aan swaai nadat die sneller getrek is en hou jou wang steeds op die kolf.
4. Snellerbeheer. As geweerskut moet mens die sneller baie saggies "squeeze" totdat hy breek en die skoot klap. Met die haelgeweer "klap" jy hom op die regte oomblik. 2 totaal verskillende tegnieke en soms moeilik om van die 1 oor te skakel na die ander.
Eintlik preek ek nou vir myself. Hoop ek onthou al die goed as ek weer op die klei baan kom.

Re: Target lead hulp

Posted: Tue Oct 06, 2020 7:40 pm
by Rudi Fischer
Sien nou jy is in Upington, wou se kom skiet saam met ons dat help ons jou uit.
Baie van die ervare manne geen nie om om iemand nuut uit te help nie.

Re: Target lead hulp

Posted: Tue Oct 06, 2020 7:48 pm
by tripodmvr
Rudi praat nou reguit die waarheid. Haelgeweerskuts help graag nuwelinge om vooruit te kom. Is daar nie 'n klub op Upington nie?

As jy Youtube kan besigtig, gaan loer by "Fieldsports Britian". Daar is 'n paar vidoes waar groot skuts wenke gee.

Re: Target lead hulp

Posted: Tue Oct 06, 2020 8:15 pm
by JJV
Kyk ek het al baie kleie mis geskiet, het ou Beretta O/A en met baie skiet “click” dit op ‘n stadium, hou jou kop laag op die kolf, en moet nie met korrel mik nie, maak klei met jou loop toe, as jy hom kan sien vlieg as jy skiet gn jy onderdeur! Maak hom toe met loop en trek sneller! Hierdie is amateur raad!!!


Sent from my iPhone using Tapatalk

Re: Target lead hulp

Posted: Tue Oct 06, 2020 9:12 pm
by Lategan1
Groot onderwerp met baie youtube video ‘s hieroor, tips how to lead ens. Kyk en kyk nogmaals videos. Tegniek is teenoorgestelde van koeëlgeweer. Point vs aim, swing through, cheek weld, focus on target vs teleskoop ens.

Ek nie met haelgeweer grootgeraak nie, uitsluitlik geweer. Die oorskakeling was en is moeilik. Het afrigting ontvang en baie baie videos gekyk. Steeds skiet ek swak, maar dit verbeter deurlopend. Het astigmatisme in dominante regteroog wat dit meer uitdagend maak.

Jy reeds goeie tips hier gekry, kan sien JJV het al gesukkel, loop wat teiken toemaak is belangrik!!
Na alles wat jy moet inneem is die geheim om dan nie te veel daaroor te dink wyl in aksie nie!! Dit is waar die manne wat daarmee grootgeraak het ‘n voordeel het.

‘n Kennis van my en Springbok kleiduifskut sal vir jou vertel hoe hy sukkel om oor te skakel van kleiduif na Tarentaaljag, neem uur of wat en paar skote om aan te pas. So dit is nie so eenvoudig nie.

Gaan skiet saam met Rudi en vriende en oefen jou beursie dunner. :police:

Ongelooflike sport.

Beste.

Re: Target lead hulp

Posted: Wed Oct 07, 2020 8:43 am
by alecjohnson
Baie dankie! Sal maar my tuisrekenaar moet opstel en youtube kyk, dankie vir die wenkie ook sal maar nog 'n paar bokse ammo bestel.

Re: Target lead hulp

Posted: Wed Oct 07, 2020 9:36 am
by tripodmvr
Nie bokse nie, sommer kaste.

Re: Target lead hulp

Posted: Wed Oct 07, 2020 7:02 pm
by JPS
As jy kan kry koom maar kaste -
Ammo is maar min

Re: Target lead hulp

Posted: Thu Oct 08, 2020 8:01 am
by Toxxyc
Ek het myself geleer "lead" en ek is self maar nog vrot. Elke keer as ek weer skiet dan is die eerste lot kleie beslis mis, tot my "oog weer in is".

Ek het myself geleer deur 'n klei te gooi op dieselfde pad die heeltyd. Dit hou sy trajek konstant so jy kan op een ding op 'n slag fokus. Ek het begin deur op die klei te skiet. Dan het ek geweet ek skiet te ver agter. Toe begin ek skiet met die korrel op die rand van die klei. Dit was te min.

Later kon ek leer dat as hy baie naby is, ek kan skiet op die rand, anders moet ek meer en meer lead, partykeer sommer 3 kleie voor hom, om te tref.

Ek moet ook byvoeg ek is bitter amateur, en dis glad nie professionele raad nie. Dis maar hoe ek myself probeer kry het om klei te breek, en nie net rond te gooi nie. As my oog in is kan ek darem so tussen 6 en 7 kleie uit elke 10 met die eerste skoot tref. Ek mis nog so 1 of 2 uit 10 heeltemal. Dit gebeur.

Re: Target lead hulp

Posted: Thu Oct 08, 2020 9:09 am
by Lategan1
Tox, ek dink dit is uitstekende raad, werk eers met ‘n konstante.

Jy gaan sodoende ook geld spaar! Een ding van kleie skiet, moenie bang wees vir misskiet nie, maar dit kos geld.

Die geheim wat jy o.a nie meld nie, maar jy beskryf dit wel, is; Kry ‘n vaste fokus punt op die teiken en nie die korrel v d geweer nie. Verskuif jou fokus op of voor teiken totdat dit werk in veelvoude van kleie. Ek kan nie onthou of ek die raad al ooit raakgelees het nie, alhoewel dit kan bots met die deurswaai beginsel, daar moet nog steeds deurgeswaai word deur die klei na jou fokuspunt toe. Ek aanvaar dit is wat jy ook dan doen.

Die goeie manne swaai sommer kortpad.

Beste.

Re: Target lead hulp

Posted: Thu Oct 08, 2020 9:18 am
by Rudi Fischer
N Oom het my geleer .... “rather mis in front than miss behind the clay”

As jy voor mis is daar n kans dat n stadige verlore korrel nog die klei kan tref, maar agter verby is daar geen kans vir n breek.

Waar dinge interessant raak is soos by SA kampioenskappe waar ons tot 3m voor en 1m onder die klei begin mik.

Re: Target lead hulp

Posted: Thu Oct 08, 2020 10:07 am
by Toxxyc
Ja ek moet sê as jy eers begin help dit om die geweer al te skouer, met die mikpunt na waar die kleie lanseer word (behalwe as dit jou tjommie is, wil nie hom gunpoint nie). Dis makliker om 'n klei van die being af te volg en te korrigeer vir lead as wat dit is om die geweer van heup af op te tel, reg te skouer en dan die klei te soek in die lug met die korrel, en dan te probeer korrigeer vir lead. Maak "deurswaai" makliker. Maar weereens, net ek.

Re: Target lead hulp

Posted: Thu Oct 08, 2020 10:19 am
by Lategan1
“rather mis in front than miss behind the clay”

Dankie Rudi, slim en eenvoud hierin.

Beste.

Re: Target lead hulp

Posted: Thu Oct 08, 2020 11:01 am
by Rudi Fischer
Toxxyc wrote:Ja ek moet sê as jy eers begin help dit om die geweer al te skouer, met die mikpunt na waar die kleie lanseer word (behalwe as dit jou tjommie is, wil nie hom gunpoint nie). Dis makliker om 'n klei van die being af te volg en te korrigeer vir lead as wat dit is om die geweer van heup af op te tel, reg te skouer en dan die klei te soek in die lug met die korrel, en dan te probeer korrigeer vir lead. Maak "deurswaai" makliker. Maar weereens, net ek.
Dit hang ook af watse Disepline jy skiet.
Compak en trap mag jy premount.

Op Fitasc Sporting mag jy nie mount tot jy visies die klei kan Sien nie.

Op English doubles mag jy premount maar omdat jy altyd twee kleie skiet verkies en om my geweer down gun te hou en te mount net voor ek op die klei lead en skiet.

Re: Target lead hulp

Posted: Thu Oct 08, 2020 11:24 am
by Toxxyc
Oh ek weet, maar ek het nie gedink ons hou nou by die reels hierso nie. Dis net om die man te help om eers die klei raak te skiet. Sodra dit onder die knie is dink ek kan hy besluit wat hy wil skiet :D

Re: Target lead hulp

Posted: Thu Oct 08, 2020 11:51 am
by Forester
Gaan kyk na Gil Ash (OSP School & NSSF) se videos op YouTube, hy verduidelik baie mooi

Re: Target lead hulp

Posted: Thu Oct 08, 2020 12:02 pm
by Forester
Forester wrote: Thu Oct 08, 2020 11:51 am Gaan kyk na Gil Ash (OSP School & NSSF) se videos op YouTube, hy verduidelik baie mooi
As jy vir die "bead" kyk gaan jy mis, jy moet slegs op die klei konsentreer - dit is hoekom haelgeweer skiet moeilik is, ons almal het geleer met gewone gewere. Jou brein maak self die som oor hoeveel lead om te gee en dit raak net beter met meer oefening. Ek persoonlik hou van die Churchill metode (https://projectupland.com/shotguns-and- ... gshooting/), waar jy agter die klei begin en hom verby vat. Dit is 'n baie natuurlike manier van skiet.

Soos hierbo genoem, vat jou haelgeweer pattern board toe om seker te maak hy pas jou en skiet waar jy kyk. Dit is een ding wat amper niemand doen nie, maar stap 1 moet wees. Jy sal nie met jou gewone geweer gaan jag sonder om die teleskoop in te stel nie - dis dieselfde beginsel.

Re: Target lead hulp

Posted: Thu Oct 08, 2020 3:24 pm
by Methos
EK het alreeds geskryf oor my bewoë vermoens met die haelgeweer. Wat ek gedoen het is om na die naaste kleiskiet klub toe te gaan en te gaan kleie skiet. Ek was nou al 3 of 4 keer daar en my skiet het baie beter geraak. Ek het opgehou om vir die loop of die visier te te kyk en net op die klei te konsentreer. Dit laat jou brein oorvat en jy skiet meestal waar jy moet. Skiet elke Woensdag 50 kleie.

Ek het ook begin om albei oë ooptehou. Dit help ook. My kraai skiet het baie beter geraak. Toe ek begin het met haelgeweer het ek een middag 16 skote uit 16 misgeskiet op kraai en ander voëls. Dit gaan nou darem al beter. Het anderdag amper my eerste double gehad.

Ek dink mens moet maar net tyd spandeer en jou geweer leer ken. Ek het ook 'n kolf verleng pad aangesit omdat ek taamlik lank is.

Re: Target lead hulp

Posted: Thu Oct 08, 2020 3:46 pm
by tripodmvr
Rudi praat nou van lei met 3m. Die bewese kransduifskieters verwys na skote op hoë inkomende duiwe dat jy hom moet lei met 'n Putco bus se lengte.

Re: Target lead hulp

Posted: Sat Oct 17, 2020 6:31 pm
by tripodmvr

Re: Target lead hulp

Posted: Fri Oct 30, 2020 9:14 am
by tripodmvr

Re: Target lead hulp

Posted: Sat Oct 31, 2020 8:51 pm
by tripodmvr