Pluimpie vir NHSA
Posted: Tue Oct 06, 2020 7:24 pm
Wil net dankie se aan Douw van NHSA vir sy hulp met 'n endossement vir 'n nuwe aansoek in rekord tyd.
Ek sou al laasweek terug gevlieg het werk toe, so ek het nie gedink ek gaan die aansoek inkry nie maar ek is nog hier en het vanoggend my motiveering terug gekry van die man wat my gehelp het.
My DFO is toe so gaaf om vir my more oggend 'n afspraak te gee om in te handig en ek maak toe gou al die ander papierwerk bymekaar.
Ek het die motiveering na 1h opgelaai op die NHSA webtuiste en toe per epos en telefoon boodskap mooi gevra of hulle my sal kan help teen more oggend.
6h het ek 'n epos ontvang om te laat weet hy reg om af te laai en Douw het my geskakel ook om te laat weet en ons gesels toe sommer lekker.
Dit als teen geen ekstra koste.
Hulle webtuiste is 'n plesier om op te werk, want als werk soos dit moet. Ek maak 'n gewoonte om elke keer as ek skietbaan toe gaan 'n teiken te skiet met elke geweer wat ek daar het en dit op te laai. Maklike manier om boek te hou en bewys jy is aktief.
My laaste 2x Sec 16 aansoeke was die dokumente wat ek aflaai van die NHSA webtuiste basies my enigste ekstra motiveering vir sport skiet.
Julle kan met 'n geruste hart aansluit as jy dalk nog getwyfel het.
Groete,
Adri