Page 1 of 1
Re: Kort i man regtig i healpomp?
Posted: Fri Dec 23, 2011 4:44 pm
by blaser
Waarvoor wil jy hom gebruik volgens my is n pompaksie net goed vir selverdedeging en dan is n simie nog beter
Re: Kort i man regtig i healpomp?
Posted: Fri Dec 23, 2011 4:48 pm
by Nuweseun
Piet, ek stem saam met Remington. 'n semi is 'n baie die beter roep.
Re: Kort i man regtig i healpomp?
Posted: Fri Dec 23, 2011 7:27 pm
by molopohunter
Semi is baie goed, varal vir speel. Maar eina op die sak met amo as jy die dag nou regtig lekker speel

Sou glad nie omgee vir n lekker semi nie.
Daai kort winchester/mossberg tipe pompe werk uitstekend agter n gewonde bosbok, luiperd ens. Baie outfitters gebruik dit en nat con ook.
Ons het hulle al op bobbejane gebruik as jy gaan optel en nie te seker is of almal dood is nie.
Hulle range vind ek nogal kort, maar het al duiwe met sukses met hulle geskiet, veral daai vinnige "low flyers".
Re: Kort i man regtig i healpomp?
Posted: Fri Dec 23, 2011 7:39 pm
by tripodmvr
Hoekom dan nie 'n mooi O/U en dan kan jy hom vir vele doele gebruik. 'n Haelgeweer raak al hoe lekkerder as mens ouer word. Geen lang beplanning vir die jag nie. Gaan die oggend vroeg uit, skiet watervoels, later fisante en tarentale, braai vleisie en huis toe. Baie skote geskiet en die vo?ls kos nie R1000 stuk nie. Jy het ook dan lekker gekuier saam met jou jagpelle.
Re: Kort i man regtig i healpomp?
Posted: Fri Dec 23, 2011 8:07 pm
by Pvdw
Ja Piet jy kort een. Al staan hy net in jou kluis maar enige man moet 'n haelgeweer h?
Piet is dit nie wat jy wou gehoor het nie
Ek het self baie min ondervinding met haelgewere en het nou vir my ook een aangeskaf.
Ek het reeds 4 manne op die forum wat aangebied het om my tou wys te maak. Ek kan nie wag nie.
Ek sou s? dis soos enige ander item, gaan jy hom regtig gebruik, het jy hom nodig. Staan hy in die kas, dan was dit nie so broodnodig nie.
Peet
Re: Kort i man regtig i healpomp?
Posted: Fri Dec 23, 2011 8:35 pm
by Dawid
Hoekom weet ek nie maar ek het nie saam my bevoegdheid die haelgeweer gedoen nie en is van dag bitter spyt daaroor en gaan dit beslis vroeg aanstaande jaar afhandel want ek het nou al baie gestaan en kyk....as n knaap die gang in my huis af kom kan ek hom stamp tot in die kombuis waar ons lekker kan koek en tee vat want hyt mos ingebreek want hys honger. Al die duiwe skiete en voeljagte wat n man kan meemaak en wat eerlikwaar nie rof op die sak is nie en dan is dit volgens my n uitstekende "back-up" vir ongediertes
JA...N MAN MOET N HAELPOMP HE....Dis soos n .22, elke man moet eenvoudig een he
Re: Kort i man regtig i healpomp?
Posted: Fri Dec 23, 2011 8:47 pm
by Kallie404
Naand manne , ja ek moet saam stem, n hael geweer is n moet ! My twee is regte " DKWs", dans,kerk en werk !! Van klei duiwe tot regte duiwe, bosvarke in die maanlig , tarentale in die lande, slange enige plek en elke liewe aand langs my bed vir soos Dawid se die manne wat ongenooid opdaag.
Ek dink nie daar is n veeldoeliger wapen as n hael pomp nie (natuurlik binne sy perke). Ek het n "over and under" en n "side by side" en gaan vorentoe vir my nog n pomp aksie of n semi koop.
Re: Kort i man regtig i healpomp?
Posted: Sat Dec 24, 2011 6:22 am
by Gerhard
Piet,
Ek het 2 hael gewere.
My S/S Brno wat ek gekry het toe ek 11 was. Skiet alles wat vlieg met hom.
Ek het ook n Mossberg pomp wat ek gebruik vir praktiese 3 gun skiet komp.
Baie lekke geweer wat ek nou gebruik as my "pick up gun" vir jakkalse.
Altwee skiet baie lekke en dek die hele spektrum wat ek wil doen met n hael geweer.
Met bietjie oefen skiet jy maklik vinniger as n semi auto. Ons het dit redelik gereeld gesien met die kompetisies. Gaan maar oor tegniek.
Toe ek nog in oefening was kon ek 4 of 5 pepper popper staal plate drop in 3.3 sekondes met die pomp...

Re: Kort i man regtig i healpomp?
Posted: Sat Dec 24, 2011 7:40 am
by tripodmvr
Die ander ding van vlugskiet met 'n haelgeweer. daar is min dinge wat so lekker is as om 'n vo?l uit die lug te haal. Gee 'n gevoel van prestasie meer as met haarwild skiet. Seker die langer tydperk wat jy kan waarneem. Dit klink seker nie eties baie korrek nie, maar kan dit nie anders beskryf nie.
Re: Kort i man regtig i healpomp?
Posted: Sat Dec 24, 2011 8:56 am
by GERT vd M
Pvdw wrote:
Ja Piet jy kort een. Al staan hy net in jou kluis maar enige man moet 'n haelgeweer h?
Piet is dit nie wat jy wou gehoor het nie
Ek het self baie min ondervinding met haelgewere en het nou vir my ook een aangeskaf.
Ek het reeds 4 manne op die forum wat aangebied het om my tou wys te maak. Ek kan nie wag nie.
Ek sou s? dis soos enige ander item, gaan jy hom regtig gebruik, het jy hom nodig. Staan hy in die kas, dan was dit nie so broodnodig nie.
Peet
Dit is dieselfde as met n mes, elke man moet een he. Inteendeel ek ken nie iemand wat net een mes het nie. Praat nou nie van tafel messe nie. GROETNIS
Re: Kort i man regtig i healpomp?
Posted: Sat Dec 24, 2011 9:19 am
by Beretta
Manne
Vat nou net die messe ek sal in my leeftyd nooit alles kan gabruik nie maar kort altyd nog een

Beretta
Re: Kort i man regtig i healpomp?
Posted: Sat Dec 24, 2011 9:49 am
by Stefan764
Ek het ook die Mossberg Pompaksie, met die 30" loop.
Hy is bietjie ongemaklik in die huis vir selfverdediging, maar die 2 keer wat ek al moes gaan ondersoek onstel het ek redelik veilig agter daai 6x no 7's gevoel ;D
Die lekker ding is (en dis waarvoor die geweer gekoop is destyds) tarentale en fisante tot op 50m met daai lang loop. En nout n man 5x ini pens en 1x in die loop. Alte lekker as die trop tarantulas opvlieg!!
Hierdie gun is baie spesiaal vir my, dit was my eerste geweer. Het hom met my eie sakgeld gekoop toe ek 14 was teen R1800 splinternuut!
Groete
Stef
Re: Kort i man regtig i healpomp?
Posted: Sun Dec 25, 2011 10:14 am
by henslin
Lyk my die Mossbergs is net so volop soos Toyotas
Myne is 'n pompaksie met 26" loop en verstelbare choke ( c-choke ). Was my eerste geweer wat ek self gekoop het. Die hele reeks vanaf kleiduif, duiwe, tarentale,slange en bosvarke. Nie 'n probleem om daai 6 skote een lang blaf te maak nie.
Dink dit is 'n moet soos sout in pap. As jy hom nie gewoond was nie sal jy hom nie mis nie.
Re: Kort i man regtig i healpomp?
Posted: Tue Dec 27, 2011 7:46 am
by basie
Ek was noudie dag by 'n man gewees wat groot in die kleiduifskiet besigheid is. Hy se toe dat sekere haelgewere die beste finansiele belegging is wat mens kan maak. Hy het die pryse en waardes daar gegee en dit het heel goed geklink. Al probleem net is dat daai roere wat hy van praat kos 'n hele paar rand. Ek dink die gewere se maak was iets soos Perracci of soiets.
Ek moet se hulle lyk baie spoggerig en sal nie omgee om so een te he nie, maar ai daai dollars.
Mooiloop
Basie
Re: Kort i man regtig i healpomp?
Posted: Tue Dec 27, 2011 8:19 am
by Beretta
Perazzi maar Beretta is beter
Beretta

Re: Kort i man regtig i healpomp?
Posted: Wed Dec 28, 2011 6:48 am
by SV MAD (Henk)
Stem saam, haelpomp is baie lekker.
Het 'n Beretta langloop haelpomp, 3+1. Baie baie lekker, en sy hele aksie is syglad! Jy kort daai haelpomp!

Re: Kort i man regtig i healpomp?
Posted: Wed Mar 14, 2012 8:11 am
by Arno Pienaar
SV ek stem saam met jou n pomp is baie lekker maar ek het nog nie met n semi gespeel nie maar ek dink hy kan ook baie lekker wees dis afhangend wat jy met hom wil doen. Mooiloop
Re: Kort i man regtig i healpomp?
Posted: Wed Mar 14, 2012 8:27 am
by Vincehond
Koop hom my maat. jy sal nooit spyt wees nie. Enige geweer is n belegging in my oe.
Gaan doen net jou toegewyde jagter en dan hou jy die al jou ander gewere en worry nie oor die 4 limiet.
So kursus is vrek leke en verseker die moeite werd.
En glo my as daai haelgeweer jou eers gebyt het dan gebruik jy hom meer as al die ander saam.
Re: Kort i man regtig i healpomp?
Posted: Thu Mar 15, 2012 11:10 pm
by Romac
Wie het hulle hael gewere al gebruik op jakkies en bosvarke en watse nommer dop(Rondtes) gebruik julle daarvoor. Op watse afstande kan n mens die haelgeweer gebruik daarvoor.
Groete
Re: Kort i man regtig i healpomp?
Posted: Fri Mar 16, 2012 8:16 am
by Arno Pienaar
Romac dit hang af hoe wil jy die jakkies wil skiet. [Uit Chopper,voorsit met klomp manne in n lyn] of hoe maar ek dink NO 2 en 3 hael en AAA gaan werk vir jakkies.Die groot nadeel is jy moet naby aan hulle kom om hom te kan skiet met die hael roer. Mooiloop
Re: Kort i man regtig i healpomp?
Posted: Fri Mar 16, 2012 9:13 am
by G-force
Romac wrote:
Wie het hulle hael gewere al gebruik op jakkies en bosvarke en watse nommer dop(Rondtes) gebruik julle daarvoor. Op watse afstande kan n mens die haelgeweer gebruik daarvoor.
Groete
Het al jak se kind met nommer 4's gelooi met my Beretta semi.Sal liewers grooter wil gaan...SSG seker beter.
Re: Kort i man regtig i healpomp?
Posted: Fri Mar 16, 2012 10:03 am
by Ferdi
Vat die haelgeweer. Dit bly 'n lekker speelding maak nie saak watter kant toe vli?nde voels of koek en tee saam die hongeres of net sommer op die skietbaan want jy kan.
Re: Kort i man regtig i healpomp?
Posted: Mon Mar 19, 2012 7:54 pm
by henslin
Romac - Vir Bosvarke op kort afstand - voorsit of te voet - SSG of LG.Minder as dit in die bos - jy gaan redelik v?r loop !!!
Re: Kort i man regtig i healpomp?
Posted: Sun Oct 21, 2012 10:21 am
by Nickvn
Ek het n Mossberg 500 clone wat gemaak is deur CBC in Brasilia gekry met twee lope. Ek kon die ding met nie baasraak nie en het baie gesukkel om met hom te skiet. Ek het die naweek n klei duif skiet kliniek bygewoon deur Peter Carr hier by ons op Platorand tak. Ek kan se dit het maar baie sleg gegaan, het nog baie om te leer. Het sy kolf met twee duim verleng en toe begin hy werk.
[img width=360 height=480]
http://i1079.photobucket.com/albums/w51 ... ile-17.jpg[/img]
Re: Kort i man regtig i healpomp?
Posted: Sun Oct 21, 2012 11:46 am
by Nickvn
Hy het n modified choke op altwee lope en is maar die gemiddelde choke wat n mens kry. Hy is ok vir n begin en as ek eendag groot is gaan ek ook n mooi een koop????????