Page 1 of 1

Luiperd permitte 2020

Posted: Tue Oct 20, 2020 1:21 pm
by Eduard Venter
Daar is 9 luiperd permitte toegestaan vir Limpopo vir die res van die jaar. Ek heg die skrywe aan van natuurbewaring as enige iemand dalk sou belangstel. Ongelukkig gaan ek die een moet uitsit aangesien my outfitter lisensie nog nie goedgekeur is nie.

Groete
LEOPARD HUNT 2020.pdf
Sent from my SM-A520F using Tapatalk


Re: Luiperd permitte 2020

Posted: Tue Oct 22, 2024 8:43 am
by TFDADD
Goeiemôre Eduard,

Dit is nou 4 jaar later na die Oktober 2020 bekendmaking deur die owerhede van 9 Luiperds wat in Limpopo gejag kon word vir die res van 2020.

Wat is die stand van sake huidiglik in Limpopo tov luiperd jag in die volgende gevalle:

a) Beskikbaarheid van permitte vir trofee luiperd jagte?

b) Beskikbaarheid van permitte vir groot- en kleinvee boere mbt luiperd jagte om skade bekamping te bewerkstellig of minstens onder beheer te bring?

Indien jy of enigiemand anders asseblief hierop kan antwoord, sal dit baie help.

Re: Luiperd permitte 2020

Posted: Tue Oct 22, 2024 12:10 pm
by Eduard Venter
Trofeejag permitte is baie min en wisselvallig sover my kennis strek. Ek weet nie eers of hulle hierdie jaar enige permitte uitgegee het nie.

Probleemdier permitte word net toegestaan om hulle wettig te vang, mag gladnie doodmaak nie tensy natuurbewaring hom uitsit. Ek het so 'n permit gekry hierdie jaar. Aangeheg is die proses (oneffektief in my opinie)

Roofdier skade is 'n groot probleem in ons wêreld op die oomblik en die wet beskerm ons gladnie. Sal seker maar kos invoer as hier nie meer boere oor is nie



Image

Re: Luiperd permitte 2020

Posted: Tue Oct 22, 2024 2:41 pm
by TFDADD
Baie dankie Eduard, stem 100% met jou saam.

Teen die tyd dat hulle op daardie pateties swak opgestelde vorm reageer, sit die arme boer met derduisende rande se skade.
En dan het hulle nog die vermetelheid om te vra: "Is this the third incident within TWO MONTHS?"
Dis klaar R 21 000 later se skade - klink of enige aansoek voor die derde geval maar boer se bydrae is tot luiperd se maaltye :confused:
by Eduard Venter » 22 Oct 2024 12:10
Aangeheg is die proses (oneffektief in my opinie)

Roofdier skade is 'n groot probleem in ons wêreld op die oomblik en die wet beskerm ons gladnie. Sal seker maar kos invoer as hier nie meer boere oor is nie
Hoe moet 'n boer wat op ekstensiewe basis van die veld af speenkalwers produseer en bemark (dit wat oor is!) 'n bestaan maak as spikkelkatte teen 'n tempo van 5 insidente per maand hulle deel kom vat?
Nee wat, as ek daardie arme boer is maak ek maar my eie planne, want hulle beskerming van 'n sogenaamde bedreigde spesie is pure poppe poop - daar is hordes luiperds in Limpopo en ook elders.
Dankie Eduard.

Re: Luiperd permitte 2020

Posted: Tue Oct 22, 2024 6:05 pm
by Frederik
In eerste plek is daar geen bewysse dat hulle nommers minder word nie ek dink dis anders hulle het 'n population boom.
Geen persoon gaan luiperd se kind mis as jy geskiet word waar hy skade maak op 'n vleis plaas.
Daar is oorgeneog wilde areas waar hulle kan aangaan veral hier in KZN, Limpopo en Noord wes.
Dit is ook presies waar hulle oortoollige nommers die nuwe luiperds uidruk na ander dele toe.

Re: Luiperd permitte 2020

Posted: Wed Oct 23, 2024 10:25 am
by Dawie Malan
Vir te lank al sit die Afrikaner by die rooi robot en wag dat hy groen word terwyl 6 onpadwaardige taxi minibusse op die linkerkant oor die rooi lig op die geelstreep verby ry...