Page 1 of 2
Daar gaan ons weer! Corona, jag en haelgeweer advies asb.
Posted: Thu Oct 29, 2020 12:05 pm
by Methos
Hi Almal
Hoop dinge loop goed by julle.
Hier by ons het het die Corona virus bietjie begin hand uitruk - Tot 50 000 nuwe gevalle per dag die afgelope week. Laasweek het die regering 'n aandklok reel aangekondig - Tussen 21uur die aand en 6 uur die oggend bly jy by jou huis. Gisteraand het President Macron weer gepraat. Ons is nou weer in confinement. Jy mag gaan werk en essensiele inkopies doen, dokter toe gaan en 1 uur se sport buite doen met 'n attestasie wat sê wat jy buite maak. Alle resturante, bars en non essensiele winkels soos my vrou se werk se meubel winkels is toe. Awesome!
Wat die jag aanbetref. Ek was op 5 drukjagte sovêr die seisoen. Ek het nog nie een vark gesien nie. Die vark getalle is BAIE af van die vorige seisoene af. Poaching, mense wat hokke stel en varke onwettig skiet en die feit dat wolf poop in ons berge gekry is. Laasweek Saterdag het ek 'n vos misgeskiet op 200m. Dit is die enigste wild wat ek sover gesien het. Nou met die confinement is die jag verby vir nou. Ten minste vir die volgende maand. Ons weet nie wat gebeur met die geld wat reeds betaal is nie. So om en by die €600.
Ek het baie beter gedoen met kraaie skiet hierdie seisoen. Elke keer amper wat ek uitgegaan het, het ek 'n kraai die stof laat byt. Nogsteeds nie my eerste dubbel nie maar ek sal aanhou probeer! Ek skiet nogsteeds met my vriend se haelgeweer. DIt was sy pa se geweer baie jare terug. EK het darem so bietjie geleer skiet met hom.
Ek het aan die begin van die confinement weer begin poker speel op die internet. Ek het laasjaar met die Wereld beker €30 in 'n sport betting site inbetaal. Aan die einde van die Wêreld beker het ek €50 gehad. Toe die confinement begin begin speel ek toe weer poker op die site. Ek het die geld toe opgevat na so €650. Ek het toe klomp onttrek om vir my jag lisensie te betaal en het toe maar weer begin speel. Het die geld van €100 opgevat na so €340. Gister toe speel ek in 'n €10 toernooi wat bounties het. Vir elke speler wat jy uitslaan kry jy €2.25 en die bounties bou op spelers. Ek het toe bietjie geluk en slaan mense links en regs uit. Op die einde van die toernooi eindig ek eerste en wen ek toe €117 vir eerste prys en €175 in bounties!
Die deal met die miessies was dat ek dan 'n healgeweer kan koop. Ek het 3 haelgewere ingedagte gehad. Ek sit hulle links hieronder:
Die eerste een is 'n semi outomatiese een wat 3 skote kan skiet. Dit sal lekker wees vir kraaie en so skiet maar ek wil ook gaan kleiduif skiet met hom so ek dink dit elimineer hom. Hy gaan vir €299.
Dan is daar die eerste Over en Under.
https://www.meyson.fr/fusil-superpose-1 ... ETIQUE.cfm
Hy gaan vir €399.
https://www.meyson.fr/fusil-superpose-1 ... ETIQUE.cfm
Hy lyk lekker maar die kolf is sinteties. Hy praat nie mooi met my nie.
https://www.meyson.fr/fusil-de-chasse-m ... IDELIO.cfm
Dan is daar opsie nommer 3:
https://www.meyson.fr/fusil-manuchasse- ... XLBOIS.cfm
Mooi houtkolf, ek is mal oor die silwer gedeelte en hy kom met 5 chokes. Hier is my groot vraag, hy kom in 3 verskillende looplengtes. 66cm, 71 cm of 76 cm. Wat sal die beste wees? Ek is 2m lank. Moet ek gaan vir die langer een? Ek jag nie baie in bosse nie so 'n kortloop het nie regtig voordele vir my nie. Ek sal miskien slugs uit hom skiet maar baie min.
Dankie vir julle raad.
Cheers
Re: Daar gaan ons weer! Corona, jag en haelgeweer advies asb.
Posted: Thu Oct 29, 2020 5:18 pm
by wynis
Hi Methos. Ek kan nie raad gee op jou vraag nie, maar ek is seker die manne wat weet sal so maak. Ek wil net sê dat soos ‘n goeie boer betaam maak jy die beste van die omstandighede. Cheers Wynis
Sent from my iPhone using Tapatalk
Re: Daar gaan ons weer! Corona, jag en haelgeweer advies asb.
Posted: Thu Oct 29, 2020 5:32 pm
by tripodmvr
Rudi en die ander manne moet jou eintlik adviseer.
Die lope is dan 26, 28 en 30 duim. Hoe korter die lope hoe minder traag is hulle om te beweeg en dus hanteer hulle vinniger om op skoot te kom. Dit is nie altyd die beste nie, synde jy met langer lope weer meer egalig kan swaai en dit is waaroor haelgeweer skiet gaan - die deurswaai. Ou haelgewere wat vir watervoëljag gebruik is het selfs 36 duim lope gehad. Jy moet dus 'n kompromie kry wat vir jou die beste werk. Die ideaal sou wees dat jy 'n paar kleie met elk kon skiet en sien watter die beste werk. Gewoonlik is 28 (71cm) duim 'n keuse wat goed werk.
Is daardie haelgewere van Franse of Turkse maak?
Re: Daar gaan ons weer! Corona, jag en haelgeweer advies asb.
Posted: Thu Oct 29, 2020 5:42 pm
by Methos
Thans Wynis!
Re: Daar gaan ons weer! Corona, jag en haelgeweer advies asb.
Posted: Thu Oct 29, 2020 5:44 pm
by Methos
Dankie Oom Tripod!
Dit maak sin.
Ek sal gaan kyk wanneer ons weer kan.
Dis Turkse haelgewere. Dit is die Khan haelgewere wat in die res van die wereld verkoop word.
Re: Daar gaan ons weer! Corona, jag en haelgeweer advies asb.
Posted: Thu Oct 29, 2020 6:20 pm
by tripodmvr
Ek het so Khan. Hy pas my nie lekker nie en ek skiet soos my gaai met hom. Myne het 'n kwaal dat hy slagpenne breek. Geweersmidwerk kos bykans al net so veel as wat hy gekos het. Hier in SA kry jy ook nie onderdele nie en geen waarborg nie. Let maar mooi op en vra vrae oor brekasie.
Re: Daar gaan ons weer! Corona, jag en haelgeweer advies asb.
Posted: Thu Oct 29, 2020 7:11 pm
by jdpretorius
N geweersmid het eendag vir my gesê dat die swakste Italiaanse haelgeweer beter is as die beste ander haelgewere....dalk nie meer so heeltemal waar deesdae nie maar Italiaans blyk om gewoondlik n goeie keuse te wees.
Ek weet net genoeg van haelgewere om gevaarlik te wees, so vat maar met n stewige sak sout.....n semi is lekker want hy is gewoonlik nie so rof op die skouer nie en dus kan die skonere geslag dalk lekker saam speel. Dit lyk net of dit nie so maklik is om die mag tube, van die wat met gasse oor haal, te virleng nie. Met n o/u of s/s kry n ou darem nie soms die "stink eye" as jy saam met n groep uit gan nie......so kry sommer een van elk.

N 28" of selfs 30" werk vir my lekker. Baie ouens sê dit is mees belangrik dat die geweer jou goed pas, so om eers met n paar van jou voorkeur keuses te gaan skiet is verseker voordelig......hoop maar die help op n manier
Sent from my ANE-LX1 using Tapatalk
Re: Daar gaan ons weer! Corona, jag en haelgeweer advies asb.
Posted: Thu Oct 29, 2020 8:39 pm
by Methos
Dankie JD! Ek sal baie graag 'n lekker Italiaanse model wil aanskaf maar op die stadium moet ek maar tevrede wees met die budget opsie

. Tensy ek groot wen in poker

. Ek wil ook belê in 'n ander teleskoop vir die marlin xs7 308 en dan miskien ook 'n hogue of boys kolf so ek het baie planne so moet dinge maar stadig vat.
Die haelgeweer gogga het lekker gebyt en dit is darem lekker om 'n ding uit die lug te kan skiet. As daai kraai sy vlerke vou en drop is dit 'n bevredigende gevoel. Veral as jy so baie aan die begin misgeskiet het soos ek!
Sent from my SNE-LX1 using Tapatalk
Re: Daar gaan ons weer! Corona, jag en haelgeweer advies asb.
Posted: Thu Oct 29, 2020 9:35 pm
by tripodmvr
Italiaanse gewere
Kyk na Fair - behoort seker by 800-1000 Euro te wees. Daar nie 2de handse Italianers beskikbaar nie? Die los wurg (chokes) is nie die einde van die wereld nie. Vir jag behoort jy met vaste wurg reg te kom.
Re: Daar gaan ons weer! Corona, jag en haelgeweer advies asb.
Posted: Fri Oct 30, 2020 6:44 am
by jdpretorius
Die 2de handse opsie is nie sleg nie......veral nie in shotties. In semi is Beretta se A300 of selfs A300 Outlander onderandere goedkoop want hy kom met vaste chokes en kan nie sy mag tube verleng nie. Van die E Rizzini's (dink hulle het saam gesmelt met Fausti) haelgewere kan jy ook vir n goeie prys kry. Rudi hier op die forum het een op 'n stadium gesmous en het vir my gevoel soos 'n bitter lekker O/U. Ek wag tans vir 'n liksensie vir 'n Bettinsoli X-Trail O/U wat ook nogal verkoop vir 'n goeie prys maar weet nie hoe beskikbaar hulle is by jou nie. Franchi is vir my baie lekker en hulle semi in die Affinity skiet wonderlik, jy kan ook sy kolf verstel as ek reg ontdou.....as ek die regte geleentheid kry is hy folgende in my kluis. Roer dalk bietjie rond, 'n ou kry dalk 'n lekker Italiaanse shotty 2nde hands vir 'n goeie prys.
Ns. het al baie goeie goed gehoor van Fair en ook Fabarm ......die gesoute manne kan hopelik ook by voeg
Re: Daar gaan ons weer! Corona, jag en haelgeweer advies asb.
Posted: Fri Oct 30, 2020 8:57 am
by Pappabeer
Wat kos n Miroku, Browning of Beretta by julle? Is daar n taamlike tweedehandse mark? Name soos Khan, Howa, Mahindra en Nikko Sterling laat my koud.
Re: Daar gaan ons weer! Corona, jag en haelgeweer advies asb.
Posted: Fri Oct 30, 2020 9:32 am
by tripodmvr
Vriend van my het 'n 2de handse Renato Gamba O/U gekoop en die het vaste wurg. Sonder te veel sukkel kon ek kleie met hom breek. Balans en hanteerbaarheid is goed.
Re: Daar gaan ons weer! Corona, jag en haelgeweer advies asb.
Posted: Fri Oct 30, 2020 9:54 am
by Lategan1
Hlo Methos. In kort.
Ek is ook ongelukkig op Pappabeer e ander se bladsy. Ek hoor jou lied duidelik. So kom ons kom by antwoord.
1) o/u
2) 2de hndse soos p’beer hier aandui. Daar is wel nog, maar maak seker.
3) Nuwe een v d alternatiewe fabrikate, dalk 2de hnds. Check reviews en herstelkoste. Gesels met jou geweersmid.
Ek wil voorstel. Hou in gedagte jy in Frankryk, ek van herkoms en bevoorreg om daar te toer en kuier. Hulle hou nie van quick fix en junk nie, kyk net skoene en klere en wyn! Spandeer heeldag in kombuis om deeg voor te berei! Baie kultuur en ritueel gefokus, hulle ht gevolglik sterk afkeure. Veralgemening ja, ek glo j weet dit reeds.
Nou: vra jouself of jy primêr kleie of voëls gaan skiet? Kleiskiet is uiterste werklading en meganies veeleisend. Voëls skiet is baie baie ligter, rede o.a.hoekom lig geboude s/s steeds werk en kultureel aanvaar word in die jagveld, nie op die kleibaan nie! (Koes v klippe)
Dus vlgns my, as jy baie kleie gaan skiet, het jy reeds goeie insette ontvang. Indien hoofsaaklik voëls, is jou besluit dalk goedkoper met i a genome waar dalk duwweltjies kan wees soos ook reeds hier uitgelig deur ander.
Hoop v hulp.
Beste.
Re: Daar gaan ons weer! Corona, jag en haelgeweer advies asb.
Posted: Fri Oct 30, 2020 10:18 am
by Methos
Pappabeer
Miroku Tussen 1000 en 2350
Brownings kan jy optel vir so 600 maar dan kan hy nie staal skiet nie wat mens moet doen as jy eende of naby water jag
Beretta so tussen 600 en duurder. Maar ook nie staal nie.
Re: Daar gaan ons weer! Corona, jag en haelgeweer advies asb.
Posted: Fri Oct 30, 2020 10:35 am
by tripodmvr
Die Italiaanse lyn is nogal lank. Beretta, Fausti, Fair, Gamba, Franchi, Zoli, Benelli, Rizzini. Perazzi is baie duur.
Browning, Winchester, Miroku, AYA is ander wat ook goeie kwaliteit het.
Re: Daar gaan ons weer! Corona, jag en haelgeweer advies asb.
Posted: Fri Oct 30, 2020 10:55 am
by naas222
Julle almal gesels haelgeweer en niemand maak opmerking oor hulle 2 de Hard lockdown nie...
Pla dit nie meer nie of gaat ons maar net aan en hoop ons spring die 2de Hard lockdown vry
Re: Daar gaan ons weer! Corona, jag en haelgeweer advies asb.
Posted: Fri Oct 30, 2020 11:35 am
by tripodmvr
Ek is al moeg vir die Covid faeces en dit is lekkerder om die haelgewere se name en fynere punte te bespreek.
Een ding wat ons van vergeet het is juis die staalkorrels wat vir watervoëljag gebruik moet word. Dit maak dat baie 2de handse haelgewere uitgesluit word.
Re: Daar gaan ons weer! Corona, jag en haelgeweer advies asb.
Posted: Fri Oct 30, 2020 11:50 am
by Lategan1
Stem.
‘Magret de canard grille’ en staal korrels in eendvleis rym nie lekkwr nie.
Beste.
Re: Daar gaan ons weer! Corona, jag en haelgeweer advies asb.
Posted: Fri Oct 30, 2020 12:08 pm
by Chris (vdB)
tripodmvr wrote: Fri Oct 30, 2020 11:35 am
Ek is al moeg vir die Covid faeces en dit is lekkerder om die haelgewere se name en fynere punte te bespreek.
Een ding wat ons van vergeet het is juis die staalkorrels wat vir watervoëljag gebruik moet word. Dit maak dat baie 2de handse haelgewere uitgesluit word.
Oom Tripod, hoe weet mens of jou haelgeweer geskik is vir staalkorrels? En waar verkoop hulle die staalkorrel ammunisie. Hier in Bloemfontein het nog nooit n' verkoopsman my die keuse gegee tussen lood en staal korrels nie. Sal die staal korrels nie n' beter keuse ook wees nie , want ek het al van die goedkoper nuwe patrone wat deesdae beskikbaar is oop gemaak en dit lyk of daar van nr 3 tot 5 size korrels in n' nr 3 is. Die vorm van die haelkorrels wissel ook van rond tot iets wat soos n' gebreklike traan druppel lyk
Re: Daar gaan ons weer! Corona, jag en haelgeweer advies asb.
Posted: Fri Oct 30, 2020 12:19 pm
by tripodmvr
Steel shot is harder en die kolom langer as die van lood. Daarom is daar verhoogde druk en die geweer se loopdikte moet daarteen opgewasse wees. Sien verduideliking onder. Ek weet nie of staal reeds beskikbaar is in SA nie. Dit is nog nie 'n wetlike vereiste nie en gaan moontlik ook baie duurder wees.
Oor die geskikteheid van jou haelgeweer om dit te skiet sal jy maar op die internet moet rondkrap en 'n antwoord soek.
A no choke (cylinder) shotgun will shoot steel just fine. The problem with steel shot is that it is not malleable like lead. In a tight “full” choke the wad column is compressed as it enters the choke. A steel shot column does not compress and can cause a high pressure bulge in the barrel.
Re: Daar gaan ons weer! Corona, jag en haelgeweer advies asb.
Posted: Fri Oct 30, 2020 12:24 pm
by jdpretorius
tripodmvr wrote: Fri Oct 30, 2020 11:35 am
Een ding wat ons van vergeet het is juis die staalkorrels wat vir watervoëljag gebruik moet word. Dit maak dat baie 2de handse haelgewere uitgesluit word.
Dis een van die redes dat ek die Bettinsoli gekies het .....weet nie wanneer ons ook die anti-lood storie hier in volle vlam gaan sien nie.
Ek sien die britte toets deesdae tot "eco-friendly" ammo (soos die van Eley) waar die wad biodegradable is. Al die goed waai maar hierna toe ook op een of ander stadium
Re: Daar gaan ons weer! Corona, jag en haelgeweer advies asb.
Posted: Fri Oct 30, 2020 1:58 pm
by Methos
Hier by ons is dit verpligtent as jy by water jag.
Ré hoe jy weet of jy kan staal skiet.
As jy jou geweer koop dan kry jy sertifikaat wat sê jy kan
Sent from my SNE-LX1 using Tapatalk
Re: Daar gaan ons weer! Corona, jag en haelgeweer advies asb.
Posted: Fri Oct 30, 2020 3:17 pm
by Methos
Lategan1 wrote: Fri Oct 30, 2020 11:50 am
Stem.
‘Magret de canard grille’ en staal korrels in eendvleis rym nie lekkwr nie.
Beste.
Lategan - Nou praat jy! Daar is min dinge so lekker soos 'n lekker vet eendbors gebraai op die plancha!
Toe ons hier in Frankryk aangekom het, het ons amper nie 'n woord frans gepraat nie. Die rugby klub se coach vat ons toe om te gaan eet by 'n resturant om ons te leer ken en als. Ons sit met engels-franse woordeboek en hy met frans engelse woordeboek. Hy vra toe wat ons wil bestel maar ons ken net van sanwich jambon fromage - ham en kaas toebroodtjie. Os vra toe wat hy aanbeveel - hy sê magret de canard. Ons weet niks - bestel toe maar en daar kom die kos. Ons eet ons lippe af so lekker dit is - na die tyd sê ek en die vrou vir mekaar jislaaik maar die frense se steak is darem vrek lekker! Ons het toe eers 'n paar maande later agtergekom wat dit was. Van toe af elke keer as ons, ons self wil bederf koop ek vir ons magret!
Re: Daar gaan ons weer! Corona, jag en haelgeweer advies asb.
Posted: Fri Oct 30, 2020 4:44 pm
by tripodmvr
Ons mans is maar lief vir 'n borsie !!!!!
Re: Daar gaan ons weer! Corona, jag en haelgeweer advies asb.
Posted: Fri Oct 30, 2020 4:59 pm
by Methos
tripodmvr wrote:Ons mans is maar lief vir 'n borsie !!!!!
Of twee...
Sent from my SNE-LX1 using Tapatalk