Page 1 of 1
Ervaring van 125 gr SST in .308?
Posted: Thu Nov 12, 2020 3:02 pm
by Jacques.308
Hi Manne
Ek sien daar was so 3 jaar terug n draad waar almal nog koppe gekrap het oor die een. Het iemand al sukses gehad met die 125gr?
Groete
Sent from my SM-G960F using Tapatalk
Re: Ervaring van 125 gr SST in .308?
Posted: Thu Nov 12, 2020 3:21 pm
by Philip Marais
Jacques,
Ek het 'n 308 plankgeweer met 'n 1in14 groefdraai loop.
Hy skiet 125gr Nosler Ballistic Tip koeëltjies baie mooi.
Het hulle gelaai met Somchem S341. S321 werk ook goed. Het so 0.5 MOA op 200m met hulle geskiet.
Re: Ervaring van 125 gr SST in .308?
Posted: Thu Nov 12, 2020 3:40 pm
by Philip Marais
Hier is 'n groep geskiet met die Nosler 125gr op 200m.
Hulle loop so amper 3200f/s uit 'n 28" loop.
Re: Ervaring van 125 gr SST in .308?
Posted: Thu Nov 12, 2020 3:53 pm
by Andre308
Middag,
Ek het n geweer nodig gehad waarmee ek bokke in die nag mee kan skiet. Ek het toe my 308 Howa met n 24"duim loop op n dieet van eers 125gr Nosler BT gesit en later oor geskakel na die 125gr SST. Beide met 48.5gr S321.
Op n 100meter skiet hy elke dag half moa groepies en ek geniet daai 308 nou weer van voor af. Werk ook lekker met n voorsit jag solank die wind nie waai nie. Ek doop hom nou my 30-243 weens die dat hy darm teen 3090fps stap.
Groete
Andre
Re: Ervaring van 125 gr SST in .308?
Posted: Thu Nov 12, 2020 5:27 pm
by tripodmvr
Ek het die Sierra 125gr uit my 30-06 met 22 duim loop geskiet en 25mm groep op 100m gekry. Spoed was 3120vps.
Die enigste probleem met hulle is dat hulle baie vinnig spoed verloor en dus baie val op 300m.
Re: Ervaring van 125 gr SST in .308?
Posted: Fri Nov 13, 2020 10:25 am
by Capt. Yoda
Ek het hulle lank in my 30.06 gelaai vir my laaitie om te gebruik vir jag, bitter akuraat gewees en hy het baie mooi met hulle gejag self op blad skote op kleiner wild was ek baie gelukkig hoe hulle gewerk het
Re: Ervaring van 125 gr SST in .308?
Posted: Sat Nov 14, 2020 6:36 am
by Lategan1
Ek ook Sierra Pro Hunter 125 gr in my .308 gelaai, beslis akuraat, maar verloor gou stoom soos Tripod sê.
Beste.
Re: Ervaring van 125 gr SST in .308?
Posted: Thu Dec 03, 2020 7:33 am
by Lategan1
Hallo Jacques.308, enige verdere terugvoering of ervaring van jou kant?
Of nog soekende?
Beste.
Re: Ervaring van 125 gr SST in .308?
Posted: Thu Dec 03, 2020 9:05 am
by Jacques.308
Lategan1 wrote:Hallo Jacques.308, enige verdere terugvoering of ervaring van jou kant?
Of nog soekende?
Beste.
Hi, nee ek het besluit om toe te los en aangegaan met my normal goed haha
Sent from my SM-G960F using Tapatalk
Re: Ervaring van 125 gr SST in .308?
Posted: Wed Jan 27, 2021 2:30 pm
by Jacques.308
Lategan1 wrote:Hallo Jacques.308, enige verdere terugvoering of ervaring van jou kant?
Of nog soekende?
Beste.
Hi Lategan wil sommer hoor met watse kruit het jy daai gelaai?
Sent from my SM-N770F using Tapatalk
Re: Ervaring van 125 gr SST in .308?
Posted: Wed Jan 27, 2021 7:36 pm
by Lategan1
Jacques.308 wrote: Wed Jan 27, 2021 2:30 pm
Lategan1 wrote:Hallo Jacques.308, enige verdere terugvoering of ervaring van jou kant?
Of nog soekende?
Beste.
Hi Lategan wil sommer hoor met watse kruit het jy daai gelaai?
Sent from my SM-N770F using Tapatalk
Hallo Jacques. Ek deel graag. [edit 24” loop]
Sierra Pro Hunter spitzer 125gr
PMP doppe
Somchem S335
Matige 2880 vps.
Was mooi akuraat en wou onder 2900vps bly. Vleisskade was aanvaarbaar tot goed.
Hierdie was 11 jaar gelede, nota’s opgeslaan!
Beste.
Re: Ervaring van 125 gr SST in .308?
Posted: Thu Jan 28, 2021 7:07 am
by william007
Goeie dag
Ek skiet 308 125 gr Sierra en Hornady 130gr SP ook baie goeie groep gekry.
3030 fps 45gr S335.
Re: Ervaring van 125 gr SST in .308?
Posted: Thu Jan 28, 2021 10:46 pm
by Jacques.308
william007 wrote:Goeie dag
Ek skiet 308 125 gr Sierra en Hornady 130gr SP ook baie goeie groep gekry.
3030 fps 45gr S335.
Dankie ek gaan die S341 probeer wat ek tans het en kyk wat maak hy
Sent from my SM-N770F using Tapatalk