Ek wil graag hiermee melding maak van die uitstekende diens wat ek van Hornady VSA ontvang het. Ek het 'n stel Hornady Custom dies in 308 en het met die eerste gebruikslag dit reg gekry om die zip zpindle te buig, dit is die spindle wat deel is van die resizing die wat die slagdop uit druk.
Ek het op hulle Webwerf die probleem verduidelik en navrae gedoen oor wie ek kan kontak in Sa wat hulle amptelike verspreiders is, waar ek die partjie kan kry. Ek het vir 2 weke niks verneem nie en toe die volgende kry ek 'n epos om my in kennis te stel dat hulle 'n vervangende partjie aan my kosteloos pos uit Amerika uit.
Het gister die pakkie by die poskantoor afgehaal.
Dit is puik diens en sal maak dat ek verseker weer Hornady produkte sal koop wanneer ek iets moet vervang of iets nuuts moet aankoop.
Het my iets geleer van klientediens.
Hansman
Hornady dies - guarantee
- GERT vd M
- Hero Member

- Posts: 650
- Joined: Sat Apr 09, 2011 3:12 pm
Re: Hornady dies - guarantee
Ek het so paar maande dieselfde goeie diens van Hornady gekry toe my seater die se seater plug gebreek het. Puik diens!!!
GROETNIS
GERT
GROETNIS
GERT
.338-06 improved (VERKOOP) 7x64 brenn./ 6mm Musgr. BSA P14(VERKOOP)/
12Br s\s brno. /.22 Mauser Oberndorf./ 9mm P Glock gen 3./ Windbuks./ Kettie
12Br s\s brno. /.22 Mauser Oberndorf./ 9mm P Glock gen 3./ Windbuks./ Kettie
-
blaser
- Hero Member

- Posts: 1609
- Joined: Mon Nov 08, 2010 1:42 pm
Re: Hornady dies - guarantee
ek hou ook van hornady die agente hier is vlt en hou hulle die meeste van die parte aan

