Page 1 of 1

Visvang lisensies raad asb

Posted: Tue Nov 24, 2020 7:21 am
by Vlakvark Soldaat
More

Ek is besig om my vorms in te vul. Maar ek het n stupid vraag, moet ek vir my kids ook lisensies uitneem? Hulle is 7 en 9, en obviously vang hulle nie so ernstig soos pa en oupa vis nie. Niemand kan my antwoord nie, nie die Poskantoor of die SAPS of enige ander forums nie. Die lisensie vorms het ook nie n ouderdoms beperking op nie...

My opsies is, vul net my vorm in, en hulle vang/speel maar net daar by die water terwyl ek vang. (dis mos elk geval alles my visstokke.)
of
Ek vul maar vir hulle ook vorms in en bly bo die wet as die pote kom loer... Ek verstaan Mosselbaai se pote is erg op lisensies...

Ek sal julle raad waardeer.

Groete

Louis

Re: Visvang lisensies raad asb

Posted: Tue Nov 24, 2020 7:42 am
by Toxxyc
Elke persoon met 'n lyn in die water kort 'n lisensie. Dis ongelukkig so. Al tel hulle net 'n mossel op, kort hulle tegnies 'n lisensie.

Re: Visvang lisensies raad asb

Posted: Tue Nov 24, 2020 7:51 am
by Vlakvark Soldaat
Ok cool, daai antwoord werk vir my. Dankie.

Re: Visvang lisensies raad asb

Posted: Tue Nov 24, 2020 7:53 am
by airhunter
Ignorantia juris non excusat.

Kry maar lisensies vir almal soos Toxxyc sê.
Dit krap mens langs die water wanneer jy twyfel of jy wettig of nie hengel.

Geniet die hengel. Stywe lyne en veilig wees.

Re: Visvang lisensies raad asb

Posted: Tue Nov 24, 2020 11:23 am
by Vlakvark Soldaat
Ingevul en ingevat! Dankie dat julle my eerlik hou!

Re: Visvang lisensies raad asb

Posted: Tue Nov 24, 2020 11:29 am
by Nico de Jager
By Stilbaai het n kind onder 12 nie n hengellisensie nodig nie.
Ek weet nie of alle plekke/amptenare die wet so sien nie.

Re: Visvang lisensies raad asb

Posted: Tue Nov 24, 2020 11:32 am
by Vlakvark Soldaat
Jy sien Nico, dis daai interpretasie verskille waarmee ek gesukkel het. Daar is nerens geen clarity nie...

Re: Visvang lisensies raad asb

Posted: Tue Nov 24, 2020 2:03 pm
by ZKK
Mens kry n maandelikse en n jaarlikse lisensie.
n jaarlikse lisensie is R76 en n maandelikse een is R52.


Ek wonder nog altyd wat van daai geld word.
En hoekom mens nie n lisensie online kan koop nie.

Re: Visvang lisensies raad asb

Posted: Tue Nov 24, 2020 2:58 pm
by LUAN
Ek wonder nou weer hoe gaan lisensie geld visse terug sit in die see? En of jy n lisensie het of nie die besluit is met jou of jy die vis gaan hou of terug sit. Dan was daar ook lank die probleem gewees dat die poskantore nie die permitte gehad het so hoe moet jy dan nou n permit kry? Ek hengel nou nog sonder een...

Re: Visvang lisensies raad asb

Posted: Tue Nov 24, 2020 5:26 pm
by Morkel
Vlakvark Soldaat wrote:Ingevul en ingevat! Dankie dat julle my eerlik hou!
Nee swaar jy het nie een nodig vir jou kind wat saam jou vang nie.
Sodra hy op sy eie is en aas maak of vis vang dan het hy een nodig.

Manne ek was by toe F&F op ons groepie leterlik toesak. Verskoning van “ vergeet by huis” nie gewerk! Alles van daai man gevat. As hy sy boete betaal kry hy terug.


Sent from my iPhone using Tapatalk

Visvang lisensies raad asb

Posted: Tue Nov 24, 2020 5:36 pm
by Morkel
Ek nou gou gehoor op my visvang groep 12 jaar ek stuur detail


Sent from my iPhone using Tapatalk

Re: Visvang lisensies raad asb

Posted: Tue Nov 24, 2020 6:58 pm
by Vlakvark Soldaat
Cool dankie julle! Blazer het my ook gebel, hy het erens die wet gekry en gaan dit hier post.
Ek stem, my equipment is vrek duur, en ek wil dit nie verloor nie...

Re: Visvang lisensies raad asb

Posted: Tue Nov 24, 2020 7:58 pm
by wynis
Op ‘n ander noot. Ek is in al die jare net een maal vir my lisensie gevra. Heroldsbaai in die Weskaap. Ek koop die lisensie elke jaar en staan met vreugde langs die water.
In die Weskaap is daar nog wet en orde, kom ons wys met ons aksies dat ons dit ondersteun.


Sent from my iPhone using Tapatalk

Re: Visvang lisensies raad asb

Posted: Tue Nov 24, 2020 8:14 pm
by Vlakvark Soldaat
Selfde prinsiep as jou geweer lisensie, ek is nog nooit in 20 jaar gestop en gevra nie, maar op daai dag as hulle vra, wil ek voorberei wees...

Re: Visvang lisensies raad asb

Posted: Tue Nov 24, 2020 11:24 pm
by wynis
Vlakvark Soldaat wrote:Selfde prinsiep as jou geweer lisensie, ek is nog nooit in 20 jaar gestop en gevra nie, maar op daai dag as hulle vra, wil ek voorberei wees...
Stywe lyne!


Sent from my iPhone using Tapatalk

Re: Visvang lisensies raad asb

Posted: Wed Nov 25, 2020 6:18 am
by joe rocket
Hennings kinders onder twaalf het nie n liksens nodig nie. As hulle jou vang se jy net jy Johannesburg van Rensburg en bly in akker 12 paarl. Ek het dit al baie gedoen. Hulle teiken net die makliker targets. Die perlemoen stropers los hulle uit. Ek neem wel elke jaar hengel les ensue uit vir myself en my kinders van 12 jarige ouderdom, maar toe hulle jonger was het ek nie.

Re: Visvang lisensies raad asb

Posted: Wed Nov 25, 2020 6:28 am
by Vlakvark Soldaat
Haha cool dankie Jason.

Re: Visvang lisensies raad asb

Posted: Wed Nov 25, 2020 9:15 am
by Morkel
Image


Sent from my iPhone using Tapatalk

Re: Visvang lisensies raad asb

Posted: Wed Nov 25, 2020 3:29 pm
by Vlakvark Soldaat
Waar kan ek daai hele dokument kry?

Re: Visvang lisensies raad asb

Posted: Fri Nov 27, 2020 12:26 pm
by Dimitri
Vlakvark Soldaat wrote: Tue Nov 24, 2020 7:21 am More

Ek is besig om my vorms in te vul. Maar ek het n stupid vraag, moet ek vir my kids ook lisensies uitneem? Hulle is 7 en 9, en obviously vang hulle nie so ernstig soos pa en oupa vis nie. Niemand kan my antwoord nie, nie die Poskantoor of die SAPS of enige ander forums nie. Die lisensie vorms het ook nie n ouderdoms beperking op nie...

My opsies is, vul net my vorm in, en hulle vang/speel maar net daar by die water terwyl ek vang. (dis mos elk geval alles my visstokke.)
of
Ek vul maar vir hulle ook vorms in en bly bo die wet as die pote kom loer... Ek verstaan Mosselbaai se pote is erg op lisensies...

Ek sal julle raad waardeer.

Groete

Louis
I'm in the same boat as Vlakvark Soldaat. Only my boat is in KZN. Can anyone confirm that the same rule applies in KZN? i.e. you only need a fishing license if you are 12 years or older.

Just to be clear... I've fed the fish on my last 2 deep sea fishing excursions and I realise I'm more suited to hunting and to fishing from the shore! There is no boat. :) I was just keeping with the theme of the expression.

Re: Visvang lisensies raad asb

Posted: Fri Nov 27, 2020 3:00 pm
by Vlakvark Soldaat
Hahaha yes Dimitri...

In the past the licences were provincially bounded, now the licence/permit is nationalised thing (maybe the wrong choice of words hahaha), but the species, bag sizes, fish weight/sizes etc do differ between provinces...But this is all described on the permit...

Re: Visvang lisensies raad asb

Posted: Fri Nov 27, 2020 3:32 pm
by Dimitri
Thanks Louis.

Re: Visvang lisensies raad asb

Posted: Sat Nov 28, 2020 7:50 am
by M98mauser
Die visvang lisensie is n belaglike storie maar kry hom maar en spaar jouself baie frustrasie, tegnies as hulle jou sien loop met n visstok moet jy n visvang lisensie he, die ouderdom was volgens my altyd 16 maar laas jaar met n skok uitgevind dis 12. Hierdie brawe wets toepassers van visserye kan mos met n helikopter al langs die wilde kus opvlieg om hengelaars te teiken omtrent elke week gedurende die vakansie tye maar daar is nie geld om eers naby die chinees trawlers te kom wat binne km's van die kuslyn af kom nie,

Re: Visvang lisensies raad asb

Posted: Sat Nov 28, 2020 8:57 pm
by joe rocket
I'm in the same boat as Vlakvark Soldaat. Only my boat is in KZN. Can anyone confirm that the same rule applies in KZN? i.e. you only need a fishing license if you are 12 years or older.

Just to be clear... I've fed the fish on my last 2 deep sea fishing excursions and I realise I'm more suited to hunting and to fishing from the shore! There is no boat. :) I was just keeping with the theme of the expression.
[/quote


Yes they do. If the boat is licenced for 4 or 6 persons you may only catch 10 fish per angler per day for recuational fishing. So as die vis loop sal dit lekker wees as jy jou kinders se vis wat hulle vang kan huistoe neem. Ek het altyd hengel lesensies vir my kinders uitgeneem al was hulle jonger as 12 net vir die 10 vis per persoon wet.