Oefen vir LA skiet en Jag?

Everything regarding Long Range Shooting and Hunting here / Alles rakende Langafstand skiet en jag hier
Post Reply
User avatar
Smith223
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 343
Joined: Tue May 01, 2018 6:39 pm

Oefen vir LA skiet en Jag?

Post by Smith223 »

Goeie dag,
Ek het onlangs ‘n nuwe roer gekry wat bietjie meer geskik is vir LA skiet as my 223 met sy 55gr pitte. Ek het die laaste Alrha van die jaar geskiet en dit vrek baie geniet, ek sal volgende jaar egter bietjie meet kompeteerend wil wees in die Varmint klas en weet dit verg oefening. Op ‘n studente begroting wil ek graag die maksimum uit my komponente wurg deur so effektief as moontlik te oefen. Ek het baie lesse met my 223 geleer op 500m by krokodilspruit maar die roer is nog nie op my naam nie en kan nie so gereeld daar uitkom met die roer nie.
My vraag is dus hoe moet ek oefen met my huidige ‘LA’ roer?
Ek probeer so veel as moontlik coldbore oefening inkry deur die kondisies te skat. Wat kan ek nog doen om die beste bang for my buck te kry tydens oefening? Ek het vir my mildsteel plate gesny dieselfde groote as Alrha se plate , ook in Diamant vorm en oefen nou op dit. Enige ander voorstelle?
Anschutz 22LR
Howa 223 Rem
BRNO 243 Win
Howa 6.5 CR
Tikka 7mm RSAUM
Apie
Hero Member
Hero Member
Posts: 3067
Joined: Sun Nov 30, 2014 7:53 pm

Oefen vir LA skiet en Jag?

Post by Apie »

Wind wind wind

Slaap onder ‘n dakwaaier sodat jy wind kan leer ken!!

Net ‘n grap, ek luister saam!

Sent from my iPhone using Tapatalk
User avatar
jankraay
Hero Member
Hero Member
Posts: 1898
Joined: Fri Dec 30, 2016 4:12 pm

Re: Oefen vir LA skiet en Jag?

Post by jankraay »

My 1ste voorstel sal wees om so veel as moontlik op die baan te kom en baan tyd te kry. Dit is een van die belangrikste dinge want so leer jy basies alles van jou wapen ken en jy kom jou swak punte agter. Nou weet jy wat kort werk.

Kry vir jou inligting rondom die mirage en hoe lyk dit teen watse spoed. Gaan oefen om dit reg te skat na jy alle basiese beginsels toegepas het. Met die sal jou ook die “drift” van jou koeël leer ken uit jou geweer.

As jy begin sukkel met die Alrha grote gongs maak vir jou een plaat wat 500x500 is en hang hom agter die gong waarna jy skiet. So gaan jy jou mis maklik kan sien en jy kan dadelik die fout regmaak.

Jy gaan in die begin baie uitskiet en dit kan frustrerend raak as jy heeltyd mis en jy weet nie presies waar nie. Jy moet jouself kry laat jy gaan oefen vir iets wat jy wil bereik.

As jy n 1000m Springbok wil gaan skiet gaan jy met 10-12 rondtes baan toe en jy vat jou tyd. Le en skiet elke 30min n skoot. So gee jy tyd vir die kondisie om te verander wat maak dat jy weer moet fokus op die koue loop skoot.

As jy vir Alrha wil oefen vat jou 26 rondtes en simuleer die dag se skiet. Skiet jou koue loop skoot en begin dan met jou tyd.

Hier is so baie goed om te noem maar ek sou so begin.

Hoop dit help

Sent from my iPhone using Tapatalk
User avatar
Smith223
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 343
Joined: Tue May 01, 2018 6:39 pm

Re: Oefen vir LA skiet en Jag?

Post by Smith223 »

jankraay wrote: Sat Nov 28, 2020 9:55 pm My 1ste voorstel sal wees om so veel as moontlik op die baan te kom en baan tyd te kry. Dit is een van die belangrikste dinge want so leer jy basies alles van jou wapen ken en jy kom jou swak punte agter. Nou weet jy wat kort werk.

Dankie vir die terugvoer Jan,
Wat ek uit die terugvoer vat is om meer by die skietbaan uit te kom en maar minder rondtes te vat en dus meer tyd spandeer om in soveel as moontlik kondisies te skiet op afstande wat kompetisies simuleer.
In terme van die groot gong vir oefening: Is daar nie ook 'n argument te make met die feit dat die varmint klas hulle eie mis skote moet spot nie en dit dus nie noodwendig nadlig is op op Alrha groote gonge te oefen nie om jouself te leer om die mis skote te spot nie, of sou julle sê dit is nie die hoof uitdaging in die varmint klas nie?
Anschutz 22LR
Howa 223 Rem
BRNO 243 Win
Howa 6.5 CR
Tikka 7mm RSAUM
Apie
Hero Member
Hero Member
Posts: 3067
Joined: Sun Nov 30, 2014 7:53 pm

Re: Oefen vir LA skiet en Jag?

Post by Apie »

Smith223 wrote:

Die groot gong agter die klein gong is juis om jou misskoot ordentlik te kan verifieer as jy oefen.

As jy misskiet en stof sien uitslaan agter die gong gaan jy ‘n goeie idee van die wind kry maar nie noodwendig elevasie nie.

Die groot gong gaan jou hier help

Sent from my iPhone using Tapatalk
User avatar
jankraay
Hero Member
Hero Member
Posts: 1898
Joined: Fri Dec 30, 2016 4:12 pm

Re: Oefen vir LA skiet en Jag?

Post by jankraay »

Smith223 wrote:
jankraay wrote: Sat Nov 28, 2020 9:55 pm My 1ste voorstel sal wees om so veel as moontlik op die baan te kom en baan tyd te kry. Dit is een van die belangrikste dinge want so leer jy basies alles van jou wapen ken en jy kom jou swak punte agter. Nou weet jy wat kort werk.

Kry vir jou inligting rondom die mirage en hoe lyk dit teen watse spoed. Gaan oefen om dit reg te skat na jy alle basiese beginsels toegepas het. Met die sal jou ook die “drift” van jou koeël leer ken uit jou geweer.

As jy begin sukkel met die Alrha grote gongs maak vir jou een plaat wat 500x500 is en hang hom agter die gong waarna jy skiet. So gaan jy jou mis maklik kan sien en jy kan dadelik die fout regmaak.

Jy gaan in die begin baie uitskiet en dit kan frustrerend raak as jy heeltyd mis en jy weet nie presies waar nie. Jy moet jouself kry laat jy gaan oefen vir iets wat jy wil bereik.

As jy n 1000m Springbok wil gaan skiet gaan jy met 10-12 rondtes baan toe en jy vat jou tyd. Le en skiet elke 30min n skoot. So gee jy tyd vir die kondisie om te verander wat maak dat jy weer moet fokus op die koue loop skoot.

As jy vir Alrha wil oefen vat jou 26 rondtes en simuleer die dag se skiet. Skiet jou koue loop skoot en begin dan met jou tyd.

Hier is so baie goed om te noem maar ek sou so begin.

Hoop dit help

Sent from my iPhone using Tapatalk
Dankie vir die terugvoer Jan,
Wat ek uit die terugvoer vat is om meer by die skietbaan uit te kom en maar minder rondtes te vat en dus meer tyd spandeer om in soveel as moontlik kondisies te skiet op afstande wat kompetisies simuleer.
In terme van die groot gong vir oefening: Is daar nie ook 'n argument te make met die feit dat die varmint klas hulle eie mis skote moet spot nie en dit dus nie noodwendig nadlig is op op Alrha groote gonge te oefen nie om jouself te leer om die mis skote te spot nie, of sou julle sê dit is nie die hoof uitdaging in die varmint klas nie?
Nie almal voel dieselfde oor die groot gong storie nie. My gongs het 1/2MOA cut outs in en voor ek die baan met lekker gongs bederf het, het ek en Eugene 1/4-1/2MOA sirkels gespray.

Idee agter dit is om te le met n nota boek en elke skoot te noteer om so jou kondisie te leer. Onthou n wind uit 4-5uur en uit 10-11uur veroorsaak elevasie verskille wat n mens maklik kan vergeet.

Daai plaat wys dadelik vir jou wat angaan en hoe ver jy die wind reg of verkeerd gelees het. Jy maak n nota en so sal jy volgende keer onthou wat gebeur het en jy pas dadelik vir dit aan.

Dit is basies soos n Elektroniese teiken maar op die ou manier. Die idee van die is om so te oefen dat jy volgende keer die groot plaat net op die grond los en die kleiner een met jou CB in die middel raak skiet.

Sent from my iPhone using Tapatalk
User avatar
Gawie(13mm)
Hero Member
Hero Member
Posts: 6150
Joined: Sun Sep 18, 2011 6:53 pm

Re: Oefen vir LA skiet en Jag?

Post by Gawie(13mm) »

Ek wil be-aam wat Jan hier noem. Kry 'n "data boek" en skryf neer. Sodoende maak jou brein die koneksie. Selfs tydens en na 'n kompetiesie of 'n jag uitstappie, maak ek notas wat my in die toekoms help. Soos Jan noem is die rigting van die wind belangrik, maar ook die temperatuur, tyd van die dag en rigting en hoogte van die son ten opsigte van die teiken en jou skiet posisie. Laasgenoemde klink miskien onsinnig, maar maak seker dat jy al die data aanteken wanneer jy jou geweer sero en sorgvuldig in jou ballistiese app insleutel. Ek teken dit dan in my Data-log ook aan sodat ek daarop kan terugval indien daar fout kom met my foon. Ek kan dan vinnig die data in my skietmaat se app insleutel sonder om te raai.
Dont make expensive noise! Make the first shot count!
Eugene
Hero Member
Hero Member
Posts: 6027
Joined: Thu Jun 21, 2012 11:41 am

Re: Oefen vir LA skiet en Jag?

Post by Eugene »

Om aan te sluit by Jan, die groter gonge werk net beter vir oefening, juis omdat mens kan sien waar jy mis en dan (hopelik) kan bepaal waarom jy gemis het. Vir kompetisies soos ALRHA en spesifiek LA jag, is jou eerste 2 skote baie belangrik. Daarom die voorstel dat mens eerder minder rondtes vat en beter data hou van spesifiek jou eerste 2 skote, maar ook die res en dit kom handig te pas vir bietjie oorweging en nabetragting by die huis en ook vir toekomstige gebruik. Alhoewel dit lekker is om 7kg lood-en-koper in die lug te hou en erg opgewonde te wees as sommige van dit die plaat tref, het dit minimale effek en waarde vir oefening. Elke ou soen sy vrou op 'n ander manier en hier is hoe ek oefen en wat vir my werk. Pas dit gerus aan om by jou te werk.

Na uitpak van al my toerusting, spandeer ek 'n bietjie tyd om die toestande te bepaal en dit neer te skryf. Daarna begin ek op die verste afstand en skiet die eerste skoot en ASAP die 2de skoot. Hopelik is altwee op die teiken en dan teken ek die posisie van die eerste skoot en 2de skoot aan. Dit gee my goeie data van die verskil tussen die cold bore skoot en die 2de skoot, wat veral handig is tydens LA jag en kompetisies soos ALRHA. Gewoonlik gee en so 20min voor ek weer skiet, sodat loop kan afkoel en omstandighede bietjie kan verander. Hierdie doen ek gereeld, totdat ek gemaklik is om die verskil tussen die 2 skote, te kan bepaal en maklik die aanpassing te kan doen tussen die 2 skote se POI, sodat hulle basis "op mekaar" is. Daarna kies ek 'n ander afstand en doen dieselfde.

As jy my 'n PM stuur met jou e-pos adres of selnommer, kan ek vir jou my data sheet aanstuur. Ek het dit weer by iemand anders gekry en aangepas vir my behoeftes en jy is welkom om dieselfde te doen.
Aim small, miss small
Drenalinjunkie
Hero Member
Hero Member
Posts: 830
Joined: Fri Mar 04, 2011 8:19 am

Re: Oefen vir LA skiet en Jag?

Post by Drenalinjunkie »

Fokus jou oog op jou kruishaar en nie die teiken nie.
Aim small miss small.
Follow through - jy MOET jou eie hits kan spot. As jy dit nie kan doen nie dan doen jy iets verkeerd.
Vlae kan lieg - meer gereeld as wat jy verwag.
Wind is jou vriend.
User avatar
Capt. Yoda
Hero Member
Hero Member
Posts: 13509
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm

Re: Oefen vir LA skiet en Jag?

Post by Capt. Yoda »

Soos Simon se wind is jou vriend, beste ding wat ek geleer het is om nie te probeer skiet as die wind stil raak of tussen gusts nie
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
User avatar
Smith223
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 343
Joined: Tue May 01, 2018 6:39 pm

Re: Oefen vir LA skiet en Jag?

Post by Smith223 »

Dankie vir almal se insette so vêr. Ek waardeer dit!
Anschutz 22LR
Howa 223 Rem
BRNO 243 Win
Howa 6.5 CR
Tikka 7mm RSAUM
Andre308
Hero Member
Hero Member
Posts: 902
Joined: Sat Nov 07, 2015 6:54 am

Re: Oefen vir LA skiet en Jag?

Post by Andre308 »

Waar kom julle aan die storie van wind is jou vriend?

Wind is die vyand!!!. My vriende probeer my nie laat mis skiet nie.

Maar leer jou vyand goed ken...
Post Reply