Page 1 of 1
Desember strandverbod
Posted: Tue Dec 15, 2020 1:40 pm
by OosKaapJagter
Hierdie is vir kennisname van lede wat na die kusgebiede gaan wat geraak word deur die nuwe inperkings:
https://www.businessinsider.co.za/trend ... sh-2020-12
Sorg dat elkeen wat strand toe gaan 'n hengellisensie het en pak 'n visstok in. Die wat swem moet net iets saamvat wat verwar kan word met apparate waarmee aas uitgehaal kan word. Die uithaal van aas is mos deel van hengel aktiwiteite.
Re: Desember strandverbod
Posted: Tue Dec 15, 2020 2:00 pm
by Landcruiserman
Passop! in die Kaap is dit blykbaar een van die gevaarlikste Covid plekke om te wees tussen 04h00 -09h00 soggens!!! Na 09h00 is als weer ok.....
Re: Desember strandverbod
Posted: Tue Dec 15, 2020 4:10 pm
by Otto
Jy mag visvang as jy 'n liksens het.
Re: Desember strandverbod
Posted: Tue Dec 15, 2020 5:42 pm
by wynis
Dis Baie goeie nuus! Ek het vandag klaar gewerk en wil juis gereeld hengel. Gisteraand se nuus was nie aangenaam nie. Ek het juis begin planne maak rondom gety rivier hengel as strande heeltemal uit die prentjie is.
P.s ons het op Wildernis se strand gestap vanmiddag en werkers was besig om Touwsrivier toe te span onder brug waar dit uitloop op strand en hulle was ook besig om ander ingange met doringdraad toe te span.
Ek dink die reels is lagwekkend simpel vir mense wat vir hulle self kan dink.
Sent from my iPad using Tapatalk
Re: Desember strandverbod
Posted: Tue Dec 15, 2020 5:46 pm
by tripodmvr
Laat dink dit my aan die Jannie grappies - julle moet net nie rook nie.
Re: Desember strandverbod
Posted: Wed Dec 16, 2020 8:23 am
by Blitzzz
wynis wrote:P.s ons het op Wildernis se strand gestap vanmiddag en werkers was besig om Touwsrivier toe te span onder brug waar dit uitloop op strand en hulle was ook besig om ander ingange met doringdraad toe te span.
Ek dink die reels is lagwekkend simpel vir mense wat vir hulle self kan dink.
Sent from my iPad using Tapatalk
Mosselbaai se strande is toeganklik. Dis darem nie so vêr vanaf Wilderness.
Sent from my iPhone using Tapatalk Pro
Re: Desember strandverbod
Posted: Wed Dec 16, 2020 10:50 am
by Methos
Dis ongelooflik hoe stupid hierdie ding mense gemaak het. Vanoggenf laai ek my twee dogtertjies af by die Woensdag Oppas plek - Kinders in Frankryk gaan nie Woendae skool nie. Lekker as jy 'n onderwyser is... Maar die oppas plek is by die groot kind se skool. Daar is twee ingange - reg langs mekaar. Geskei met 'n stukkie rooi plastiek. EK los die grote by die eerste hek. Wil sommer die 5m stap en onder die tou klim met kleintjie en haar na die agterkant van die skool vat. Daar is net die direkteur van die plek wat daar staan. Nee ek mag nie 5m koek sny nie - ek moet omstap en by die ander hek ingaan - want die grotes en kleintjies se speelplek is van mekaar geskei
Ek was al baie op Wilderness se strand - daar is genoeg plek vir almal - net bietjie gesonde verstand moet aan die dag gelê word dan sal daar geen risiko wees nie. Maar nou ja ANC logika. Ek dink elke ou en sy hond gaan 'n vislisensie koop

Re: Desember strandverbod
Posted: Wed Dec 16, 2020 1:11 pm
by knipmes
Ek hoor vanoggend dat daar by Mosselbaai en Plettenberg Baai is al die visstokke by die pandjieswinkels uitverkoop
Re: Desember strandverbod
Posted: Wed Dec 16, 2020 4:50 pm
by wynis
knipmes wrote:Ek hoor vanoggend dat daar by Mosselbaai en Plettenberg Baai is al die visstokke by die pandjieswinkels uitverkoop
Ek moet dalk van my ou ongebruikte stokke op die mark sit!
Sent from my iPhone using Tapatalk
Re: Desember strandverbod
Posted: Wed Dec 16, 2020 5:51 pm
by Tokkieland
Maak weer 3de Januarie oop sover ek weet. Skole heropen eers weer iets soos 27 ste Januarie. Sal maar tussen daai datums see toe.
Re: Desember strandverbod
Posted: Fri Dec 18, 2020 6:26 am
by Maroelas
Van wat ek sien swem die mense en gebruik die strande op Hartenbos en Kleinbrak. Ons vlieg môre af.
Re: Desember strandverbod
Posted: Fri Dec 18, 2020 6:56 am
by wynis
Ek het gister laat middag gaan visvang op Wilderness strand. Daar was tot mense wat geswem het en heelwat wat gestap het.