Page 1 of 2

Informele kompetisie

Posted: Mon Dec 21, 2020 10:22 am
by Francoisv
Om waardering te wys vir 'n lekker jaar (alle ander opsigte 'n ramp) op Jaracal wil ek sommer een van die ammo tasse opsit as 'n prys.

Inskrywing is kosteloos, die eerste en enigste prys is 'n ammunisie tas in 308fam of 300/338 fam wat posgeld insluit.

Ek is nie seker hoe om dit te formuleer, maar ek het gedink 100 nommers, een inskrywing per lid en genereer dan sommer 'n random nommer tussen 1 en 100 met excel om die wenner aan te wys. Tensy iemand vir my 'n beter en makliker plan het.

Die ander alternatief is om die prys op veiling te sit, die koper betaal die koop bedrag aan 'n welsyns organisasie oor.

2 daughters. Plenty guns.


Image

Re: Informele kompetisie

Posted: Mon Dec 21, 2020 11:24 am
by Arnold
Baie mooi gebaar Francois!

Wat van n inskrywingsfooi van R10 per kaartjie en jy kan meer as een keer inskryf. Die opbrengs gaan dan vir n goeie doel.

Anders staan my bod op R500 om die ding te begin

Sent from my SM-G955F using Tapatalk


Re: Informele kompetisie

Posted: Mon Dec 21, 2020 11:28 am
by Francoisv
Arnold wrote:Baie mooi gebaar Francois!

Wat van n inskrywingsfooi van R10 per kaartjie en jy kan meer as een keer inskryf. Die opbrengs gaan dan vir n goeie doel.

Anders staan my bod op R500 om die ding te begin Image

Sent from my SM-G955F using Tapatalk
Dankie Arnold

Sodra daar inskrywing geld betrokke is raak dit admin.

Dink amper veiling is die manier om te gaan.

Bod staan op R500.

2 daughters. Plenty guns.



Re: Informele kompetisie

Posted: Mon Dec 21, 2020 11:37 am
by Malan123
R600 vir my

Re: Informele kompetisie

Posted: Mon Dec 21, 2020 12:11 pm
by Francoisv
Malan123 wrote:R600 vir my
Dankie Malan

Bod is R600.

Kom ons maak die afsnytyd môreaand 20:00.

Hoogste bod op 22 Desember 2020 @20:00.

2 daughters. Plenty guns.


Re: Informele kompetisie

Posted: Mon Dec 21, 2020 12:20 pm
by Ockert1992
Ek sit R700 op.

Re: Informele kompetisie

Posted: Mon Dec 21, 2020 4:34 pm
by Francoisv
Ockert so bod staan op R700. Kom kerels, dis vir 'n goeie doel.

2 daughters. Plenty guns.


Re: Informele kompetisie

Posted: Mon Dec 21, 2020 5:32 pm
by Gian_dP
R1000

Sent from my SM-G973F using Tapatalk


Re: Informele kompetisie

Posted: Mon Dec 21, 2020 8:18 pm
by WitWillem (Charl)
R1050

Re: Informele kompetisie

Posted: Mon Dec 21, 2020 9:27 pm
by Francoisv
Dankie Charl

Bod staan op R1050.

2 daughters. Plenty guns.


Re: Informele kompetisie

Posted: Tue Dec 22, 2020 8:58 am
by Smitstertjies
R1100, goeie gebaar

Re: Informele kompetisie

Posted: Tue Dec 22, 2020 10:09 am
by Viking
Arnold wrote: Mon Dec 21, 2020 11:24 am
Wat van n inskrywingsfooi van R10 per kaartjie en jy kan meer as een keer inskryf. Die opbrengs gaan dan vir n goeie doel.

Image

Sent from my SM-G955F using Tapatalk
Die voorstel is mees sinvolste om deelname te kry en fondse uit verskeie lede se sak.

Die veiling metode beteken net EEN lid moet die bydrae maak vir n goeie saak en sy sak moet verkieslik DIEP wees.

Herbesin oor die insameling...daar is baie gewillige lede. Maak dit n "lucky draw" teen gemaklike bedrag!

Maar net my 2c

Re: Informele kompetisie

Posted: Tue Dec 22, 2020 7:22 pm
by Francoisv
Viking wrote:
Arnold wrote: Mon Dec 21, 2020 11:24 am
Wat van n inskrywingsfooi van R10 per kaartjie en jy kan meer as een keer inskryf. Die opbrengs gaan dan vir n goeie doel.

Image

Sent from my SM-G955F using Tapatalk
Die voorstel is mees sinvolste om deelname te kry en fondse uit verskeie lede se sak.

Die veiling metode beteken net EEN lid moet die bydrae maak vir n goeie saak en sy sak moet verkieslik DIEP wees.

Herbesin oor die insameling...daar is baie gewillige lede. Maak dit n "lucky draw" teen gemaklike bedrag!

Maar net my 2c
Viking

Dankie vir jou inset. My aanvanklike idee was sommer om iets terug te sit in Jaracal, toe beweeg die ding so half vanself veiling en donasie toe. Ek glo 'n kompetisie met kaartjie en nommers en trekking en in betalings ens sal meer op lewer, maar vir al daai admin sien ek nie nou kans hier paar dae voor Kersfees. Miskien in die nuwe jaar, want middernag op 31 Des verdwyn al die jaar se ding en ons begin vars.

2 daughters. Plenty guns.


Re: Informele kompetisie

Posted: Tue Dec 22, 2020 7:23 pm
by Francoisv
Smitstertjies wrote:R1100, goeie gebaar
Smitsterjies, die bod is joune op die stadium. 35 minute oor.

2 daughters. Plenty guns.


Re: Informele kompetisie

Posted: Tue Dec 22, 2020 7:35 pm
by Lategan1
R1150.00.

Beste.

Re: Informele kompetisie

Posted: Tue Dec 22, 2020 8:01 pm
by Lategan1
?

Re: Informele kompetisie

Posted: Tue Dec 22, 2020 8:07 pm
by Francoisv
Lategan1 wrote:R1150.00.

Beste.
Lategan

Die bod word op jou toegeslaan. Dankie.

Jy kan die geld oorbetaal aan die welsyn van jou keuse, en van my kant af sort ek jou uit met 'n spoggerig tassie, laat weet wat jou kaliber behoefte is.

2 daughters. Plenty guns.


Re: Informele kompetisie

Posted: Tue Dec 22, 2020 8:21 pm
by Lategan1
Hallo Francois

Baie dankie.

Groot dankie vir jou met die poging, gedog miskien meer belangstelling. Almal by die see buite opvangs of Kersgeskenke is duur!

Ek gaan PWV Pieter Vorster se vorige poging ondersteun, sal na vakansie oorbetaal, EFT bewys vir jou aanstuur. My kaliberkeuse as ek het, 6.5x55 Sweed. Andersins .308/.243.

Begunstigde:
Huis Andrew Murray, Wellington.

Groete en Geseënde Kersfees aan jou en familie.

NS.
Ek kan dit altyd met my Hilux by jou kom afhaal in die Kaap! :police:

Beste.

Re: Informele kompetisie

Posted: Tue Jan 05, 2021 11:27 pm
by Lategan1
Francoisv wrote: Tue Dec 22, 2020 8:07 pm
Lategan1 wrote:R1150.00.

Beste.
Lategan

Die bod word op jou toegeslaan. Dankie.

Jy kan die geld oorbetaal aan die welsyn van jou keuse, en van my kant af sort ek jou uit met 'n spoggerig tassie, laat weet wat jou kaliber behoefte is.

2 daughters. Plenty guns.
Betaald!

PM my wanneer geleë, neem ons dit verder.

Beste.

Re: Informele kompetisie

Posted: Wed Jan 06, 2021 12:46 pm
by Francoisv
Bakgat.

2 daughters. Plenty guns.


Re: Informele kompetisie

Posted: Wed Jan 06, 2021 2:00 pm
by Joe13
Blink idee die.

Waar kan mens so ammo boksie koop?

Re: Informele kompetisie

Posted: Wed Jan 06, 2021 2:18 pm
by Lategan1
PM vir Francois. Sover ek weet maak hy dit.

Beste.

Re: Informele kompetisie

Posted: Wed Jan 13, 2021 12:09 pm
by Francoisv
Daarsy, een deel van die transaksie is afgehandel. Lategan het donasie aan Huis Andrew Murray gemaak. Dankbaar.

Soos ooreengekom sal die tassie persoonlik oorhandig/afgelewer word.

2 daughters. Plenty guns.


Re: Informele kompetisie

Posted: Thu Jan 14, 2021 9:05 am
by 243Songdaug
Die was nou 'n bakgat idee gewees

Re: Informele kompetisie

Posted: Wed Jan 27, 2021 12:17 pm
by Francoisv
Dankie Sondaug

Die aksie is nou afgehandel, sommer lekker met Lategan gesels gister. Altyd lekkerder om mekaar in die oog te kan kyk. Dankie vir jou aandeel in die aksie Lategan.

2 daughters. Plenty guns.