Page 1 of 2
HS produkt h11
Posted: Wed Jan 06, 2021 1:27 pm
by Silwer
Ek dra vir die laaste 6 jaar 'n Glock 19, maar het onlangs begin uitkyk na kleiner 9mm pistole. Die glock 19 het vir my net te ongemaklik begin raak vir my doeleindes. Omdat ek reeds ervaring het met Glock was die Glock 43 vir my die logiese keuse, maar na 'n onlangse skietery by ons kerk was ek maar skrikkerig vir die laer kapasiteit van die Glock 43. Na die skietvoorval het ons op die kameras gesien dat daar meer as een rower rondgesluip het. Ek het toe na verskeie opsies gaan kyk (Sig Sauer p365, Glock 43, S&W Shield) en baie opgelees oor die tipe van pistole. Ek het baie gelees oor Springfield Hellcat pistole, maar nie gedink dat dit in SA beskikbaar sal wees nie. Ek sien toe eendag toevallig op Dave Sheer se webblad die HS produkt h11 pistole en besef toe dat dit presies dieselfde ding as die Springfield hellcat is, in Amerika verkoop hulle hom net onder 'n ander naam. Ek vind toe uit by my plaaslike handelaar of hulle vir my een sal kry en voor ek daar uitstap is die pistool betaal en is die keuse gemaak.
Die H11 en die Sig p365 se grootte is basies identies, maar die H11 is aansienlik goedkoper as die sig.
Die H11 kom met 'n 11 en 13 rondte magasyn in die boks. Die kwaliteit van die H11 is vir my baie goed, ek is tevrede met my koop. Nou net vir die lang wag vir die lisensie.
Ek deel die sommer as daar dalk van julle is wat op die uitkyk is na mikro kompakte pistole.
Sent from my SM-A015F using Tapatalk
Re: HS produkt h11
Posted: Tue May 18, 2021 7:29 am
by Silwer
https://youtu.be/VFQ_HNOVn8c
Daar is nou 'n 15 rondte magasyn beskikbaar vir die pistool. Seker nog nie in SA nie. My lisensie is darem nou goedgekeur.
Sent from my SM-A015F using Tapatalk
Re: HS produkt h11
Posted: Tue May 18, 2021 7:56 am
by Ds J
Hulle het n baie goeie toets vir gehardheid. Dit is indrukwekkend hoeveel mishandeling die pistole kan verduur.
Re: HS produkt h11
Posted: Tue May 18, 2021 8:19 am
by Capt. Yoda
Silwer, hoe is die recoil met die pistooltjie? Die hellcat of dan nou die h11 trek my baie
Re: HS produkt h11
Posted: Tue May 18, 2021 8:41 am
by Silwer
Ek het Saterdag gesien die lisensie is goedgekeur, maar het nog nie met hom gaan skiet nie. Ek sal vanmiddag 'n paar skote gaan skiet en laat weet.
Sent from my SM-A015F using Tapatalk
Re: HS produkt h11
Posted: Tue May 18, 2021 8:52 am
by Capt. Yoda
O ok dankie, ek het al bq met die Sig geskiet en sy recoil was nie erg nie
Re: HS produkt h11
Posted: Tue May 18, 2021 5:59 pm
by Silwer
Ek het toe vanmiddag met die pistool gaan skiet. Ek het van my eie 124gr reloads, cci 100gr, Winchester Ranger 127gr +p+ en 147gr Winchester Rangers geskiet. Die pistool is akkuraat en gemaklik om te skiet. Die sneller is beslis effens beter as my Glock 19 s'n. Die h11/hellcat het 'n bietjie meer wip in hom as die G19, maar dis nie so dat dit pla nie. Die 127gr Winchester Rangers is maar geniepsig uit die klein pistool. Ek sal eerder die 147gr Winchesters gebruik. Die fibre optic visier werk mooi, ek het wel 'n vuisbreedte laag op die teiken geskiet. Dit kan dalk wees dat ek nog nie die sneller gewoond is nie. Die h11 se greep is vir my iets om aan gewoond te raak, dit is meer regaf as die Glock se skuins greep. Ek het meestal met die kort 11 rondte magasyn geskiet, aangesien dit die een is wat ek meestal sal dra. Hoewel my pinkie effens los hang sal ek nie sê dit beïnvloed my akkuraatheid nie. Die 13 Rondte magasyn pas my hand mooi en is effens meer beheerbaar. Ek het so +- 70 rondtes geskiet en alles het mooi gevoer. Die afwerking van die pistool is baie goed. Ek het vandag 'n holster by Reaper Custom bestel (iwb met ulticlip).
Sent from my SM-A015F using Tapatalk
Re: HS produkt h11
Posted: Fri May 21, 2021 11:01 am
by Silwer
Goeie diens van Reaper custom. Ek het Woensdag 'n holster by hulle bestel. Vandag laat weet Pavlos my dit is klaar en hy stuur dit Maandag.
Sent from my SM-A015F using Tapatalk
Re: HS produkt h11
Posted: Fri Jun 25, 2021 6:49 pm
by Silwer
Het gister my lisensie gekry. Sal more die outjie behoorlik toets.
Sent from my SM-A015F using Tapatalk
Re: HS produkt h11
Posted: Fri Jun 25, 2021 7:22 pm
by Arnold
Ek sien uit na die terugvoer!
Sent from my SM-G955F using Tapatalk
Re: HS produkt h11
Posted: Fri Jun 25, 2021 7:41 pm
by Silwer
Sommer so paar foto's waar ek hom met my Glock 19 vergelyk.
Sent from my SM-A015F using Tapatalk
Re: HS produkt h11
Posted: Fri Jun 25, 2021 7:44 pm
by Silwer
.
Sent from my SM-A015F using Tapatalk
Re: HS produkt h11
Posted: Fri Jun 25, 2021 7:45 pm
by Silwer
.
Sent from my SM-A015F using Tapatalk
Re: HS produkt h11
Posted: Sun Jun 27, 2021 2:25 pm
by Silwer
Ek het gister so paar rondtes gaan skiet. Die klein pistooltjie se akkuraatheid verbaas my en ek kan nie sê dat dit my pla dat my pinkie nie op die greep pas nie. My vrou het ook heelwat met hom geskiet en nie gekla oor skop nie. Skop is meer as met 'n standaard pistool, maar nie iets om oor huis toe te skryf nie. Ek het iets van alles deur die pistool geskiet (125gr lood, 124gr cmj, 100gr cci, 115gr magtech jhp en 147gr Winchester Rangers) en geen storings gehad nie. Al wat ek negatief van die pistool kan sê is dat die greep effens reghoekig voel (skerp kante) en dat die sneller se reset nie baie voelbaar is nie.
Ek moet bysê dat dit 'n kopskuif gaan verg om te skuif van my Glock 19 na die kleiner Hellcat, een wat in teorie goed geklink het, maar noudat ek albei het my weer laat dink. Ek het die Hellcat gekoop omdat die Glock 19 soms ongemaklik is en moeilik wegsteek veral omdat ek redelik skraal is. Die Hellcat steek makliker weg, maar die verskil is nie vir my so groot as wat ek gedink het nie (Dit kan dalk die holster wees, ek gaan 'n ander tipe probeer.). Die Hellcat pas maklik in 'n broeksak wat vir my 'n pluspunt is vir in en om die huis. Dit gaan heelwat oefening verg om gemaklik te wees om die Hellcat te dra. Dit is moeiliker om die klein pistool maklik uit die holster raak te vat. My Glock 19 voel net reg in my hande, miskien is dit maar net omdat ek hom gewoond is. Ek glo met meer oefening en tyd sal my selfvertroue met die Hellcat verbeter.
Sent from my SM-A015F using Tapatalk
Re: HS produkt h11
Posted: Mon Jun 28, 2021 9:32 am
by HeinM
Silwer wrote: Tue May 18, 2021 7:29 am
https://youtu.be/VFQ_HNOVn8c
Daar is nou 'n 15 rondte magasyn beskikbaar vir die pistool. Seker nog nie in SA nie.
My lisensie is darem nou goedgekeur.
Sent from my SM-A015F using Tapatalk
Hoe lank het jy toe gewag?
Re: HS produkt h11
Posted: Mon Jun 28, 2021 10:00 am
by Silwer
83 Dae tot hy goedgekeur is en toe amper 4 weke vir die kaart. As hier Bloem manne is wat wag vir kaarte moet julle gaan kyk, Parkweg het 'n kleinhuis vol kaarte ontvang.
Sent from my SM-A015F using Tapatalk
Re: HS produkt h11
Posted: Sun Jul 11, 2021 9:34 pm
by Jacques.308
Silwer wrote:Ek het gister so paar rondtes gaan skiet. Die klein pistooltjie se akkuraatheid verbaas my en ek kan nie sê dat dit my pla dat my pinkie nie op die greep pas nie. My vrou het ook heelwat met hom geskiet en nie gekla oor skop nie. Skop is meer as met 'n standaard pistool, maar nie iets om oor huis toe te skryf nie. Ek het iets van alles deur die pistool geskiet (125gr lood, 124gr cmj, 100gr cci, 115gr magtech jhp en 147gr Winchester Rangers) en geen storings gehad nie. Al wat ek negatief van die pistool kan sê is dat die greep effens reghoekig voel (skerp kante) en dat die sneller se reset nie baie voelbaar is nie.
Ek moet bysê dat dit 'n kopskuif gaan verg om te skuif van my Glock 19 na die kleiner Hellcat, een wat in teorie goed geklink het, maar noudat ek albei het my weer laat dink. Ek het die Hellcat gekoop omdat die Glock 19 soms ongemaklik is en moeilik wegsteek veral omdat ek redelik skraal is. Die Hellcat steek makliker weg, maar die verskil is nie vir my so groot as wat ek gedink het nie (Dit kan dalk die holster wees, ek gaan 'n ander tipe probeer.). Die Hellcat pas maklik in 'n broeksak wat vir my 'n pluspunt is vir in en om die huis. Dit gaan heelwat oefening verg om gemaklik te wees om die Hellcat te dra. Dit is moeiliker om die klein pistool maklik uit die holster raak te vat. My Glock 19 voel net reg in my hande, miskien is dit maar net omdat ek hom gewoond is. Ek glo met meer oefening en tyd sal my selfvertroue met die Hellcat verbeter.
Sent from my SM-A015F using Tapatalk
Silwer is jy van Bloemfontein? Indien so mag ek dalk na jou h11 kom kyk op n stadium? Wil graag een vir my verloofde aanskaf
Groetnis
Sent from my SM-N770F using Tapatalk
Re: HS produkt h11
Posted: Mon Jul 12, 2021 6:39 am
by Silwer
Ja ek is in Bloem. Jy is welkom om te kom kyk.
Sent from my SM-A015F using Tapatalk
Re: HS produkt h11
Posted: Mon Jul 12, 2021 7:26 am
by Jacques.308
Silwer wrote:Ja ek is in Bloem. Jy is welkom om te kom kyk.
Sent from my SM-A015F using Tapatalk
Kan jy my dalk n whatsapp stuur of ek sal vir jou dan kan ons n tyd en dag reël. Baie dankie 084 869 4967
Sent from my SM-N770F using Tapatalk
Re: HS produkt h11
Posted: Fri Jul 30, 2021 8:55 pm
by Arnold
Ek wou regtig so pistool koop omdat hy so klein is en hopelik makliker sou wegsteek as ek dra. Ek besluit toe om eers my G19 AIWB te probeer en alhoewel dit steeds ongemaklik is steek ek nou die pistool maklik weg terwyl ek n themp dra.
So ek dink die hellcat was vir my n oplossing vir n probleem wat ek gehad het agv hoe ek my pistool gedra het.
Met my pens druk die flippen holster heeltyd in my groin so dalk is dit die regte motivering om van my maag ontslae te raak.
Die Hellcat lyk awesome en sal definitief makliker wegsteek maar ek sou hom elkgeval AIWB wou dra en probeer toe sommer my G19.
... ek is effe bekommerd dat ek my knaters afskiet
Enige verdere terugvoer oor die Hellcat en hoe tevrede jy is Silwer?
Re: HS produkt h11
Posted: Fri Jul 30, 2021 10:18 pm
by Silwer
Noudat ek bietjie meer tyd agter die hellcat se sneller het, het ek nou die skuif gemaak om hom voltyds te dra. Aanvanklik het die verskil in grootte tussen hom en die G19 nie vir my so groot gevoel nie, maar na ek die hellcat nou vir 'n paar weke dra sal ek wel sê dat die hellcat heelwat makliker dra. Ek dink in die somer met somersklere sal die hellcat nog meer waardeer word. Met die glock het my hemp alewig opgetrek en oor die greep gehaak. Die hellcat sit stywer teen my lyf en met die kort greep hoef ek nie alewig te voel of iets uitsteek nie. Alledaagse take soos om te buk om iets op te tel ens. is heelwat makliker sonder dat jy hoef te bekommer dat iemand jou pistool sal sien. Die hellcat is so klein, hier om die huis dra ek hom holster en al in 'n baadjie of broeksak(Dis nou net soms as ek nie 'n belt aanhet nie.) Met die langer 13 rondte magasyn sit hy lekker in my hand en skiet net so akkuraat soos my G19. Ek is sover nog nie 'n dag spyt nie.
Sent from my SM-A015F using Tapatalk
Re: HS produkt h11
Posted: Wed Oct 20, 2021 4:19 pm
by Arnold
Weet iemand dalk waar 'n Hellcat OSP in voorraad is?
Re: HS produkt h11
Posted: Wed Oct 20, 2021 4:42 pm
by cassie_calvinia
werk daai ulticlip goed? ek moet ook nou holster koop.
dra nie elke dag belde nie.
pistool lyk goed, daai kort grip werk net nie met my hande nie
Re: HS produkt h11
Posted: Wed Oct 20, 2021 4:50 pm
by Silwer
Ek het my holster by Reaper custom bestel. Die ulticlip werk goed en knyp die holster goed aan jou broek vas. Werk lekker as jy 'n broek sonder 'n belt dra.
As ek weer 'n holster koop vir die hellcat, sal dit nie weer 'n shirt tuck tipe wees nie. Die holsters is so gemaak dat daar 'n spasie tussen die kydex en beltclip is om jou hemp in te steek. Dit maak die holster heelwat dikker as wat ek dit soek.
Sent from my SM-A015F using Tapatalk
Re: HS produkt h11
Posted: Wed Oct 20, 2021 4:52 pm
by Silwer
Arnold, ek weet nie of hulle voorraad het nie, maar as ek reg onthou is Spartan arms die agent. Hulle behoort dalk te hê of sal kan sê waar jy kan kry.
Sent from my SM-A015F using Tapatalk