Page 1 of 2

Die ideale jagmes

Posted: Mon Jan 02, 2012 6:55 pm
by DWB
Hallo Manne,

Ek het nou begin bosvarke jag saam met die manne en het agtergekom ek het meer 'n mes nodig waarmee ek myself kan beskerm indien 'n vark my sou vasvat.

Nou ek het so korterige Kershaw eenstuk mes waarvan ek baie hou vir slag doeleindes, maar ek is opsoek na iets met 'n langer lem en iets wat lekker stewig is, 'n mes waarmee mens kan steek sou dit nodig wees.

Ek weet dit klink verregaande, maar dit is my behoefte.

Sit bietjie fotos op van julle messe en jul idees van die ideale mes!

Ek werk maar met 'n klein begroting vir die projekm

Re: Die ideale jagmes

Posted: Mon Jan 02, 2012 6:57 pm
by Geno
As begroting nie 'n issue was nie, sou ek ges? het Cold Steel OSS....
Maar jy kan ook kyk na iets soos Puma, Buck of Kershaw se langer fixed-blades.

Re: Die ideale jagmes

Posted: Mon Jan 02, 2012 7:07 pm
by DWB
Geno, ek het nie die knabbas om 'n buffel dood te steek nie ;D

Hierdie Kershaw Roughneck 1010 lyk nogal na die ding vir my.

Sal eintlik meer 'n varkmes as jagmes wees ;D

Re: Die ideale jagmes

Posted: Mon Jan 02, 2012 7:09 pm
by Beretta
DWB
As ek self kan kies COLD STEEL beter gaan jy nie sommer kry nie.Gaan na hulle website toe en kyk daar.Sharp Edge is die agente vir die messe in SA.
Beretta

Re: Die ideale jagmes

Posted: Mon Jan 02, 2012 7:15 pm
by Beretta
DWB
Of jy kan n 44 MAG try vir size ek glo nie n vark sal teen hom stry nie.Dont take n knive to n gun fight ;D ;D
Beretta

Re: Die ideale jagmes

Posted: Mon Jan 02, 2012 7:53 pm
by Beretta
My 44 praat mooi
Beretta

Re: Die ideale jagmes

Posted: Mon Jan 02, 2012 8:00 pm
by DWB
Manne los nou die eollie vir 'n ander topic, ?aarby sal ons nog kom ;D

Smaak my Oom Beretta moet vir my 'n mes bou ;D hy kan mos

Re: Die ideale jagmes

Posted: Tue Jan 03, 2012 7:55 am
by Beretta
DWB
As ek dit nog gedoen het sou ek hom al lankal in die pos gegooi het vir jou.Maar beter as cold steel gaan jy nie sommer kry nie.
Beretta

Re: Die ideale jagmes

Posted: Tue Jan 03, 2012 8:04 am
by DWB
Oom Beretta, daar is nie dalk ou voorraad nie ;D

Ek het daai cold steel so beloer, maar my vrou sal hom gebruik om van my geslagsorgane een van daai dopskinkers te maak ;D

1ste baba is oppad, so ek meot lig loop en min spend ;D

Kom nou manne, sit fotos op!

Ek soek idees!

Re: Die ideale jagmes

Posted: Tue Jan 03, 2012 8:10 am
by Beretta
DWB
Nee maar as daar een opduik jou naam is op hom
Beretta

Re: Die ideale jagmes

Posted: Tue Jan 03, 2012 8:10 am
by Gerhard
Jy moet maar leer om daai 30 06 vinnig te reload...

As jy nie die probleem met die 30 06 kan uitsort nie gaan n mes jou nie veel help nie... lol

As dit by slag ens kom is Buck my gunsteling met die harde staal word hy nie so vinnig stomp soos Kershaw nie.

Re: Die ideale jagmes

Posted: Tue Jan 03, 2012 8:23 am
by DWB
Dankie Baas Beretta!!!

Ek het die perfekte mes gehad jare terug as laaitie, toe het hulle op die plaas ingebreuk en onder andere my mes gevat en 'n gat in die plafon gesteek, en toe is hulle met hom weg!

My idee van die tipe mes wat in my gedagtes ronddwaal is lang dik lem, single cutting edge, en lekker stewige greep vir my groot kloue. Dink amper dis hoe die bowies van ouds was, ek weet nie

Re: Die ideale jagmes

Posted: Tue Jan 03, 2012 7:18 pm
by Dawid
Ek dink hierdie is n lekker biltong messie wat dalk kan werk vir die varkies... ;D

Re: Die ideale jagmes

Posted: Tue Jan 03, 2012 7:25 pm
by Gerhard
ha ha ha

Deon gaan hom dood dra aan daai padda slagter  :angel:

Re: Die ideale jagmes

Posted: Tue Jan 03, 2012 7:27 pm
by DWB
Oom Dawid, my skoonpa bly net oorkant julle daar in Qatar, sal hom vra om vir my een van daai arabierse daggers saambring ;D

Re: Die ideale jagmes

Posted: Tue Jan 03, 2012 7:53 pm
by Dawid
DWB,
Jou skoonpa dan n ARAB... :o....vra net  ;D

Nog enetjie wat daar van Pakistan af kom....

Re: Die ideale jagmes

Posted: Tue Jan 03, 2012 8:41 pm
by DWB
Nee hy is ook darem 'n afrikanerXrooinek

Hulle kom ook van hier maar nou kan ek ook darem gerus voel dat skoonpa meer we'll af is ;D

Re: Die ideale jagmes

Posted: Tue Jan 03, 2012 8:55 pm
by Dawid
Hulle kom ook van hier maar nou kan ek ook darem gerus voel dat skoonpa meer we'll af is

Hahaha ja jou skelm  :laugh: :laugh:

Hulle se mos as n man arm is is dit nie jou skuld nie maar as hy in n arm familie in trou is dit sy eie stupidgeit.

Re: Die ideale jagmes

Posted: Wed Jan 04, 2012 6:55 am
by Spanner
Daai vreeslike messe is meerdoelig.  As jy die lem so 300mm in die grond in slaan sal jy steeds kan staan en dooierus vat oor die hef gedeelte ...

Re: Die ideale jagmes

Posted: Wed Jan 04, 2012 7:25 am
by DWB
Oom Dawid,

'N man moet mos met 'n plan werk ;D

Re: Die ideale jagmes

Posted: Wed Jan 04, 2012 11:41 am
by FE
DWB,

Maak 'n skets van wat jy in gedagte het, en mail dit vir my! Sal kyk of ek nie vir jou een kan maak nie!! As jy wil, gebruik 12C27 stainless.

Re: Die ideale jagmes

Posted: Wed Jan 04, 2012 11:58 am
by Vlakvark
Fe
Sien jy is ook maar stil daar by die Lag spiere afdeling is jy bang

Plaas n paar fotos van jou messe dis mos mooi goed om te kyk

Re: Die ideale jagmes

Posted: Wed Jan 04, 2012 12:19 pm
by FE
Ja ;D, ek los nou maar boodskappe op julle grappe! Ek het so paar foto's. Hoop dit gaan nog goed daar in die vreemde?

Re: Die ideale jagmes

Posted: Fri Jan 06, 2012 9:41 am
by Heinds
Julle manne wat so praat van die cold steel messe.

Watse een sou julle se sal lekker werk vir jag as jy nou een kon kies? Ek sien daar is 'n groot versameling..

Re: Die ideale jagmes

Posted: Fri Jan 06, 2012 10:55 am
by DWB
Dankie FE

Ek sal bietjie sit en skrabbel!