Page 1 of 1

Trofee Karp met vliegstok

Posted: Mon Feb 22, 2021 8:02 pm
by Gerhard
Gister kaans gekry om weer te gaan karp soek, van Woensdag het ons darm bietjie sonskyn gehaad van einde Januarie af.

Die dam se vlakke het geklim met amper 2 meter en die denamika heeltemal verander.

Ons het besluit om te begin met die kano en dan later te stap.

Eerste dip op eerste vis en vas.

Daarna moes ek eers weer aan leader werk want dit was nie geskik vir 6ft plus diep dip nie.

Die boer se beeste het besluit is goeie tyd om te kom water drink en gras in die water vreet en al die karp terug gejaag diep water toe. Die weste wind het dit ook nie makliker gemaak nie.

Gelukkig gaan le die wind so 17:40 en ons maak gou laaste spin met die kano...

https://youtu.be/yuLJRMuBML0



Image
Image


Sent from my iPhone using Tapatalk

Re: Trofee Karp met vliegstok

Posted: Tue Feb 23, 2021 9:50 am
by alecjohnson
Wat 'n vangs! wil nog eendag karp op vlieg kry!

Re: Trofee Karp met vliegstok

Posted: Tue Feb 23, 2021 9:52 am
by Gerhard
Moeilikheid is as jy eers so n fight op die vlieg stok gehaad het is n baber die enigste ander spesie hier rond wat so lekker kan baklei.

Bass is lekker met poppers en sliders op die oppervlak en n mooi size kan lekker boks.

Ek het lank laas forel gaan vang agv die karps


Sent from my iPhone using Tapatalk

Re: Trofee Karp met vliegstok

Posted: Tue Feb 23, 2021 9:59 am
by Lategan1
Gerhard, pragtig. Dit moet vetpret wees.

Sy lyf dikte lyk soos ‘n Eland sin!

Dankie v deel.

Beste.

Re: Trofee Karp met vliegstok

Posted: Tue Feb 23, 2021 10:02 am
by Gerhard
Dankie,

Die laaste karp het ek nie video van geneem nie die battery was amper pap.

Hy soos die karp in die video n lekker skof op sy rug.


https://youtu.be/b_IStp3jkbk

As hy draai en jy sien daai skof kan jy maar weet is n 10kg plus karp.


Sent from my iPhone using Tapatalk

Re: Trofee Karp met vliegstok

Posted: Tue Feb 23, 2021 10:35 am
by Methos
Ek het gereeld in die Kaap gaan karp vang in lunchtyd. As jy eers begin karp vang het met die vliegstok dan verloor ander visse hulle aantrekkingskrag.

Ek het Sean Mills se dvd gekoop en hy het my gewys hoe om sy Carp Fitz te bind. Daai dingetjie loop soos stroop vir karp as jy hulle kan sien eet. Drop hom voor hom en laat hy homself haak. Baber is ook bleddie lekker om te vang. Ek het die eendag 'n 9kg baber gevang in lunchtyd - het my die bo-enste stuk van my flyrod gekos. Amper gehuil toe die ding breek.

My grootste karp was 11kg maar die outjies van so 4 na 5kg gee die beste sport.

Re: Trofee Karp met vliegstok

Posted: Tue Feb 23, 2021 10:42 am
by Gerhard
Dis n lekker manier om middag ete bietjie stoom te kan afblaas.