Page 1 of 1

303 EPPS - 190gr Kriek Bosvelder

Posted: Mon Mar 01, 2021 9:19 am
by Petrie303
Dagse,

Ek sukkel al jare om vir my P14 303 EPPS goeie "bosveld/bos" punte te kry en toe kom ek af op die KRIEK 190gr Bosvelder punte.

Met die friendelike hulp van "Kriek Bullets" en mede forum lede het ek n ladings gekry wat ek mee kan begin, en was ek aangenaam veras met die resultate!

Ek het besluit om van 3 skote elk van 43gr, 43.5gr, 44gr, 44.5gr, 45gr IMR 4320(Het 4 Blukke oor gehad) te laai en or my chronograaf te skiet. My beste resltate was met 43gr en 45gr...(Neem aan dit is waar die "nodes" is ;D

43gr Spoed
1- 2290ft/sec (Koue loop/my fout)
2 - 2290ft/sec
3- 2290ft/sec

45gr Spoed
1- 2393ft/sec
2- 2389ft/sec
3- 2398ft/sec

Sal vanjaar uitvind hoe hul sal presteer maar glo dit sal mooi werk!

Groete,
Petrie Jacobs

Re: 303 EPPS - 190gr Kriek Bosvelder

Posted: Mon Mar 01, 2021 9:42 am
by joe rocket
Ou Kriekie se koele skiet heeldag al dag.

Re: 303 EPPS - 190gr Kriek Bosvelder

Posted: Sun Jul 13, 2025 2:11 pm
by Petrie303
Dagse,

Na so paar jaar se baie lekker jag met die kriek punte in my P14 303 EPPS kon ek vir die eerste keer n punt terug kry uit n bok...

Re: 303 EPPS - 190gr Kriek Bosvelder

Posted: Sun Jul 13, 2025 7:28 pm
by tripodmvr
Het jy al die spoed opgejaag na 2500vps, of bly jy by die laer spoed?

Re: 303 EPPS - 190gr Kriek Bosvelder

Posted: Mon Jul 14, 2025 6:32 pm
by Petrie303
Hi,

Ek het nog nie die spoed opgejaag nie, . Ek weet ek sal moontlik met die EPPS en P14 aksie spoed kan kr tussen 2500 en 2600 maar die akuraatheid op die lading van 45gr IMR 4320 wat ek kry bly ek nou eers daar... Ek het al barnes 150tsx geskiet teen so 2850 as ek reg onthou maar het nie naby die doodmaak vermoe gehad van die kriek punte nie teen die spoed nie...

Ek het al n klomp bokke geskiet met die lading en kon nog nooit n koel herwin nie...tot nou...

Groete,
Petrie

Re: 303 EPPS - 190gr Kriek Bosvelder

Posted: Mon Jul 14, 2025 10:15 pm
by Armand Steenkamp
Petrie303 wrote: Mon Jul 14, 2025 6:32 pm Hi,

Ek het nog nie die spoed opgejaag nie, . Ek weet ek sal moontlik met die EPPS en P14 aksie spoed kan kr tussen 2500 en 2600 maar die akuraatheid op die lading van 45gr IMR 4320 wat ek kry bly ek nou eers daar... Ek het al barnes 150tsx geskiet teen so 2850 as ek reg onthou maar het nie naby die doodmaak vermoe gehad van die kriek punte nie teen die spoed nie...

Ek het al n klomp bokke geskiet met die lading en kon nog nooit n koel herwin nie...tot nou...

Groete,
Petrie
Baie intresante waarnemings. Ek het self nou n P14 303 gekry so ek sal graag ook doe koele wil traai vir die bos!