Page 1 of 1
Luserns verbouing
Posted: Mon Mar 08, 2021 9:59 pm
by makjak
Kan n mens lusern op lusern plant? Bedoelend; bestaande lusern/onkruid doodspuit, grond voorberei en dadelik weer lusern saai.
Re: Luserns verbouing
Posted: Tue Mar 09, 2021 6:32 am
by tripodmvr
1. Hoe lang aktiewe leeftyd het die onkruiddoder en sal dit nie die nuwe plante ook laat vrek nie?
2. Die ploeg en plant aksie sal sekerlik die meeste van die bestaande plantegroei verwyder?
Re: Luserns verbouing
Posted: Tue Mar 09, 2021 6:49 am
by knipmes
tripodmvr wrote: Tue Mar 09, 2021 6:32 am
1. Hoe lang aktiewe leeftyd het die onkruiddoder en sal dit nie die nuwe plante ook laat vrek nie?
2. Die ploeg en plant aksie sal sekerlik die meeste van die bestaande plantegroei verwyder?
Stem saam. Die koste van onkruid doder is nie die moeite werd nie.
Sny eers kort ploeg dan die land om en sny gelyk met skottel ploeg (Dis) Jy kan dan oor saai.
Re: Luserns verbouing
Posted: Tue Mar 09, 2021 7:42 am
by makjak
Baie dankie vir info.
Re: Luserns verbouing
Posted: Tue Mar 09, 2021 7:45 am
by Nico de Jager
Hoe lank was/is land onder lusern?
As dit 5-6 jaar is, kan jy nie dadelik weer lusern vestig nie. Moet eers wisselbou toepas.
Jy kan wel die onkruid tussen die lusern dood spuit
Re: Luserns verbouing
Posted: Tue Mar 09, 2021 9:00 am
by Frikkie Coetzee
Reel is dat jy plant nie lusern op lusern nie. Niks met spuit van gifstof te doen nie. Lusern sit basies stikstof in grond in en maak grond giftig vir homself. Plant eers nielies of hawer of iets anders as n peulgewas voor jy weer lusern plant
Re: Luserns verbouing
Posted: Tue Mar 09, 2021 9:01 am
by Capt. Yoda
Nielies klink soos die regte ding om daar te plant
Re: Luserns verbouing
Posted: Tue Mar 09, 2021 1:32 pm
by wlm
Saai hawer in April. Sny en baal dan pragtige hooi so teen Oktober/November. Gebruik die warm maande om die stoppels in te werk en te laat vergaan in die grond. Saai dan lusern begin Maart wanneer die somerhitte begin breek.
Re: Luserns verbouing
Posted: Tue Mar 09, 2021 3:51 pm
by Freddie101
Capt. Oblivious wrote: Tue Mar 09, 2021 9:01 am
Nielies klink soos die regte ding om daar te plant
Lank laas hier gelees.
kom skielik op die af... lekker lagbui my opgebeur! ja Nielies is die inding!.
Jammer... Stem saam met Frikkie... Lusern op lusern werk nie!
Re: Luserns verbouing
Posted: Tue Mar 09, 2021 8:53 pm
by Frikkie Coetzee
Het julle al spring nielies geeet? Amper so lekker soos mielies.