Page 1 of 1
Pie Gravy - JHB Stasie.
Posted: Tue Apr 13, 2021 7:05 pm
by Francoisv
Heerlik sous wat destyds saam pasteie (pie'n gravy) verkoop is by die Jhb-stasie. Ons het dit saam biefstuk en kapok-aartappels genuttig. Dis 'n wenner.
Halwe koppie bruin asyn.
2 koppies koue water.
Halwe koppie melk.
1 pakkie Bruin uiesop.
30 ml Worcestersous.
10ml Bisto.
10ml suiker.
METODE. Meng goed en bring tot kookpunt en bedien. Die sous is nou die keffie sous soos ons oumense dit ken. Probeer jy kan natuurlik altyd eksperimenteer niks fout met dit nie.
Resep geleen.
2 daughters. Plenty guns.
Re: PIE GRAVY - JHB Stasie.
Posted: Tue Apr 13, 2021 7:07 pm
by Eduard Venter
Dankie, ek sal hom probeer!
Sent from my Nokia C2 using Tapatalk
Re: PIE GRAVY - JHB Stasie.
Posted: Tue Apr 13, 2021 7:12 pm
by Killzone
Baie dankie vir die deel. Ek weet hierdie is 'n gesogde resep onder baie mense.
Wat het jy gedoen met sous wat oorgebly het Francois? As daar oorgebly het natuurlik

Re: PIE GRAVY - JHB Stasie.
Posted: Tue Apr 13, 2021 7:28 pm
by sako 30-06
Baie dankie, ek gaan dit verseker probeer.
Soek al lank na so resep.
Re: PIE GRAVY - JHB Stasie.
Posted: Tue Apr 13, 2021 8:23 pm
by tripodmvr
Laat my vêr terugdink. Ek het vir lank skool toe en terug bus gery. In die middae het die bus by die biblioteek gestop en daar was 'n bakkery naby. Die droë pasteie was 10c gewees en die met die lekker sous in was 12c. Aan baie van hulle gesmul.
Re: PIE GRAVY - JHB Stasie.
Posted: Tue Apr 13, 2021 8:54 pm
by Francoisv
Die wat oor gebly het bly die helfte in yskas en anderhelfte wil ek vries. Om te kyk. Dink die asyn sal preserveer, behoort maklik week of bietjie meer in yskas te hou. Het ook die melk by warm mengsel gegooi, koud meng sal melk laat skif, wat seker by nabetragting die idee is. Bietjie tekstuur.
2 daughters. Plenty guns.
Re: PIE GRAVY - JHB Stasie.
Posted: Tue Apr 13, 2021 9:57 pm
by Chevvy SS
Dit was 'n sous wat by al die groot Spoorwegstasies bedien was.
Re: PIE GRAVY - JHB Stasie.
Posted: Tue Apr 13, 2021 10:05 pm
by Capt. Yoda
Die ou klink vir my of hy nogals saam met n vark worsie en mash kan loop. Somer so bq ertjies ook daar by
Re: PIE GRAVY - JHB Stasie.
Posted: Wed Apr 14, 2021 9:28 am
by BenJacobs
Klink bitter lekker. Veral saam lekker mash.
Re: Pie Gravy - JHB Stasie.
Posted: Wed Apr 14, 2021 12:53 pm
by bush hat
Eish...baie dankie !
Barry