Page 1 of 1

Visvang Desember 2011

Posted: Tue Jan 10, 2012 12:28 pm
by Raven
Middag Manne,

Eerstens - voorspoedige nuwejaar vir almal, ek hoop almal is veilig terug.
Die visvang was maar redelik swak soos dit elke Desember maand is hier teen die Namibiese kus.

Ek en my broer kon darem slaag om die 2 mooies uit die water te kry.

Ek hoop Rooies sien die een  ;)

[img width=320 height=480]http://i929.photobucket.com/albums/ad13 ... enbras.jpg[/img]

Raves

Re: Visvang Desember 2011

Posted: Tue Jan 10, 2012 12:34 pm
by Geno
Jis Raves!
Goed om jou te sien hierso mater! Brad het ons op die BBM groep 'n foto of twee van julle kamp gestuur. Ai, hoe lus was ek nie vir daai nam kus nie....

Re: Visvang Desember 2011

Posted: Tue Jan 10, 2012 12:42 pm
by Vincehond
Dit is asof die visvang elke desember swakker raak lyk dit my by Henties.
Ons het net so swak gevang. Babers het weer natuurlik vir die 1ste span gebyt.
Daar het darem so hier en daar mooi vis uitgekom.

Geluk met die 2 mooi steenbras.

Re: Visvang Desember 2011

Posted: Tue Jan 10, 2012 1:15 pm
by Raven
Geno,

Ja daar was 'n paar lekka dae teen die see - die aapsap het lekker gevloei daai dag  ;D

Daai freezer suite is baie nice thx man.

Raves

Re: Visvang Desember 2011

Posted: Tue Jan 10, 2012 1:31 pm
by Rooies
WE LA KE PELA      MYNE IS TOG GROTER AS JOUNE !!!

Ek is bly jy is op jou pos daar langs die see ,en dat die gps ook aangeskakel bly om die nodige spots vas te le vir waneer ons
weer ontmoet.

Voorspoed vir die nuwe jaar vir jou en die gesin.

Waneer hoor ons dan van die DVD ????

GROETE
reds

Re: Visvang Desember 2011

Posted: Tue Jan 10, 2012 1:57 pm
by Raven
Reds,

Ons sal bietjie op Louis se knoppie moet druk vir daai DVD van St Nerens...  ;)

Raves

Re: Visvang Desember 2011

Posted: Sun Jan 15, 2012 10:16 am
by Biker
Lekker Raves
Voorspoed en bly jy onthou darem die AAPSAP.
Groete Biker

Re: Visvang Desember 2011

Posted: Sun Jan 15, 2012 4:57 pm
by theedge
Great - mooi gedoen