Page 1 of 1

Musgrave Magna Dryfkrag MS2

Posted: Tue Apr 27, 2021 9:02 am
by J le Roux
Ek het hierdie vol blik kruit by 'n vriend gekry en hoop om meer uit te vind daaroor.

Ek sien die fynskrif dui aan dit is deur Somchem vervaardig in 1979. Daaruit lei ek af dat die kruit herverpak en bemark is, en 'n ekwivalent van 'n bestaande Somchem kruit?

Die kruit is baie fyn, miskien iets soos MP200?

Laat weet gerus en gesels ook sommer oor Musgrave se ander planne, ek het bv. ook 'n paar Musgrave 30-06 patrone, met hul eie headstamps nogal.


Groete
Johan
20210427_084206_compress43.jpg
20210427_084221_compress94.jpg
Screenshot_20210427-085635_Gallery.jpg

Re: Musgrave Magna Dryfkrag MS2

Posted: Tue Apr 27, 2021 9:07 am
by J le Roux
20210427_084250_compress57.jpg

Re: Musgrave Magna Dryfkrag MS2

Posted: Tue Apr 27, 2021 10:31 am
by HeinM
Dit is maar basies dieselfde as MS200. Ek het 'n soortgelyke blik gehad van 1976, net MP2 en dit het perfek gewerk met MP200 data in my pistool.

Groetnis!

Re: Musgrave Magna Dryfkrag MS2

Posted: Tue Apr 27, 2021 1:01 pm
by swc-tr
Daardie jare (1970's) was Musgrave, Somchem, Swartklip (.22 en haelpatrone), LIW en PMP almal Krygkor filiale gewees. Musgrave was die kommersiele arm gewees, alle kommersiele produkte wat die ander Krygkor filiale vervaardig het, is deur Musgrave bemark en versprei. Dit het later verander, toe kon elke filiaal sy eie produkte bemark en versprei.

Die Musgrave patrone waarvan jy praat, is deur PMP vanaf Hirtenburg in Oostenryk ingevoer en getoets, maar deur Musgrave bemark en versprei.

Die MS2 in jou fotos is dieselfde as MS200, indien dit goed geberg was, kan jy dit met die huidige MS200 laai data gebruik, begin egter by die begin ladings.

Sent from my SM-A125F using Tapatalk



Re: Musgrave Magna Dryfkrag MS2

Posted: Wed Apr 28, 2021 6:16 pm
by HeinM
swc-tr wrote: Tue Apr 27, 2021 1:01 pm Daardie jare (1970's) was Musgrave, Somchem, Swartklip (.22 en haelpatrone), LIW en PMP almal Krygkor filiale gewees. Musgrave was die kommersiele arm gewees, alle kommersiele produkte wat die ander Krygkor filiale vervaardig het, is deur Musgrave bemark en versprei. Dit het later verander, toe kon elke filiaal sy eie produkte bemark en versprei.

Die Musgrave patrone waarvan jy praat, is deur PMP vanaf Hirtenburg in Oostenryk ingevoer en getoets, maar deur Musgrave bemark en versprei.

Die MS2 in jou fotos is dieselfde as MS200, indien dit goed geberg was, kan jy dit met die huidige MS200 laai data gebruik, begin egter by die begin ladings.

Sent from my SM-A125F using Tapatalk
Jammer vir die hijack ::)

Interessante inligting, dankie! Wat was Polaris se Musgrave konneksie? Ek het nog 'n paar van hierdie .22Lr patrone...

Mooi aand!

Re: Musgrave Magna Dryfkrag MS2

Posted: Wed Apr 28, 2021 7:38 pm
by swc-tr
Polaris niks met Musgrave te doen nie.

Swartklip het n Europese bestelling gehad vir .22 Std snelheid ammo, met Polaris as die "brand name". Die bestelling is later opgeskort, oorblywende ammo toe in RSA verkoop, met brand name, verpakking en al.

Sent from my SM-A125F using Tapatalk