Page 1 of 1

Oliefilter as knaldemper??

Posted: Fri Jun 04, 2021 5:54 pm
by Ds J
Goeienaand Jaracal,

Sommer net vir interessantheid:

Ek het al gehoor , en video's gesien, dat n mens n voertuig se oliefilter as knaldemper vir n .22 geweer kan gebruik.

Weet iemand meer daarvan?

Kan dit vir n swaarder kaliber ook werk?

Re: Oliefilter as knaldemper??

Posted: Fri Jun 04, 2021 7:51 pm
by Heinz Petersen
Daar is n hele paar op you tube. Skiet sommer die eerste gat in die filter

Re: Oliefilter as knaldemper??

Posted: Sun Jun 06, 2021 7:33 pm
by Alwin
Mens benodig 'n "adaptor" wat die filter op die loop monteer en die filter se oop kant toemaak.

Hierdie plan is eintlik bedoel vir plekke waar knaldempers verbied of streng gereguleer is. Gebruik 'n oliefilter en gooi weg na die tyd...

Die nadeel van die filters is dat hulle binnegoed papier bevat. Dit hou nie lank nie. As jy hom op 'n senterslag wapen gebruik, gaan hy nie baie skote vat voor hy brand nie.

Kry liewers die regte item en verkieslik ene wat skoongemaak kan word vir 'n .22.

Re: Oliefilter as knaldemper??

Posted: Sun Jun 06, 2021 10:17 pm
by Ds J
Naand Alwin, baie dankie. Ek het nooit aan die papier gedink nie - dit is hoogstens n baie swak patent.

Re: Oliefilter as knaldemper??

Posted: Mon Jun 07, 2021 7:35 pm
by Alwin
Ds J wrote: Sun Jun 06, 2021 10:17 pm Naand Alwin, baie dankie. Ek het nooit aan die papier gedink nie - dit is hoogstens n baie swak patent.
Mag dalk 'n swak demper wees, maar as 'n demper "verboten" is, dan is dit 'n sinvolle alternatief.

As ek die nuwe wapenwetwysigingsvoorstel reg gelees het, dan het hulle heeltemal afgesien van hulle (2015) planne om dempers te reguleer. Die oliefilter-patent is waarskynlik een van die hoof redes. Net vir die doel is hy dus uiters doeltreffend... ++>:

Re: Oliefilter as knaldemper??

Posted: Mon Jun 07, 2021 7:43 pm
by edwill
Saw this at the range the other day. It actually worked quite well.
Screenshot_20210607-194232_WhatsApp.jpg
Sent from my SM-G970F using Tapatalk