Page 1 of 1

Schultz & Larsen gewere

Posted: Wed Jul 07, 2021 8:13 pm
by vlakhaas1975
Goeie naand

Ek is nuut op die groep en verneem graag of enigiemand Schultz & Larsen gewere te koop het, of dalk weet van iemand wat wil verkoop.

Groete

Johan

Re: Schultz & Larsen gewere

Posted: Wed Jul 07, 2021 8:25 pm
by tripodmvr
Welkom hier by ons. Hieronder is 'n skakel waar die' gewere bespreek is.

viewtopic.php?f=72&t=77068&p=808829&hil ... lz#p808829

Re: Schultz & Larsen gewere

Posted: Wed Jul 07, 2021 8:38 pm
by Lategan1
Impala Arms, Bloemfontein. Kontakpersoon is of was Klaas.

Beste.

Re: Schultz & Larsen gewere

Posted: Wed Jul 07, 2021 9:51 pm
by vlakhaas1975
tripodmvr wrote: Wed Jul 07, 2021 8:25 pm Welkom hier by ons. Hieronder is 'n skakel waar die' gewere bespreek is.

viewtopic.php?f=72&t=77068&p=808829&hil ... lz#p808829
Dankie, ek sal dit definitief lees.

Re: Schultz & Larsen gewere

Posted: Wed Jul 07, 2021 10:14 pm
by Wielie Waps
@ Lategan1 - Impala arms bestaan lankal nie meer nie.
Daai man het lelike moetie goete in sy vrieskas aangehou. Kom ons sê maar net "the man on the boat was taken out by a knife"........

Re: Schultz & Larsen gewere

Posted: Wed Jul 07, 2021 10:25 pm
by Lategan1
😂😂

Nie geweet nie, Kapenaar. Het naam en nommer van vorige onderhandeling gehad. Gekyk na ‘n 6.5x55mm in die winkel, beslis nie na moetie voorraad in sy vrieskas nie!!

Ek sien toevallig 30.06 op Guntree, kan nie sien of al verkoop nie @ R14000.00.

Dankie.

Beste.

Re: Schultz & Larsen gewere

Posted: Thu Jul 08, 2021 7:57 am
by Blitzzz
Op Guntree.co.za Lategan? Daai website is mos lank al tot nuut. Is dit nie Gun Africa nie?


Sent from my iPhone using Tapatalk Pro

Re: Schultz & Larsen gewere

Posted: Thu Jul 08, 2021 7:59 am
by Capt. Yoda
Lategan, refresh bq daai balckberry van jou se browser

Re: Schultz & Larsen gewere

Posted: Thu Jul 08, 2021 8:27 am
by Lategan1
@Blitzz, jy roer lekker! Ek is bewus, guntree bring my steeds daar uit! Bl.1. Moet bysê, en lees nie einlik daar nie. Ek glo in Jaracal. ++>:

@Oblivious, net so :laugh: Ek hou nie van verandering as dit nie ‘n verbetering is nie :police:

Ten minste is ons groot karakter agter tralies.

Beste.

Re: Schultz & Larsen gewere

Posted: Thu Jul 08, 2021 9:55 am
by HeinM
vlakhaas1975 wrote: Wed Jul 07, 2021 8:13 pm Goeie naand

Ek is nuut op die groep en verneem graag of enigiemand Schultz & Larsen gewere te koop het, of dalk weet van iemand wat wil verkoop.

Groete

Johan
Johann Bezuidenhout hier in Tulbagh het 'n klomp S&L gewere. Die versameling was sy pa sin. Oom CP. Die oom het nogal 'n boek geskryf oor die gewere - en hy het vir my een gegee, destyds. Jy kan met Johann gesels - dalk sit hy jou op 'n spoor.
https://www.southafricanlawyer.co.za/la ... r/tulbagh/

Ek sou wel seker maak dat die S&L wat jy koop voorste sluitnokke het en nie agter nie... ::)

Mooi dag daar!

Re: Schultz & Larsen gewere

Posted: Thu Jul 08, 2021 10:25 am
by BenJacobs
Goeie môre. Ons het een te koop hier by ons geweer winkel op die dorp. Bitter mooi wapen!

Dit is 'n 7x61 sharpe & hart.
Hy kom met 200 doppe en 160 rondtes. Bair mooi opgepas. Die oom soek R20 000 vir hom.
Laat weet gerus of ek moet fotos aanstuur.
Groete Ben

Re: Schultz & Larsen gewere

Posted: Thu Jul 08, 2021 10:39 am
by Diesel Dog
.270 Schultz & Larsen het jagmaat in n gestig laat beland! Van hy Howa 6.5x55 skiet laat hulle hom naweke en saans uit. :laugh: :laugh:

DD

Re: Schultz & Larsen gewere

Posted: Thu Jul 08, 2021 12:13 pm
by ruaanb
BenJacobs wrote:Goeie môre. Ons het een te koop hier by ons geweer winkel op die dorp. Bitter mooi wapen!

Dit is 'n 7x61 sharpe & hart.
Hy kom met 200 doppe en 160 rondtes. Bair mooi opgepas. Die oom soek R20 000 vir hom.
Laat weet gerus of ek moet fotos aanstuur.
Groete Ben
Daai is n lekker kaliber. Juis eendag met Johan sin daar by ons vriend Tau in Tulbach geskiet.

Re: Schultz & Larsen gewere

Posted: Thu Jul 08, 2021 12:55 pm
by HeinM
ruaanb wrote: Thu Jul 08, 2021 12:13 pm
BenJacobs wrote:Goeie môre. Ons het een te koop hier by ons geweer winkel op die dorp. Bitter mooi wapen!

Dit is 'n 7x61 sharpe & hart.
Hy kom met 200 doppe en 160 rondtes. Bair mooi opgepas. Die oom soek R20 000 vir hom.
Laat weet gerus of ek moet fotos aanstuur.
Groete Ben
Daai is n lekker kaliber. Juis eendag met Johan sin daar by ons vriend Tau in Tulbach geskiet.
Jip. Baie oemf daar ;) Hy is net 'n moerskont om voor te herlaai. Die 7x61S&H se kamers verskil blykbaar ietwat (by die skouer gedeelte) en die fabrieksmatryse smaak nie daai nie.. My ou pel Alf het altyd Johann se patrone herlaai en ek was menigte middag by wat hy sit en frons het...

Re: Schultz & Larsen gewere

Posted: Thu Jul 08, 2021 6:29 pm
by vlakhaas1975
BenJacobs wrote: Thu Jul 08, 2021 10:25 am Goeie môre. Ons het een te koop hier by ons geweer winkel op die dorp. Bitter mooi wapen!

Dit is 'n 7x61 sharpe & hart.
Hy kom met 200 doppe en 160 rondtes. Bair mooi opgepas. Die oom soek R20 000 vir hom.
Laat weet gerus of ek moet fotos aanstuur.
Groete Ben
Naand Ben

Ek sal dit waardeer indien jy fotos en besonderhede kan aanstuur. Die spesifieke model is nogal vir my belangrik.

O ja, manne ek is Johan, oom Coen se seun. :) Lekker aand.

Re: Schultz & Larsen gewere

Posted: Thu Jul 08, 2021 8:36 pm
by ruaanb
Welkom hier tyd dat ons weer gaan lood gooi