Page 1 of 1

Pers hyser!

Posted: Tue Jul 20, 2021 1:57 pm
by Gawie(13mm)
"Press-lift" klink soos iets wat die Recce's tydens opleiding moes doen of wat sommige ouens moet doen om daai 48 duim boep in 'n 38 broek in te kry!Image

Met die bou van my nuwe herlaai kas was een van die vereistes dat die kas skuifdeure moet hê en dat alles binne-in moet pas. Ek was nie lus om elke keer die pers vas te bout en weer af te haal nie. Ek het na een van daai katoeters gekyk wat soos 'n watertenk stillasie lyk, maar hy sou te veel plek vat op my werksblad.

'n Kliënt vra my om 'n hyser vir haar menger in 'n kombuiskas te installeer en dadelik sien ek dus net die ding vir Sannie.Image

Bietjie meet, saag, swys, pas en siedaar:

https://youtube.com/shorts/EeIXK9rdqQA?feature=share
ImageImageImage

Re: Pers hyser!

Posted: Tue Jul 20, 2021 2:14 pm
by Apie
Netjies!!


Sent from my iPhone using Tapatalk

Re: Pers hyser!

Posted: Tue Jul 20, 2021 3:16 pm
by Willie
Gaw(i)e plan daardie ;D

Re: Pers hyser!

Posted: Tue Jul 20, 2021 3:27 pm
by Ds J
Jaloers!

Re: Pers hyser!

Posted: Tue Jul 20, 2021 4:14 pm
by Leon Crous
Nat netjies Gawie!
Lekker as mens praktiese aanleg het.
Hoe sterk is hy... gaan hy die vrag vat as 'n man effe force?

Re: Pers hyser!

Posted: Tue Jul 20, 2021 4:25 pm
by Gawie(13mm)
Leon Crous wrote: Tue Jul 20, 2021 4:14 pm Nat netjies Gawie!
Lekker as mens praktiese aanleg het.
Hoe sterk is hy... gaan hy die vrag vat as 'n man effe force?
Ek gaan 'n matrys buig, voor hy daai hyser beskadig.😂

Ek het juis die horisontale staaf aangebring om die hyser in sy boonste posisie te hou. Dit werk dus soos die vlag veiligheids knip op die Mausers. Maak nie saak hoe hard jy probeer nie, die skoot gaan nie loop nie.🤣

Re: Pers hyser!

Posted: Tue Jul 20, 2021 4:43 pm
by wlm
Ek sien net 'n groen hyser. Jy praat van pers.

Re: Pers hyser!

Posted: Tue Jul 20, 2021 5:24 pm
by Gawie(13mm)
wlm wrote: Tue Jul 20, 2021 4:43 pm Ek sien net 'n groen hyser. Jy praat van pers.
Dus 'n "kort" e!

Re: Pers hyser!

Posted: Tue Jul 20, 2021 5:59 pm
by Kaalvoetthysie
Dis nou n blink plan!


Sent from my iPhone using Tapatalk

Re: Pers hyser!

Posted: Tue Jul 20, 2021 7:16 pm
by Malan123
Hoeveel kos hulle :o :o

Well done. Ek is juis besig om my kluis oor te doen...

Re: Pers hyser!

Posted: Tue Jul 20, 2021 8:39 pm
by Gian_dP
Baie goeie plan Gawie! Welgedaan

Sent from my SM-G973F using Tapatalk


Re: Pers hyser!

Posted: Wed Jul 21, 2021 2:28 pm
by Heinz Petersen
Netjies Gawie.
Net die ding vir Sannie

Re: Pers hyser!

Posted: Thu Jul 22, 2021 3:07 pm
by Shaunsteyn
Baie netjies Gawie!

Re: Pers hyser!

Posted: Thu Jul 22, 2021 4:57 pm
by Koos Barnard
Die korrekte spelling is pershyser - dan is die e kort en die hyser nie pers nie ;D ;D ;D ;D ;D ;D ;D . Sorry Gawie

Re: Pers hyser!

Posted: Thu Jul 22, 2021 5:26 pm
by Choppie
En hier dink ek dit gaan oor 'n pers hysbak ;D . Welgedaan Gawie dit is 'n briljante oplossing!

Re: Pers hyser!

Posted: Thu Jul 22, 2021 7:23 pm
by Gawie(13mm)
Koos Barnard wrote: Thu Jul 22, 2021 4:57 pm Die korrekte spelling is pershyser - dan is die e kort en die hyser nie pers nie ;D ;D ;D ;D ;D ;D ;D . Sorry Gawie
Koos, daai opskrif is wat die kinders "click-bait" noem. :laugh:
"Lokaas" vir die fynproewers.