Page 1 of 1
Nosler RDF
Posted: Tue Jul 20, 2021 2:52 pm
by Lapua
Dagsê Jarakallers,
Kan ek bietjie eerlikke opinies kry van die van julle wat ondervinding het met die koele. Ek lees baie gemengde resultate van hulle op die Net. Ek vra want ek kan n paar bokse 140gr 6.5 kalieber kry vir n goeie prys, maar ek wil nie dit koop en dan sukkel om hulle te laat groep of iets nie.
Dankie,
Lapua
Re: Nosler RDF
Posted: Wed Jul 21, 2021 7:56 am
by Andre308
More,
Ek het seker so 500+ van hulle uitgeskiet net toe hulle beskilbaar geword het in Suid Afrika. Dit was in n Howa Creedmoor gewees.
Hulle het goed gegroep in my geweer en ek hulle gebruik om die XSSSA kompetisies te skiet hier in Ceres. Ek het wel die random flyers gekry waarvan baie mense praat, maar dit het nie n groot impak op my tipe skiet gemaak nie. Met my geweer het dit bv. n groep van 5 skote wat 0.8moa meet met die flyer ingesluit en n groep van 0.4moa as ek die flyer uitsluit.
Ek het later oorgeskakel na die 147gr eld m koele vir die beter BC en daar was maar altyd n mate van twyfel by my oor die RDF se vermoë om n goed op te blaas met kop skote op wild. Ek kan wel sê dat die ELD koele vir my baie beter werk.
Groete
Andre
Re: Nosler RDF
Posted: Thu Jul 22, 2021 8:57 am
by J.A.N
Ek gebruik die 175gr in my 308. Vir hoe goed ek kan skiet kon nie ñ noemenswaardige verskil sien tussen die RDF en Scenars wat ek eers gebruik het nie. Ñ Vriend van my sê die naam sê alles. Random Dam Flyers.
Re: Nosler RDF
Posted: Thu Jul 22, 2021 11:03 am
by Lapua
Dankie manne,
Ek gaan dan maar eerder verby hou.
Re: Nosler RDF
Posted: Thu Jul 22, 2021 2:35 pm
by Maroelas
J.A.N wrote: Thu Jul 22, 2021 8:57 am
Ek gebruik die 175gr in my 308. Vir hoe goed ek kan skiet kon nie ñ noemenswaardige verskil sien tussen die RDF en Scenars wat ek eers gebruik het nie. Ñ Vriend van my sê die naam sê alles. Random Dam Flyers.
Sal interessant wees om met die nuwe AMP press te sien of mens kan identifiseer watter rondte die flyers is.
Re: Nosler RDF
Posted: Thu Jul 22, 2021 3:00 pm
by toelie
Ek het 2500 RDF'S al uit geskiet tussen die 223 en 6mm's en het nog niks flyers oor my pad gekom nie, het al baie wild met hulle geskiet, reageer elke keer anders op n kop skoot.
Baie keer pencil hy met x2 klein gaaitjies aan elke kant en ander keer moker hy helfte van die kop af en uit mekaar.
Maat van my skiet hulle ook en laas maand in ons vrystaat trippie het hy redelik baie blad geskiet tot en met gemsbok skote en vleis skade was minimaal. Nie sommer deur gegaan aan die ander kant nie.
Re: Nosler RDF
Posted: Thu Jul 22, 2021 5:43 pm
by Apie
In my 308 12 Twist skiet die 175gr Rdf’s kookwater!
Sent from my iPhone using Tapatalk
Re: Nosler RDF
Posted: Thu Jul 22, 2021 6:56 pm
by joe rocket
105gr loop mooi in my Ackley nog nie met hulle gesukkel nie. Geen flyers nie.
Re: Nosler RDF
Posted: Thu Jul 22, 2021 10:29 pm
by Andre308
joe rocket wrote: Thu Jul 22, 2021 6:56 pm
105gr loop mooi in my Ackley nog nie met hulle gesukkel nie. Geen flyers nie.
Ek moet dit by sê. Ek het nog net goeie goed gehoor van die 6mm 105gr RDF koele. Klink nie of hulle die flyers gooi nie.
Re: Nosler RDF
Posted: Sat Jul 24, 2021 4:26 pm
by Alwin
Onthou net, elke geweer het sy eie voorkeure. Party hou net nie van 'n sekere koeël nie, terwyl die volgende ene dieselfde koeël verkies. Dit tel vir alle fabrikate.