Page 1 of 1
FORREST bore cleaning foam??
Posted: Wed Dec 16, 2009 11:32 am
by Dawie
Hallo Julle
Het julle al van die skuimpies gebruik om loop skoon te maak indien wel wat's die "verdict"?
Ek gebruik dit elke 2 de keer as ek skoonmaak, die ander kere borepaste en dan weer ander keer die shooters choise copper remover.
Net so vir interesantheid gebruik ek nooit 'n borsel in kruppeltjie nie, het by benchrestskiet vriend gehoor hy gebruik nooit 'n borsel nie, toe ook so gemaak.
Hoor graag, dis darem baie minder moeite as om so pomp met die stokkie.
Cheers
Dawie
Re: FORREST bore cleaning foam??
Posted: Wed Dec 16, 2009 12:03 pm
by tafjak
Dawie
het by benchrestskiet vriend gehoor hy gebruik nooit 'n borsel nie, toe ook so gemaak.
Ek gebruik net nylon borsel. Het die brenchrest man ges? watter tipe borsel?
Re: FORREST bore cleaning foam??
Posted: Wed Dec 16, 2009 1:27 pm
by Dawie
Taffie
Kannie lekker onthou nie. Maar dis seker die koper/brass waarvan hy gepraat het, die nylon outjie is seker sag genoeg.
Het al gehoor mens moet wegbly van daai staal borseltjies. Het jy al die Forrest skuimpie getraai?
D
Re: FORREST bore cleaning foam??
Posted: Wed Dec 16, 2009 1:30 pm
by tafjak
Dawie
Het jy al die Forrest skuimpie getraai?
... nee, maar as die kans hom voordoen, hoekom nie.
Re: FORREST bore cleaning foam??
Posted: Wed Dec 16, 2009 4:33 pm
by Hein M.
Hi Dawie!
Ek gebruik Hoppe's. Hendrik van Safari&Outdoor het onlangs 'n puik artikel oor die skoonmaak van gewere - maar veral die binnekant van die loop, geskryf. Hierdie artikel kan maar in enige geweerbybel staan

Ek gee die link.
http://www.safariandoutdoor.co.za/skoonmaak-geweer-hendrik-rensburg-a-5.html
Ek self het nog nie Forrest gebruik nie.
Groete!
Hein M
Re: FORREST bore cleaning foam??
Posted: Thu Dec 17, 2009 8:16 pm
by 222
M98, sal nooit weer iets anders gebruik nie
Re: FORREST bore cleaning foam??
Posted: Fri Dec 18, 2009 1:33 pm
by Louis Kriel
Loop baie vuil JB bore paste. Loop liggies vuil Iosso bore paste. JB bore paste hou 6 jaar. Oom Chris Van Niekerk (SA Benchrest skut) gebruik net dit. Hulle ken van!
Re: FORREST bore cleaning foam??
Posted: Fri Dec 18, 2009 1:38 pm
by theterminator
AS JY NET JB GEBRUIK POLISH JY NET DIE KOPERAANPAKSEL IN DIE LOOP, JY MOET EERS 'N COPERSOLVENT GEBRUIK. OM DIT TE TOETS MAAK WEER JOU LOOP SKOON MET JB, GEBRUIK DAN SWEETS OF M98 EN KYK HOE LYK DIE LAPPIES WAT UIT DIE LOOP KOM
LYK MY CHRIS HET JOU NIE ALLES OOR JB VERTEL NIE
Re: FORREST bore cleaning foam??
Posted: Fri Dec 18, 2009 8:59 pm
by Spanner
Ek het al die jare Hoppe's 9 gebruik - ook omdat so verskriklik lekker ruik.
Ek is gek oor die goed se reuk, en sal dit as deodorant gebruik as my vrou my net wil toelaat... Anyway, nadat ek Gerard se GS Custom punte begin gebruik het, het 'n vriend voorgestel ek probeer M98. Ek het M98 gebruik op die .30-06 wat ek so pas reeds "skoon" gemaak het met Hoppe's, en was verbaas oor die ekstra hoeveelheid fouling wat dit uit die loop gehaal het. Die goed is fantasties, ek sal nog steeds Hoppe's agter my ore smeer vir die reuk, maar M98 is al wat ek nou gebruik vir koper/brass aanpaksels in die lope.
Hoe ruik die Forrester skuimpies, kan 'n ou daarin bad ?
Re: FORREST bore cleaning foam??
Posted: Fri Dec 18, 2009 10:38 pm
by Hein M.
Spanner,
My vrou was vir 'n week kwaad oor daai nr. 9 se reuk in die sitkamer

- om van die kolle nie te praat nie. As jy so gek daarna is, was jy beslis te lank in die Bos destyds

As daai goed te lank op my hande is dan word ek bewerig van die gif daarin, so moenie dit agter die ore smeer nie...
Ek moet toegee. nr.9 is meer manlik as die slanggif wat die laventelhane deesdae aansmeer.
Groete
Hein M
Re: FORREST bore cleaning foam??
Posted: Mon Dec 21, 2009 11:12 pm
by Francois Marais
Dawie
Ek het al daarvan gebruik, werk heel goed, is vir my net n bietjie duur vir die hoeveelheid skoonmake wat jy uit n botteltjie kry.
My 2c
Mooi loop
Francois
Re: FORREST bore cleaning foam??
Posted: Tue Dec 22, 2009 8:18 pm
by Hein M.
Spanner,
Ek het destyds heerlike ure op Stellenbosch se skietbaan spandeer met my 9mm en .357Mag. Hoppe's 9 het my altyd gehelp om daai ton lood uit die Colt rewolwer se loop te kry. Daai deurskynende medisynebottel met die wit label. Sal dit altyd onthou. En die reuk ook
Groete!
Hein M.
Re: FORREST bore cleaning foam??
Posted: Fri Jan 08, 2010 11:10 am
by Louis Kriel
theterminator wrote:
AS JY NET JB GEBRUIK POLISH JY NET DIE KOPERAANPAKSEL IN DIE LOOP, JY MOET EERS 'N COPERSOLVENT GEBRUIK. OM DIT TE TOETS MAAK WEER JOU LOOP SKOON MET JB, GEBRUIK DAN SWEETS OF M98 EN KYK HOE LYK DIE LAPPIES WAT UIT DIE LOOP KOM
LYK MY CHRIS HET JOU NIE ALLES OOR JB VERTEL NIE
Nee nou praat jy nonsens. Dis hoekom ek so baie van JB of Iosso hou. Beide haal ook koper uit jou loop. Jy kan maar jou M98 lappie deur my loop kom stoot, hy's sal nie eers amper 'n blou skynsel h?!
Om jou net gou die doodskoot te gee haal ek aan:
"Cuts Through Toughest Bullet Jacket & Powder Fouling - Can't-Run Paste Formulation - Cushioned Abrasive Action Leaves Bores Sparkling - Won't "Eat" Stock Finishes
The original, time-proven formula developed by Jim Brobst and produced under exclusive license. J-B has been getting burned-on, caked-in powder residue and copper jacket fouling out of gun barrels since the 1960?s, and hasn?t damaged an inch of rifling yet. Today, J-B once again proves itself a champion by the way it easily cleans the dirtiest, moly-fouled barrels. "
Re: FORREST bore cleaning foam??
Posted: Fri Jan 08, 2010 11:58 am
by RIEMPIES
Dirty old al gehoor van Bobby Hart as ek sien hoe jy glo aan net jb lyk dit nie vir my so nie.
Re: FORREST bore cleaning foam??
Posted: Fri Jan 08, 2010 12:02 pm
by DSBW
Yep, ek stem saam. Ek gebruik slegs JB paste, meesal na 'n dag se skiet wat beteken 100 tot 125 skote. Ek gebruik 'n "borescope", en het al verskeie middels probeer, die met ammoniak en die sonder, as ek moet gaan op wat ek sien deur my "borescope" kom daar eenvoudig niks naby JB paste nie.
Dis wel harder werk, veral as jy baie geskiet het, maar die meeste ander middels is nie naby so effektief nie.
Dawie
Re: FORREST bore cleaning foam??
Posted: Fri Jan 08, 2010 12:07 pm
by RIEMPIES
Fox Driver julle maak te veel geweer skoon ek skiet so 1000 skote dan maak ek vir eerste keer geweer skoon dan skiet hy no steeds snyers op 300m en as ek klaar skoon gemaak het skiet hy dit nog steeds!!!
p.s. Ek gebruik geen jb nie
Re: FORREST bore cleaning foam??
Posted: Fri Jan 08, 2010 12:11 pm
by DSBW
Riempies
Wat ookal jou resep is wat vir jou werk, dis die regte een vir jou. solank 'n ou die ding kry wat vir jou werk!
Groete
Re: FORREST bore cleaning foam??
Posted: Fri Jan 08, 2010 4:00 pm
by theterminator
OUENS
EK WIL NIE STRY OOR HOE JY JOU LOOP SKOONMAAK NIE, AS EK ALLES GLO WAT MANNE WAT PRODUKTE VERKOOP EN WAT OP HOUERTJIES STAAN, MOET EK GLO DAT DIE HEMEL PINK IS.
JB IS 'N ABRASIVE EN TE VEEL GEBRUIK DAARVAN GAAN JOU LOOPLEWE VERKORT OF DIT GAAN JOU LANDS ONNODIG WEGPOLISH. RIEMPIES HET VAN BOBBY HART GESKRYF, HY HOU OF HET GEHOU, ETLIKE WERELDREKORDS IN BENCHREST SKIET, HULLE VERVAARDIG OOK DIE BEKENDE HART-LOPE IN AMERIKA, ONS HET BY HOM GELEER VAN SKOONMAAK EN DIT IS DIE VOLGENDE:
BORSELTJIE MET SHOOTERS CHOICE OM DIE GROTER PARTIKELS KOPER EN ANDER AANPAKSELS UIT TE KRY, DAN KOM DIE LAPPIES MET SHOOTER CHOICE OF SWEETS OF WATOOKAL JY GEBRUIK, AS DIE LOOP SKOON IS DAN KOM JB AAN DIE BEURT.
JOU LAPPIES KOM ELKE KEER SWART UIT (EN DIE LOOP IS WARM) MET JB AL IS DAAR NIE MEER KOPER IN DIE LOOP NIE, WAT IS DIE SWART?? DIT IS JOU LOOP WAT DAAR OP DIE LAPPIE SIT. EK VERKIES OM MY LOOP SELF UIT TE SKIET EN EK HET AL 'N PAAR UITGESKIET
DAAR KOM BAIE MANNE BY MY WAT KNALDEMPERS KOM KOOP EN DIT DAN OP BESTAANDE GESNYDE LOPE(SKROEFDRAAD) SIT, DIT GAAN PARTYKEER BAIE STYF OP, DAN SMEER EK DIE SKROEFDRAAD JB EN DRAAI DIE KD DIEPER EN DIEPER TOT DIE HELE SKROEFDRAAD GEDOEN IS. DIE TWEE METALE WORD WARM SOOS WAT DIT SAAM MET DIE JB TEEN MEKAAR WERK, AGTERNA SKROEF DIE KD SOOS 'N DROOM OP DIE LOOP WAT NET 'N RUKKIE TERUG NIE WOU OPGAAN NIE, PROBEER DIT SONDER JB DOEN EN KYK HOE LANK VAT DIT - TOMCAT WAS VANOGGEND BY MY EN HY KAN JOU VERTEL HOE VINNIG JB WERK VIR STYWE SKROEFDRAAD
JY KAN VERSEKER JOU LANDS BESKADIG MET JB
IN AMERIKA KAN JY 'N ORDENTLIKE LOOP KOOP VIR MIN GELD EN DADELIK OP JOU GEWEER SIT, SA IS EGTER 'N HEEL ANDER STORIE. DOEN GERUS JOU DING SOOS JY WIL MAAR MOENIE DIT OORVERTEL AS DIE ULTEMATE IN SKOONMAAK NIE` DAAR GAAN MEER OUENS HULLE GEWEERLOPE BESKADIG AS WAT DIT SKOON GAAN KRY
Re: FORREST bore cleaning foam??
Posted: Fri Jan 08, 2010 6:20 pm
by DSBW
Terminator
Jy is reg, elke man moet maak soos hy goed dink, of dan geleer het, of wat ookal die geval is. Ek dink baie van ons het maar geleer by die groot skuts van die verlede, ek het ook, soos ek voorheen ges? het, solank 'n ou 'n ding kry wat vir jou werk.
Re: FORREST bore cleaning foam??
Posted: Fri Jan 08, 2010 7:07 pm
by DSBW
Die punt wat ek wou maak het my ontgaan met my vorige repliek. Ek dink dit is altyd goed om te lees wat die ouens se opinie is wat die lope maak, hulle het uiteraard die meeste kennis van die metalurgie re die spesifieke staal wat hulle gebruik, en hulle maak gewoonlik aanbevelings oor skoonmaak ens.
Ek skiet graag Krieger Lope, net omdat ek ondervind hulle uitstekend is en baie lank hou. Diegene wat belangstel kan gerus gaan lees wat Krieger se advies is rondom skoonmaak middels (onder die hofie "Barrel Break-in" asook "FAQ"), meer spesifiek die "abrasive" tipe skoonmaak middel.
Dawie
Re: FORREST bore cleaning foam??
Posted: Thu Feb 18, 2010 4:22 pm
by Louis Kriel
Oor JB: Die feit dat ek JB gebruik en dit vir my werk, is omdat ek BAIE versigtig daarmee te werk gaan. Mens moet onthou dis 'n abraisive en haal ALLES uit jou loop, ook die koper. Indien jy jou loop soos 'n Filistyn gaan skoonmaak gaan jy verseker jou 30-06 loop in 'n 338-06 omskep. My vriend wat al jare JB saam met my gebruik, glo glad nie meer daarin nie en gebruik Boretech Eliminator. (
http://www.boretech.com/products/eliminator.shtml)
Re: FORREST bore cleaning foam??
Posted: Mon Feb 22, 2010 12:46 pm
by theterminator
AS JY NET JB GEBRUIK POLISH JY NET DIE KOPERAANPAKSEL IN DIE LOOP, JY MOET EERS 'N COPERSOLVENT GEBRUIK. OM DIT TE TOETS MAAK WEER JOU LOOP SKOON MET JB, GEBRUIK DAN SWEETS OF M98 EN KYK HOE LYK DIE LAPPIES WAT UIT DIE LOOP KOM
LYK MY CHRIS HET JOU NIE ALLES OOR JB VERTEL NIE
Nee nou praat jy nonsens. Dis hoekom ek so baie van JB of Iosso hou. Beide haal ook koper uit jou loop. Jy kan maar jou M98 lappie deur my loop kom stoot, hy's sal nie eers amper 'n blou skynsel h?!
Om jou net gou die doodskoot te gee haal ek aan:
"Cuts Through Toughest Bullet Jacket & Powder Fouling - Can't-Run Paste Formulation - Cushioned Abrasive Action Leaves Bores Sparkling - Won't "Eat" Stock Finishes
The original, time-proven formula developed by Jim Brobst and produced under exclusive license. J-B has been getting burned-on, caked-in powder residue and copper jacket fouling out of gun barrels since the 1960?s, and hasn?t damaged an inch of rifling yet. Today, J-B once again proves itself a champion by the way it easily cleans the dirtiest, moly-fouled barrels. "
Kyk gou na een van jou ou posts, dit verskil van wat jy nou vir ons vertel. Ek wonder wie het nou 'n doodskoot gekry???

voor 'n mens sekere goed skryf , onthou tog wat jy voorheen geskryf het, jy maak die ons ouens wat goed onthou baie deurmekaar.
Gaan kyk by die annealing post, daar het jy ook 'n bietjie deurmekaar geraak
Eers wou jy weet hoe die ding werk , toe skryf jy dat jy ook iets soortgelyk het
Ek wonder maar net

??
Re: FORREST bore cleaning foam??
Posted: Mon Feb 22, 2010 2:15 pm

Nee wat ek dink die enigste een wat deurmekaar geraak het by die annealing post is jy. Ek het my eie manier van anneal en ek sal daarby bly want dit werk. Ek het Norma doppe wat al meer as 20 keer herlaai is!
Oor JB: Nadat ek die Carbon uit my loop gehaal het met iets soos Trisol of Ballistol gebruik ek net JB, om die koper uit my loop te haal. Indien die loop nie baie vuil is nie gebruik ek Iosso wat ook 'n abrasive is, maar fyner is. Beide abrasives haal beslis die koper uit jou loop asook enige ander vuiligheid.
Jy lees nie lekker nie. My vriend Darius Mostert (Springbok skut) gebruik nie meer JB nie. Ek weer glo daarin, soos reeds baie duidelik gestel. Ek het dit bloot gese om te beklemtoon dat JB 'n baie kontroversiele skoonmaak middel is en dikwels tot 'n warm debat lei.
Aan jou pos is dit duidelik dat jy nog nooit JB gebruik het. Indien jy het sou jy ERVAAR het dat dit die koper uithaal soos wat die vervaardiger op aanspraak maak.

Re: FORREST bore cleaning foam??
Posted: Wed Feb 24, 2010 9:04 am
by theterminator
Ek gebruik wel jb, en kan jou verseker dat ek weet hoe om dit te gebruik.
vra enige persoon op die forum wat my ken, ek verstaan van herlaai en skiet en ek doen in my posisie in die jagtersvereniging baie opleiding, het nog net drie 243 lope uitgeskiet en as ek net jb gebruik het om dit mee skoon te maak sou dit al vier gewees het.
Al wat ek vra van srywers is om as jy iets oor herlaai, skiet of skoonmaak skryf om meer inligting te gee, hier is baie beginners en skuts wat nie die kennis het wat ons het nie, nou lees hy dit en die volgende en hy gaan probeer dit dadelik op sy eie goed en hy ly skade omdat hy dit wat hy lees verkeerd verstaan het.
Kom ek verduidelik hoekom dit nadelig is om net jb te gebruik
as jy na die binnekant van die loop kyk sal jy sien dat die aanpaksel op die groefgedeelte minder is as op die res van die loop, wanneer jy die loop skoonmaak sal jy sien dat die groefgedeelte reeds skoon is dan is daar nog aanpaksel op die boorgedeelte ( tussen die groewe)
Nou woel jy nog 'n paar lappies deur om dit ook skoon te kry
die volgende gebeur nou as jy jb van die begin af gebruik
stem jy saam met my dat as jy jou skoonmaaklappie en jag deur die loop trek en stoot dat die meeste druk op die groefdraad sal wees
( dit is nouer as die boorgedeelte) die groefgeddelte sal altyd eerste skoon wees.
nou stoot en trek jy daai jb lappie nog 'n klomp keer deur die loop om die boorgedeelte ook skoon te kry, wat gebeur by die groewe?
dit word onnodig gepolleer (wanneer jy iets polleer word die growwe lagie afgewerk tot die oppervlak soos 'n spieel blink)
elke keer as jy jb word daai klein lagie onnodig afgehaal en sal dit 'n negatiewe uitwerking op joy loopgroewe he
as jy eers al die koper uithaal en dan jb is die polleer gedeelte ewe veel op die groewe en boor en word daar nie onnodig metaal verwyder nie
Die manne wat nuwe lope inskiet kan gerus jb gebruik in plaas van een skoot skiet en skoon maak, weer een skoot skiet en skoonmaam, twee skote skiet en skoonmaak ens
die jb doen 'n baie beter werk as om die loop eers in te skiet.
groetnis
Re: FORREST bore cleaning foam??
Posted: Wed Feb 24, 2010 1:25 pm

Ek het eers Robla Solo gebruik vir koper toe M98 en toe kry ek JB in die hande. Ek was onder die indruk dat mens nog steeds M98 (of iets soortgelyks) moet gebruik nadat jy jou loop met JB skoongemaak het. Toe kom ek agter dat die lappie glad nie meer blou verkleur nadat ek JB gebruik het. Dis mos die teken dat daar GEEN koper in jou loop is nie. Met M98 en Robla en Boretech hou jy mos aan lappies deurdruk totdat jou lappies nie meer blou verkleur nie. Dan weet jy mos al die koper is uit. Ek het my potjie JB in 2003 gekoop en hy is nou eers klaar. Dis een potjie JB in 7 jaar! Volgens Koos Barnard is die goue reel, een keer deurtrek vir elke skoot geskiet. My 30-06 het vandat ek hom in 1999 nuut gekoop het +-4000 skote deur sy loop en hy skiet nog steeds gereeld halfduim groeperings en af en toe Kwartduim eengat groeperings. Lekker dag.