Page 1 of 1

FN FAL, hoekom nie?

Posted: Sun Aug 08, 2021 6:46 pm
by Klein Karoo
Manne goeie naand, ek is besig om die boek te lees "Shadows in a African Twilight" en daar is n paar verwysings na die FN FAL. Ek dink al n geruime tyd om een aan te skaf, ek dink die wapen het baie historiese waarde in die Afrika konteks.

Wat is die manne se opinies op die forum, is daar nog beskikbaar watse lope nog in goeie toestand is wat nog aanvaarbare groepe sal kan skiet tot op 300m en wat van parte ens?

Is dit n bye-nes om kop in te steek of liewer verby tegaan?

Re: FN FAL, hoekom nie?

Posted: Sun Aug 08, 2021 7:05 pm
by JCR
Klein Karoo

Ek dink ek is dalk een van die laastes wat basies gedoen het met die FN`s, interesant genoeg in die SA Vloot.

Buiten dit het ons maar met `n kommando R1 grootgeword in die huis en menigte kommando skiet dae met my pa se R1 bygewoon.

Baie respek vir die wapens, hier is dalk van die lede wat sportskuts is wat dalk sal kan help met parte ens.

Dink nie jy sal n fout maak nie, alhowel ammunisie duurder is as die 5.56 kalibers, ons almal weet maar n .308 is maar net n yster.

Groete

Re: FN FAL, hoekom nie?

Posted: Sun Aug 08, 2021 7:26 pm
by Ds J
Daar is hoogstens n paar flou verskoninkies om nie een aan te skaf nie: ;)
- finansies (n A-graad geweer kos meer as R15 000, en ammunisie is duur)
- lisensie kan dalk lank vat

Vir die res sal ek voortande gee om so n roer te kan hê.

Re: FN FAL, hoekom nie?

Posted: Sun Aug 08, 2021 8:14 pm
by Klein Karoo
Enige idees waar om te begin krap, het al by tye gehoor van Panzer wat die wapens "refurbish"?

Re: FN FAL, hoekom nie?

Posted: Sun Aug 08, 2021 8:52 pm
by Ds J
Panzer het, maar enige van die winkels wat op sportskiet fokus behoort te kan help, of ten minste n verwysing te kan gee.

TacShac is dalk n goeie vertrekpunt, of een van die versamelaarstakke.

Re: FN FAL, hoekom nie?

Posted: Sun Aug 08, 2021 9:05 pm
by Klein Karoo
Dankie Ds J.

Re: FN FAL, hoekom nie?

Posted: Sun Aug 08, 2021 10:05 pm
by Alwin
Die FN-FAL (R1) is altyd 'n goeie keuse.
Vir R15k gaan jy nie maklik ene in baie goeie toestand kry nie, eerder ene wat heelwat gewerk het in Rhodesië.
Vir beter toestand kyk maar na R20k plus.
Werkende dele kan vervang word en is beskikbaar, maar aangesien jou loop aan die lisensie gekoppel is, gaan 'n loopvervanging meer moeite kos.
'n Vriend het onlangs ene aangeskaf. Die lisensie het 4 maande gevat. Hy wag nou al meer as 'n jaar vir sy pompaksie haelgeweer en jag-rewolwer lisensies...

Re: FN FAL, hoekom nie?

Posted: Mon Aug 09, 2021 6:17 am
by naas222
In my jong dae as veldwagter het ek een gehad... hy raak swaar. Ekt hom by polisie gekry omdat ek n reservis was.
Hyt n koek hou geskiet... jy gaan n luck of the draw hê op die loop... hom sommer met parafien skoongehou en geen stoorings gehad. En hy kan lekker skop as jy daai gas toedraai en full outo skiet.. maar dis lekkkkkker as daai tracers hardloop in die nag

Re: FN FAL, hoekom nie?

Posted: Tue Aug 10, 2021 8:00 am
by alecjohnson
Ek het vir my een aangeskaf so ruk terug wat 'n nuwe loop het, en kom met klomp magaseine en ekstras, bitjie kwaai duur, maar my gat jeuk lankal vir een so toe ek daai advertensie sien het ek besluit om maar die kans te vat. Nou het ek lekker tyd om te soek vir goedkoper komponente, aangesien my bevoegtheid nog nie eers op die stelsel gelaai is nie, sal seker 2 dalk 3 jaar wag vir daai kaartjie... En om Blu sover te kry om op te tel is nog 'n saak...

Re: FN FAL, hoekom nie?

Posted: Mon Jul 28, 2025 7:50 pm
by nickboshoff
Ek het 'n R1 para te koop. Met scope en paar magasyne. Kan tale ook praat....

Re: FN FAL, hoekom nie?

Posted: Tue Jul 29, 2025 11:39 am
by boran
Daar is op Classic Arms se komende veiling van hulle en R1's

Re: FN FAL, hoekom nie?

Posted: Mon Aug 04, 2025 11:27 am
by tau
nickboshoff wrote: Mon Jul 28, 2025 7:50 pm Ek het 'n R1 para te koop. Met scope en paar magasyne. Kan tale ook praat....
Vreeeslike mooi wapen. Sy aptyt vir ammo is net duur.