So kry ek toe 'n jeuk vir 'n luggeweer.
Posted: Tue Aug 17, 2021 12:15 pm
Ek lees anderdag op 'n ander draad van iemand wat SA air rifles aanbeveel vir herstelwerk op 'n windbuks. So google ek toe bietjie, want ek is al lank in Bloem maar ken nie die plek nie.
So gaan besoek ek toe verlede Woensdag die winkel en na Ian my daar 'n paar windbukse gewys het kon ek vir twee aande niks slaap nie en al wat ek doen is om pcp's na te vors. Dis iets waarin ek voorheen niks belangstelling gehad het nie, maar die gogga het erg gebyt. So koop ek toe Vrydag vir my 'n Artemis m11, lugsilinder en 'n pakkie 5.5mm 18,13gr JSB's. (Moet sê die aanvanklike koste om aan die gang te kom met die pcp gewere is nogals hoog.)
Ek kon gister baan toe om te gaan skiet en moet sê ek geniet dit baie en is verbaas oor hoe die tipe windbukse skiet, ek kon op 100m maklik skote op 'n 10cm ghong land.
Ek het vanoggend by die werk skelm die roer uit die bakkie gehaal vir 'n kransduif wat my koggel en moet sê die swaarder koeëltjies dop hom behoorlik om. Heelwat anders as die gewone groen pakkie 4.5mm Marksman koeëltjies waarmee ek groot geword het.
Met .22 ammunisie wat duur raak gaan die windbuks nou maar meer gereeld saam baan toe.
Ek kan Ian-hulle by SA air rifles aanbeveel, baie goeie diens en dis mense met 'n passie vir wat hulle doen.
Sent from my SM-A015F using Tapatalk