Opinie oor Lynx LX 4-16x42 AO
Posted: Tue Aug 31, 2021 10:05 am
Ek soek graag julle opinies oor die Lynx LX 4-1642 AO met die mil step reticule vir 'n .22LR vir teiken skiet. Ek wil so scope toets op my 22LR en as hy werk op my 223 BRNO sit vir kombenasie van jag en so bietjie baanskiet. Ek kyk na die scopes omdat Lynx 'n goeie waarborg het en die prys baie goed is. Ek het Vorte Vipers op al my ander gewere maar hulle is vrek duur deesdae. Ek weet die scopes is second focal plane en die buis is 25mm, maar teen 'n prys wat ek hulle kan kry onder R4500 lyk dit na 'n opsie. Enige advies van iemand wat ervaring met die scopes het sal waardeer word