Page 1 of 1
185gr Berger Juggernaut
Posted: Wed Sep 08, 2021 10:05 pm
by J.A.N
Goeienaand mense. Ek wil graag uitvind wat julle dink van die 185gr Juggernauts vir ñ 308 WIN. Hoe goed werk hulle en of ñ mens maklik ñ lading sal kan kry?
Re: 185gr Berger Juggernaut
Posted: Thu Sep 09, 2021 7:40 am
by Pinkes
Môre
Uit jou vraag uit kan ek nie aflei wat jou applikasie is vir die punt nie maar hier gaan ek.
Ek het nie self met hulle geskiet nie,het eers begin FTR skiet toe die 200gr die new kid was. Maar die FTR manne vrek oor die Juggs. Baie maklik om te skiet en maklik om akkuraatheid te kry. As ek reg onthou skiet hulle teen 2750 - 2800fps uit n 30" loop. Jy kan hulle probeer. Moet nog n Berger punt kry wat nie wil skiet nie. Vir teiken skiet sal jy baie gelukkig wees.
Weet dat van hulle daarmee gejag het ook en ek self met die 200gr punte jag en hulle werk goed.
Groete
Re: 185gr Berger Juggernaut
Posted: Thu Sep 09, 2021 7:42 am
by Capt. Yoda
Vir tyken skiet in 308 is die 185gr Juggernaut en die 200.20x van Berger seker die 2 mees gebruikte koels oor die wereld.
Is n bitter maklike koel om aan die skiet te kry
Re: 185gr Berger Juggernaut
Posted: Thu Sep 09, 2021 9:19 am
by J.A.N
Baie dankie, vir die terugvoering. Ek skiet meestal plate en papier tussen 300m en 500m, maar wil verder begin skiet. Ek het ñ boks van 500 vir ñ goeie prys gekry en wou net seker maak ek het nie ñ fout gemaak deur hulle te kry nie.
Re: 185gr Berger Juggernaut
Posted: Thu Sep 09, 2021 9:30 am
by Witpietskiet
Hulle werk, geniet hulle.
Re: 185gr Berger Juggernaut
Posted: Thu Sep 09, 2021 10:17 pm
by Francoisv
Juggernauts, of 'Juggs' kan jy met 12 twist ook skiet. Hulle laai, soos die ander manne sê, baie maklik.
VARGET.
IMR 4064.
Ek sal hulle spaar vir die langer skote. Skiet die 300 tot 500 plate sommer met wortels. Hle laai net so maklik in 308.
Sent from my ELE-L09 using Tapatalk
Re: 185gr Berger Juggernaut
Posted: Sun Oct 03, 2021 9:32 am
by J.A.N
Hier is die resultate sover met die Juggernaut. Het bietjie oor opgewonde geraak toe trek ek my laaste skoot.
Re: 185gr Berger Juggernaut
Posted: Sun Oct 03, 2021 10:14 am
by Lategan1
Is dit Berger... of die skut... OF die .308?
Mooi geskiet Jan. Afstand 100m?
Is die groep sonder jou koue skoot?
Beste.
Re: 185gr Berger Juggernaut
Posted: Sun Oct 03, 2021 1:12 pm
by J.A.N
Dankie. Ja dit was om 100m en trek skoot was beslis ek.
Die was al my tweede stel skote vir die middag gewees. Was besig om verskillende TPL te toets. Het vyf verskillende TPL getoets en almal was onder moa gewees.