Page 1 of 2
Melk-are in snoek
Posted: Fri Sep 10, 2021 6:26 pm
by Philip J
Naand almal
Ek soek raad asb.
In my eie nederige opinie, is vis iets wat mens vir die katte voer, maar my beter helfte voel glad nie so oor die sakie nie. Sy het vanmiddag snoek in foelie in die oond gebak. Toe ek met ete by die huis was, het ek so stukkie geproe en dit was sowaar nie onaardig nie, TOTDAT ek dié goeters in die vis gesien het, en nou is ek van voor af oortuig dat vis katkos is.
Weet iemand dalk wat die is?
Dit voel jellie, en lyk soos "clear" silikon.
Dr Google praat van "milk veins" oftewel melk-are.
Is dit veilig om te eet, of was my eerste opinie reg?
Ek (en die stoor se katte) wag in spanning vir julle antwoord.
Re: Melk-are in snoek
Posted: Fri Sep 10, 2021 6:49 pm
by JDKey
As dit gaar is behoort dit veilig te wees

Sent from my iPhone using Tapatalk
Re: Melk-are in snoek
Posted: Fri Sep 10, 2021 9:16 pm
by tripodmvr
Lyk my jy gaan die stoorkatte geselskap hou

Re: Melk-are in snoek
Posted: Fri Sep 10, 2021 10:11 pm
by Ds J
Hierdie "wurmpies" in die snoek is die een rede waarom ek nie meer snoek eet nie. Ek het dit oor die afgelope vyftien jaar ELKE keer in snoek gekry, ongeag waar ek die snoek geeet het, en hoe dit gaargemaak was. n Dokter het beduie dat dit blykbaar n standaard parasiet is wat altyd in snoek voorkom, en dat dit veilig is om te eet mits die snoek behoorlik gaar is. Dit herinner my te veel aan Oom ... wat beduide het ons kan maar die masels in die rooibokke eet. Nee dankie!
Re: Melk-are in snoek
Posted: Sat Sep 11, 2021 5:53 am
by Philip J
Dankie almal. Dit lyk my ek kan maar met n geruste hart op n rooivleis dieet bly.
So terloops, die katte sê ook dankie

Re: Melk-are in snoek
Posted: Sat Sep 11, 2021 3:37 pm
by Bennie Bester
Middag Almal,
Waar is al die Kaapse snoekkenners? Kom aan manne ons moet die Valies kan help op hierdie een.
My beskeie opinie is dat dit nie n probleem is nie, ons eet hom so sonder nagevolge. Wat my wel bekommer is dat die die snoek by nadere ondersoek, lyk of hy semi-pap is. Die breke in die snoek se kante is nie mooi gedefinieer nie en lyk melerig en die grate lyk losserig. Dit eet ek defnitief nie.
Groetnis uit die Kaap.
Bennie Bester
Re: Melk-are in snoek
Posted: Sat Sep 11, 2021 4:00 pm
by Gawie(13mm)
Bennie, om 'n Tansvaler te probeer reghelp oor snoek, is soos om vir my te kom vertel, krummel pap is lekker.
Spaar jou asem en geniet jou snoek saam met jou gunsteling vaal-japie.
Re: Melk-are in snoek
Posted: Sat Sep 11, 2021 5:26 pm
by Johan Nel
Gawie(13mm) wrote: Sat Sep 11, 2021 4:00 pm
Bennie, om 'n Tansvaler te probeer reghelp oor snoek, [glow]is soos om vir my te kom vertel, krummel pap is lekker[/glow].
Spaar jou asem en geniet jou snoek saam met jou gunsteling vaal-japie.
AI Gawie, om te moet erken daar is ietwat van 'n gat in mens se opvoeding, kan nie maklik wees nie. Alle simpatie ou maat!

Snoek op 'n vuur so effe gerook (eintlik sommer lekker sterk gerook) met botter, knoffel en bietjie suurlemoen, saam met oondgebakte patats, so bietjie gekarameliseer, loop soos 'n muis met slippers.
EK moet beken, ek het nog nie van die wurm goete raakgeloop nie (dalk misgegyk), wel pap snoek. EK koop uit beginsel nie meer hierdie vooraf verpakte een kg snoeke in kartonhouers by Foodlovers en soortgelyke winkels nie. Keer op keer is dit sulke pap gemors wat mens regtig nie kan eet nie. Ons plaaslike slagter hou snoek aan wat bo verdenking is. Snoek is 'n gereelde spys op my rooster.
Re: Melk-are in snoek
Posted: Sat Sep 11, 2021 6:31 pm
by joe rocket
Man ek bly in die kaap en steak smaak lekkerder as snoek. My food shits on you're food. Lekker vis is salm of galjoen. Maar smaak verskil.
Re: Melk-are in snoek
Posted: Sat Sep 11, 2021 7:18 pm
by OosKaapJagter
Snoek sit met parasitiese wurms.
Na wat nou net op Loftus gebeur het, gaan dit ook nie goed met haaie nie.
Ek het al gebraaide snoek geëet en dit geniet. Noudat ek egter weet dit is parasiete (wurms) daardie, sal ek maar hou by steaks en chops.
Re: Melk-are in snoek
Posted: Sun Sep 12, 2021 7:43 am
by Andre308
Daar was in 2015 n mooi thesis geskryf uit UCT wat die parisiete in en op snoek ondersoek het.
As mens net na die wurms (molicola uncinatus) kyk waarvan julle praat, dan lyk dit of mens n kleiner kaans het om hierdie parisiete raak te loop in enige seisoen behalwe winter asook deur kleiner snoek te koop.
Daar is n direkte verhouding waarin groter snoek is die kaans meer vir die infeksie en somer maande is die kaans die kleinste vir die infeksie.
Maar dit is steeds n "hit and mis". Ek persoonlik het dit al geeet, maar ek verkies om dit nie in my kos te he nie.
Groete
Andre
Re: Melk-are in snoek
Posted: Mon Sep 13, 2021 7:48 am
by Capt. Yoda
Siesa
Re: Melk-are in snoek
Posted: Mon Sep 13, 2021 7:51 am
by Toxxyc
En net daar verloor ek my liefde vir snoek. Maggies nee sies. Ek's nie 'n voël nie ek eet nie wurms nie.
Re: Melk-are in snoek
Posted: Mon Sep 13, 2021 8:07 am
by Klein Karoo
Het al lekker aan snoek geknibbel, maar sal nie nou sommer weer aan n snoek kou nie.
Re: Melk-are in snoek
Posted: Mon Sep 13, 2021 12:16 pm
by finch
Kom ons wees eerlik. Ek het darem al n paar grillerige goed in party bok karkasse ook gekry. Dit het nie gemaak dat ek n vegan geword het nie. So ook sal ek nie n vis met wurms in eet nie, maar dit gaan my nie keer om n lekker vars vissie met botter, suurlemoen sousie te bedruip voor ek hom kole toe stuur nie.
Re: Melk-are in snoek
Posted: Mon Sep 13, 2021 12:45 pm
by tripodmvr
Wil met Finch saamstem, maar my lus vir snoek is geblus.
Jy noem van dinge in bokkarkase. 'n Dokter se woorde aan my is dat ons bekommerd is oor brommers wat hul eiers op oop kos lê, maar dat ons liggame daardie net as proteien beskou en dit jou nie siek gaan maak nie. As my vrou 'n brommer op kos ontdek is dit asblik toe.
Re: Melk-are in snoek
Posted: Mon Sep 13, 2021 4:06 pm
by HeinM
Julle weet net nie wat lekker is nie. Ons braai die snoek en eet laataand. Niemand soek daai tyd van die nag parasiete nie.
Langenhoven het gesê: Honger is die beste kok

Re: Melk-are in snoek
Posted: Mon Sep 13, 2021 4:15 pm
by Eduard Venter
Ek wonder of die manne wat nou summier ophou snoek eet het dan nog nooit 'n 270 punt in 'n koedoe se blad gekry het nie? Veels erger
Sent from my Nokia C2 using Tapatalk
Re: Melk-are in snoek
Posted: Mon Sep 13, 2021 4:23 pm
by Supacow
Daars mos nie blaaie. Net mince
Re: Melk-are in snoek
Posted: Mon Sep 13, 2021 4:23 pm
by Supacow
Daai koele bars mos opi vel van ali spoed
Re: Melk-are in snoek
Posted: Mon Sep 13, 2021 4:27 pm
by tripodmvr
Skiet die snoek, dan is hy mooi opgevlek.
Re: Melk-are in snoek
Posted: Mon Sep 13, 2021 5:18 pm
by J le Roux
Afrika is nie vir sussies nie manne, knyp oë toe en eet hom!
Re: Melk-are in snoek
Posted: Mon Sep 13, 2021 8:26 pm
by Andre308
Ek dink dat met die hoeveelheid Ivermectin wat ons nou deur ons urine in die riool see toe stuur is hierdie snoek wurms een van die op n einde.
Re: Melk-are in snoek
Posted: Mon Sep 13, 2021 9:05 pm
by OosKaapJagter
Nou gaan die klomp daar innie Kaap sê jy haal net jou tanne uit, drink 'n bottel OBS en dan weet jy nie eens van die wurms nie.
Re: Melk-are in snoek
Posted: Tue Sep 14, 2021 5:56 am
by Lategan1
Snoek en Vaaljapie was die ding, hy het mooigemaak!
Die manne het vanmelewe soutsnoek en witbrood geweek in water, geëet. Daarna ‘op getop’ met Vaaljapie.
Ons eet snoek wat nie gevang is in die maande met ‘n letter R in nie. Bygeloof of te not, vandag saam met ‘n goeie bottel Chenin.
Beste.