EV's - Elektriese Voertuie
- TFDADD
- Hero Member

- Posts: 1244
- Joined: Mon Nov 14, 2016 8:42 am
EV's - Elektriese Voertuie
Goeiemôre aan almal,
Elektriese voertuie is besig om geweldige vordering te maak as die voertuig van die toekoms dwarsoor die wêreld - RSA in baie kleiner mate tot nou toe.
Wat is die algemene gevoel oor die tipe voertuig in toekomstige gebruik as plaasvervanger of gedeeltelike plaasvervanger vir ons huidige binnebrand enjin aangedrewe voertuie?
Voor- en nadele sodat sinvolle vegelykings gemaak kan word.
Lees gerus na oor die EV's se huidige behalings en prestasies en gee dan jou mening hieroor - moontlik leer ons almal iets meer van die nuwe ontwikkeling wat besig is om plaas te vind.

"Facts are stubborn things; and whatever may be our wishes, our inclinations, or the dictates of our passion,
they cannot alter the state of facts and evidence. ~ John Adams.
We are honest, trustworthy and reliable.

- LoopSoosStroop
- Hero Member

- Posts: 1841
- Joined: Wed Apr 15, 2015 9:31 am
Re: EV's - Elektriese Voertuie
Ons het mos so lekker baie elektrisiteit hier in SA.
Pieter van Deventer
Blok Engineering
Blok Engineering
- Gawie(13mm)
- Hero Member

- Posts: 6150
- Joined: Sun Sep 18, 2011 6:53 pm
Re: EV's - Elektriese Voertuie
In konsep is dit 'n briljante idee, maar in Afrika gaan dit maar knor.
Tweedens is ek nie oortuig dat dit 'n koolstof neutrale alternatief is nie. Die voertuig en batterye moet nog steeds vervaardig word. Daarvoor moet die arme aarde steed omgedolwe word.

Dont make expensive noise! Make the first shot count!
- TFDADD
- Hero Member

- Posts: 1244
- Joined: Mon Nov 14, 2016 8:42 am
Re: EV's - Elektriese Voertuie
Pieter, ons het ook mos net so lekker baie sonskyn in SA!
Volg hierdie koppeling en sien die reeds bestaande oplossings om EV's te herlaai - http://www.marvelcharge.com
EV vervaardiger met groot toekoms planne om hul voertuie te herlaai vanaf sonkrag en nog meer - https://www.tesla.com/solarroof
Blaai af op dié blad en sien meer hieroor.

Last edited by TFDADD on Wed Sep 15, 2021 10:45 am, edited 1 time in total.
"Facts are stubborn things; and whatever may be our wishes, our inclinations, or the dictates of our passion,
they cannot alter the state of facts and evidence. ~ John Adams.
We are honest, trustworthy and reliable.
they cannot alter the state of facts and evidence. ~ John Adams.
We are honest, trustworthy and reliable.
- Methos
- Hero Member

- Posts: 580
- Joined: Tue Dec 12, 2017 4:12 pm
Re: EV's - Elektriese Voertuie
Toe ons op vakansie was, het ons buurman 'n Tesla gehad - Die laaste dag voordat hy gaan vra ek hom of hy my darem die kar gaan wys en hy sê nee dis reg klim in saam met my 9jarige dogter. Kyk ek word nie maklik beindruk deur karre nie maar goeie genugtig! Die kar is wonderlik! 0 tot 'n honderd in 3 sekondes en hy het dit vir ons gewys! As hy wegtrek dan voel dit of jy in 'n vliegtuig sit as hy opstyg. Jy kan die stuurwiel los en die kar bestuur homself.
As ek €30 000 gehad het wat rondgelê het, het ek vir my een gekoop!

-
Dawie Malan
- Hero Member

- Posts: 840
- Joined: Fri Aug 03, 2012 11:38 am
Re: EV's - Elektriese Voertuie
As jou elektriese motor by jou huis slaap snags, dan moet jy volledige 3 fase krag hê. Porsche kom doen 'n assesering van jou distrubusieboks om te sien of jy die nuwe Taycan van jou huis af kan laai. Alternatiewe laaistasies is nog tans 'n te groot probleem en met beurtkrag en kabeldiefstal kan jy jouself net in 'n penarie bevind.
En dan klink die EV's soos 'n stofsuier. Daar is mos min dinge so mooi soos 'n V8 Diesel. Jammer Gretha.

- finch
- Sr. Member

- Posts: 450
- Joined: Thu Jul 14, 2016 2:44 pm
Re: EV's - Elektriese Voertuie
In my opinie is die volgende n moontlike EV model in SA: Meeste huishoudings het 2 voertuie. Een gaan binnebrand bly want as jy verder as 300km wil ry vir vakansie/werk/watookal gaan jy maar met binnebrand bly. Die tweede voertuig kan elektries wees want dit is die een waarmee jy gou winkel/werk toe pendel en nie sommer meer as 100km per dag klok nie. As jy regtig bekommerd oor die aarde is, is die beste natuurlik om eerder hierdie tweede voertuig te ruil vir n fiets of n paar goeie tekkies. Dan bly jy sommer gesond terwyl jy pendel.
-
J le Roux
- Hero Member

- Posts: 1111
- Joined: Tue May 20, 2014 8:10 am
Re: EV's - Elektriese Voertuie
Die langtermyn trant waarteen ekonomie in 3de wereldse lande groei veroorsaak dat meer arm mense nou vir die eerste keer voetruie (binnebrandenjins) kan bekostig. EV is vir die rykes in 1ste wereld lande. Daar gaan nog vir dekades baie meer nuwe binnebrand enjin motors as EV's vervaardig word.
Hierdie is nie fetlik nie, net 'n teorie.

Vat genoeg skietgoed veld toe, daar's nie winkels nie.
JG Landmann .22LR, Howa 30-06, M98 DWM .375H&H deur Ossie Penzhorn, 7x57 Oberndorf AN Mauser, Musgrave Mod 80 30-06.

Yogi
- Full Member

- Posts: 220
- Joined: Wed Feb 08, 2012 8:59 am
Re: EV's - Elektriese Voertuie
Het 'n ruk terug 'n studie gelees dat as ons al die voertuie in SA nou elektries maak, het ons nog 13+ kragstasies nodig. Ja, jy kan met son laai, maar vanaand as ek by die huis kom en die kar wil laai, skyn die son nie. Het 'n rukkie terug die nuwe Nissan LEAF wat oor 'n jaar of wat vrygestel word gery, is 'n wonderlike ondervinding en die tegnologie is fantasies, maar in die meeste gevalle betaal jy amper R1 miljoen en dan kan ek nie eers op vakansie ry met hom nie. Ek dink dit is 'n oplossing vir 'n probleem wat nie bestaan in Afrika nie.
- tripodmvr
- Administrator

- Posts: 21608
- Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm
Re: EV's - Elektriese Voertuie
Tesla se voertuie is ongelooflik kragtig en daarmee het ek 'n probleem. Die ou kan skaars 'n trollie in die supermark bestuur en nou kry hy 'n hiper "sportskar" om op die pad te hanteer.
Die infrastruktuur vir elektriese voertuie bestaan net nie in RSA nie. Sonkrag kan batterye laai, maar om dit dan oor tedra na die voertuig vereis baie energie. Jou kapitale uitleg om dit dan af van die Eskom netwerk te doen gaan jou 'n plaas se prys kos. Dit is dus nog nie prakties genoeg om 'n werkbare vervanging vir die huidige binnebrand enjin te wees nie.

.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
-
B Five
- Full Member

- Posts: 211
- Joined: Mon Jan 22, 2018 7:34 am
Re: EV's - Elektriese Voertuie
Elektriese voertuie maak baie baie sin.
Dink net, geen enjin, geen ratkas, geen remme met briekpype, silinders nie, geen clutch nie, geen verkoeler en water nie, baie minder olie en ghries punte.
Jy het jou batterybank en op elke wiel jou elektriese motor wat versnel, rem ens.
Baie meer krag as enige binnebrand enjin.
Al wat hulle terughou is reikafstand. Al oplossing daarvoor is om exhange battery plekke te he langs pad waar jy gou jou batterybank omruil vir n vol ene en daar gaan jy?
Om te staan en wag vir n charge gaan nie werk nie.
Dink net, as ek my elektriese bakkie kan vollaai met sonkrag, dan ry ek mos my plaas verniet deur.
Nou drink die Cruiser maar nog sy sousies.

Shaunsteyn
- Jr. Member

- Posts: 52
- Joined: Mon Sep 25, 2017 2:27 pm
Re: EV's - Elektriese Voertuie
Ek stem saam met Gawie en kie.
Baie goeie idee op papier, maar nie in afrika nie - brand steenkool, met energie verlies en transmissie verlies, battery laai verlies.
Maak elektrisiteit van hernubare oorde kom - maar selfs met die is die nie so suiwer soos wat voorgegee word nie.
Baie goeie idee op papier, maar nie in afrika nie - brand steenkool, met energie verlies en transmissie verlies, battery laai verlies.
Maak elektrisiteit van hernubare oorde kom - maar selfs met die is die nie so suiwer soos wat voorgegee word nie.
- TFDADD
- Hero Member

- Posts: 1244
- Joined: Mon Nov 14, 2016 8:42 am
Re: EV's - Elektriese Voertuie
Nou ja, met beurtkrag wat deurlopend op ons afgedwing word, is dit seker so effe logies dat enige gedagte aan EV's (elektriese voertuie), summier in die kiem gesmoor sal word.
Dít nou met die eerste oogopslag - maar later meer oor die bron van waar die elektriese krag vandaan sou moet kom vir elektriese voertuie - dink maar solank aan solar installasies veral in die verband.
Boonop is ons land se belasting strukture rondom enige ingevoerde voertuie ongelooflik negatief, selfs meer so met die invoer van EV's.
Ons totale persentasie belasting betaalbaar op ingevoerde voertuie beloop blykbaar in die orde van 80% van die voertuig se waarde (nie bevestigde syfer nie, maar glo wel so!)
Dan is daar boonop nog 'n 7% ekstra heffing (of 'penalty') op die invoer van EV's!!!! Kan jy jou dit indink - dít terwyl ander lande 'n persentasie belasting kortings aanbied om juis die aankoop van EV's te bevorder.
Ons swak geldeenheid in vergelyking met VSA dollars en Europese Euro's, help ook natuurlik glad nie om sake meer bekostigbaar te maak vir ons nie.
Maar vir nou eers, konsentreer gerus op die harde, geldsak-rakende feite en dink dan 'n bietjie verder.
Bewese feite in uitgebreide Amerikaanse navorsing lyk soos volg:
1. Lopende koste van EV's is gemiddeld 60 tot 65% laer as binnebrand enjin aangedrewe voertuie - die wisselende % as gevolg van verskillende belasting strukture op elektrisiteitskoste in die verskillende state in die VSA.
2. Onderhoudskoste van EV's is gemiddeld tot soveel as 70% laer as binnebrand enjin aangedrewe voertuie - dit is hoofsaaklik daaraan toe te skryf dat die gemiddelde EV slegs 17 bewegende onderdele het in vergelyking met die 160 tot 200 bewegende onderdele in binnebrand enjin aangedrewe voertuie.
Die geweldige finansiêle voordele aan net bogemoemde twee harde feite, spreek reeds boekdele in terme van massale ekonomiese voordele wat dit vir enige land en sy mense kan inhou.
Geen land kan bly wegskram met belaglik hoë belastingstrukture en wat ookal nog se 'penalties', ens., net omdat dit sy sakke vol geld stop waarvan sy mense nie werklik enige voordeel daaruit kry nie.
Dink maar aan swak dienslewering en korrupsie wat maar té gulsig sluk soos 'n bodemlose put.
Ek voorsien dat hierdie golf van ommeswaai vanaf binnebrand enjin aangedrewe voertuie na EV's, wat reeds in volle swang is in ander dele van die wêreld, nie gaan en kan uitbly uit Suid Afrika nie.
Hoe meer ons op hoogte kom van hierdie huidige omwenteling in die wêreld tot almal se voordeel, hoe beter kan ons dalk daartoe bydra dat ons ook deel daaraan sal hê gouer as wat ons nou mag dink.
Terloops, VW voorsien reeds dat 90% van hul voertuie vervaardig teen 2030, elektriese voertuie sal wees.
Die sogenaamde 'groen voordele' van EV's bo binnebrand enjin aangedrewe voertuie, is iets wat nie eers aanvanklik oorweeg hoef te word nie - dis die kersie op die koek as die ommeswaai eers momentum begin kry.
Dít nou met die eerste oogopslag - maar later meer oor die bron van waar die elektriese krag vandaan sou moet kom vir elektriese voertuie - dink maar solank aan solar installasies veral in die verband.
Boonop is ons land se belasting strukture rondom enige ingevoerde voertuie ongelooflik negatief, selfs meer so met die invoer van EV's.
Ons totale persentasie belasting betaalbaar op ingevoerde voertuie beloop blykbaar in die orde van 80% van die voertuig se waarde (nie bevestigde syfer nie, maar glo wel so!)
Dan is daar boonop nog 'n 7% ekstra heffing (of 'penalty') op die invoer van EV's!!!! Kan jy jou dit indink - dít terwyl ander lande 'n persentasie belasting kortings aanbied om juis die aankoop van EV's te bevorder.
Ons swak geldeenheid in vergelyking met VSA dollars en Europese Euro's, help ook natuurlik glad nie om sake meer bekostigbaar te maak vir ons nie.
Maar vir nou eers, konsentreer gerus op die harde, geldsak-rakende feite en dink dan 'n bietjie verder.
Bewese feite in uitgebreide Amerikaanse navorsing lyk soos volg:
1. Lopende koste van EV's is gemiddeld 60 tot 65% laer as binnebrand enjin aangedrewe voertuie - die wisselende % as gevolg van verskillende belasting strukture op elektrisiteitskoste in die verskillende state in die VSA.
2. Onderhoudskoste van EV's is gemiddeld tot soveel as 70% laer as binnebrand enjin aangedrewe voertuie - dit is hoofsaaklik daaraan toe te skryf dat die gemiddelde EV slegs 17 bewegende onderdele het in vergelyking met die 160 tot 200 bewegende onderdele in binnebrand enjin aangedrewe voertuie.
Die geweldige finansiêle voordele aan net bogemoemde twee harde feite, spreek reeds boekdele in terme van massale ekonomiese voordele wat dit vir enige land en sy mense kan inhou.
Geen land kan bly wegskram met belaglik hoë belastingstrukture en wat ookal nog se 'penalties', ens., net omdat dit sy sakke vol geld stop waarvan sy mense nie werklik enige voordeel daaruit kry nie.
Dink maar aan swak dienslewering en korrupsie wat maar té gulsig sluk soos 'n bodemlose put.
Ek voorsien dat hierdie golf van ommeswaai vanaf binnebrand enjin aangedrewe voertuie na EV's, wat reeds in volle swang is in ander dele van die wêreld, nie gaan en kan uitbly uit Suid Afrika nie.
Hoe meer ons op hoogte kom van hierdie huidige omwenteling in die wêreld tot almal se voordeel, hoe beter kan ons dalk daartoe bydra dat ons ook deel daaraan sal hê gouer as wat ons nou mag dink.
Terloops, VW voorsien reeds dat 90% van hul voertuie vervaardig teen 2030, elektriese voertuie sal wees.
Die sogenaamde 'groen voordele' van EV's bo binnebrand enjin aangedrewe voertuie, is iets wat nie eers aanvanklik oorweeg hoef te word nie - dis die kersie op die koek as die ommeswaai eers momentum begin kry.
"Facts are stubborn things; and whatever may be our wishes, our inclinations, or the dictates of our passion,
they cannot alter the state of facts and evidence. ~ John Adams.
We are honest, trustworthy and reliable.
they cannot alter the state of facts and evidence. ~ John Adams.
We are honest, trustworthy and reliable.
- tripodmvr
- Administrator

- Posts: 21608
- Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm
Re: EV's - Elektriese Voertuie
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
- TFDADD
- Hero Member

- Posts: 1244
- Joined: Mon Nov 14, 2016 8:42 am
Re: EV's - Elektriese Voertuie
"Alles is nie maanskyn en rose nie", dit is 'n groot waarheid en, om te wil dink dat daar wél perfekte mensgemaakte goed is, wat dit ookal mag wees, dink maar weer, net nie haalbaar nie.
Onlangs berig gesien van 'n Tesla Model S (dit is een van daardie blitsige, kragtige modelle) wat 'n eienaar aan sy vriend geleen het.
Vriend jaag toe teen 116 myl per uur in 'n 30 myl per uur spoed sone, verloor beheer, ploeg deur 'n huis se muur - bestuurder, passasier en twee bewoners in die huis op slag dood.
Tesla redelik plat, maar slaan toe darem nie aan die brand nie - menslike element wat weereens die probleem faktor is!
Presies dieselfde kon ook met 'n kragtige binnebrand enjin aangedrewe motor gebeur het teen daardie onwettige hoë spoed (ongeveer 185 km per uur) in 'n ongeveer 48 km per uur spoed sone.
Nie te lank gelede nie het die Ford Kuga sage hier plaaslik afgespeel - voertuie slaan spontaan aan die brand!
Met dít nou gesê, waar die mens by betrokke is, kan daar allerlei moontlike gebeure te wagte wees, of dit nou binnebrand of elektries aangedrewe voertuie is wat in die situasies betrokke is.
'n Kykie na die meer positiewe mbt EV's -
Paar bekende handelsmerk vervaardigers se bestaande modelle reeds op die mark -
VW het reeds sy tweede generasie voertuig op die mark en boonop is hulle nommer 2 in verkoop volumes.
Hulle nuwe IBuzz (VW bussie) volg blykbaar vroeg in 2022.
Ford met hulle hoogs populêre F150 Lightning - binne die eerste maand van amptelike bekendstelling 70 000 bestellings ontvang.
Boonop is die bakkie geklassifiseer as nr 3 op die lys van beste elektriese werksbakkies.
Dan gebruik hulle toe sommer ook die bekende Mustang naam om hierdie voertuig in 'n SUV weergawe as Mustang Mach-E aan te bied in die mark - lekker stil sonder tipiese Mustang brul!!!
Verder ook nog General Motors, Nissan, Volvo onder die naam Polestar en seker nog talle ander bekendes.
Laastens Tesla, die nommer 1 in verkoop volumes van reeds net ongeveer 1 000 of so eenhede minder as 500 000 verkoop in 2021.
Boonop skop hulle twee nuwe Giga fabrieke in Texas en Berlyn in Duitsland vroeg volgende jaar af met elk 'n vervaardigingskapasiteit van half miljoen voertuie plus per jaar.
Hierdie vervaardiger is vol planne en nuwe idees - hou maar dop!
Waar is die kundiges in ons land om byvoorbeeld met idees en ontwikkelings na vore te kom om via veral solar aanwendings, genoeg herlaai fasiliteite daar te stel vir EV's?
Sukses daarmee sal maak dat ons ook kan aanspraak maak op die baie voordele wat ander lande se inwoners reeds, en in al groter mate, in deel.

Om 'n klein elektriese motor soos 'n Prius te laai het 'n huis 'n 100 Ampere stroombreker nodig. Meeste huise het dit nie. Om 'n Tesla te laai het 'n huis 3 fase krag nodig. Meeste huise het dit ook nie. Om van elkel- na 3 fase binne munisipale gebied te verander, dra die eienaar die koste van 'n R120 000 transformator verandering. In Europa is die publieke vervoerstelsels van so aard dat mense karre met uitsondering gebruik, baie korter afstande ry as hier en kragtariewe daar is in die nag, wanneer mens elektriese voertuie laai, baie laer is, as in die dag.
In Afrika is dit 'n "pipe dream". Mense in Afrika ry karre baie langer, brandstof is baie meer beskikbaar as hoë kapasiteit elektrisiteit en mens gaan met baie moeite 'n elektriese voertuig met solar aan die gang hou. Dit is ook 'n grap dat mense hier 'n elektriese kar tans laai terwyl daar 'n rokerige, raserige 60KvA kragopwekker die krag daarvoor voorsien.
In Afrika is dit 'n "pipe dream". Mense in Afrika ry karre baie langer, brandstof is baie meer beskikbaar as hoë kapasiteit elektrisiteit en mens gaan met baie moeite 'n elektriese voertuig met solar aan die gang hou. Dit is ook 'n grap dat mense hier 'n elektriese kar tans laai terwyl daar 'n rokerige, raserige 60KvA kragopwekker die krag daarvoor voorsien.
- TFDADD
- Hero Member

- Posts: 1244
- Joined: Mon Nov 14, 2016 8:42 am
Re: EV's - Elektriese Voertuie
'n Eertydse Suid Afrikaanse, humoristiese storie verteller - Sê hy: "My buurman se hond het so lang, dun snoet lat dit lyk of hy ammelee uit 'n glas gevreet het."
Laat my so dink aan die hedendaagse sê van: "In Afrika is dit 'n 'pipe dream'."
Die onderstaande feite is vrylik beskikbaar op verskeie webwerwe en is bedoel om 'n bietjie meer perspektief te gee oor die suksesvolle herlaai van EV's se battery energie bronne.
Ter inligting - Level 1 is 110 - 120 volt; Level 2 is 208 - 240 volt en Level 3 is 380 volt.
Do you need 220 volts to charge an electric car?
With proper extension cords, a plug adapter (if necessary), and a little knowledge, you can charge your EV at home or at a relative's house using standard household outlets (110 - 120 volt)—but charging fast on 220-240 volts.15 Dec 2016
Can you charge an EV with a 220V outlet?
3- Amperage options
A 220-Volt Level 2 EV charger rated at 30 Amps will deliver 6.6 kilowatts (220 x 30/1000). This means in one hour, it will send 6.6 kWh of electricity to a plug-in vehicle. So, if your electric car has on-board chargers rated at 6.6 kW or less, you can use a 30 Amps Level 2 220volt charger.11 Mar 2019
How fast does Tesla charge on 220V?
Tesla Home Charging Time
For most Teslas, it only takes about an hour to charge from 40% to 80% on a 220V system, but another two hours to go from 80% to 100%.11 Nov 2019
Are Level 2 car chargers bad?
It's evident that Level 2 charging has the least negative impact, reaching 0.9%. ... The US Energy Department lab concluded that while an electric car's battery will deteriorate faster if its only power source is Level 3 charging (which is almost never the case), the difference isn't particularly pronounced.09 Aug 2021
Hierdie bietjie basiese inligting is reeds vanaf 2016 tot 2021 beskikbaar en stel hierdie kwessie redelik goed in perspektief.
En dan die herlaai moontlikhede met solar aanwendings -
Can you charge an EV with solar?
The simple answer is yes, a solar installation will charge your electric car just as it will supply energy for the rest of your home appliances. Even a small solar panel array with only 10 solar panels can provide enough power to charge your vehicle's battery.09 Mar 2018
How many solar panels does it take to charge an EV?
A typical solar EV charging setup includes: rooftop solar panels, a central string inverter that combines DC output of the solar panels to AC, and a level 2 EV charger. SolarReviews estimates that five solar panels are needed to charge an EV.
five solar panels
SolarReviews estimates that five solar panels are needed to charge an EV. 15 Jul 2021
Die moontlikhede is daar en as dit in lande in die Noordelike Halfrond suksesvol benut word, hoeveel te meer nie by ons nie in die Suidelike Halfrond, waar baie, baie meer ure sonskyn vrylik beskikbaar is????

Waar daar 'n wil is, is daar 'n weg!
Is daar van ons solar kenners hier op die forum wat met iets soortgelyks vorendag kan kom hier plaaslik?
Volg onderstaande koppeling vir besonderhede.
https://www.tesla.com/charging

- Capt. Yoda
- Hero Member

- Posts: 13507
- Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm
Re: EV's - Elektriese Voertuie
Die wat charging units?TFDADD wrote: Tue Nov 16, 2021 4:17 pm Waar daar 'n wil is, is daar 'n weg!
Is daar van ons solar kenners hier op die forum wat met iets soortgelyks vorendag kan kom hier plaaslik?
Volg onderstaande koppeling vir besonderhede.
https://www.tesla.com/charging
Hier staan al hordes van hulle in Sandton by die winkels
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
- TFDADD
- Hero Member

- Posts: 1244
- Joined: Mon Nov 14, 2016 8:42 am
Re: EV's - Elektriese Voertuie
Weet nie so mooi van alles in Sandton nie, kom nie so gereeld daar nie!
Het gehoor van sekere EV vervaardigers wat sulke planne het EN nou ja, daar begin die poppe dans in die stede - baie dankie vir die positiewe terugvoering.
Ons krag voorsiener se probleem bly steeds bestaan, vererger dalk net vorentoe.
Daarom is dit werklik in ons eie belang om solar installasies suksesvol te ontwikkel vir die herlaai van EV's.
Daar word geweldige vordering gemaak met krag opgaar stelsels ( batterye en 'battery banke' / 'battery packs'), beide dié wat direk in die elektriese voertug self gebruik word asook die tipe batterye wat solar opgewekte krag kan stoor.
Dít is waar ons groot voordeel in lê, om juis ons huidige krag voorsiener se onvermoeë om konstant voldoende krag te voorsien, heeltemal te omseil.
Het gehoor van sekere EV vervaardigers wat sulke planne het EN nou ja, daar begin die poppe dans in die stede - baie dankie vir die positiewe terugvoering.
Ons krag voorsiener se probleem bly steeds bestaan, vererger dalk net vorentoe.
Daarom is dit werklik in ons eie belang om solar installasies suksesvol te ontwikkel vir die herlaai van EV's.
Daar word geweldige vordering gemaak met krag opgaar stelsels ( batterye en 'battery banke' / 'battery packs'), beide dié wat direk in die elektriese voertug self gebruik word asook die tipe batterye wat solar opgewekte krag kan stoor.
Dít is waar ons groot voordeel in lê, om juis ons huidige krag voorsiener se onvermoeë om konstant voldoende krag te voorsien, heeltemal te omseil.
"Facts are stubborn things; and whatever may be our wishes, our inclinations, or the dictates of our passion,
they cannot alter the state of facts and evidence. ~ John Adams.
We are honest, trustworthy and reliable.
they cannot alter the state of facts and evidence. ~ John Adams.
We are honest, trustworthy and reliable.
-
Diesel Dog
- Hero Member

- Posts: 2330
- Joined: Wed Jan 20, 2016 8:53 pm
Re: EV's - Elektriese Voertuie
Gaan nie gou n rev counter vir n amp meter ruil nie ,as die ding nie valve bounce kan kry nie hoe moet ek weet om te shift.
DD
DD
- TFDADD
- Hero Member

- Posts: 1244
- Joined: Mon Nov 14, 2016 8:42 am
Re: EV's - Elektriese Voertuie
Loop hierdie interessante stukkie op die Internet raak.
Nou kom raak die elektriese voertuig ontwikkeling sommer hier onder ons neuse 'n werklikheid!
En dit boonop in die wildbedryf waar ons as jagters ook vorentoe daarin kan deel hê.
En vir die wat nog steeds wonder of dit ooit gaan gebeur, besoek gerus die webwerf Engineering News se SA weergawe waarin 'n wye verskeidenheid artikels voorkom en lees maar self wat reeds plaaslik beskikbaar is (al is sommiges vrek duur) en wat meer in die nabye toekoms meer bekostigbaar sal raak.

Dit is maar net die begin en nog baie ontwikkeling van die EV's lê nog voor vir hierdie plaaslike pioniers in die bedryf - maar dit werk reeds suksesvol in die vroeë stadium met solar benutting reeds daar!ELECTRIC GAME DRIVE VEHICLES: HOW SAFARIS ARE GOING ELECTRONIC
Rebuilt from diesel-powered vehicles, South Africa’s first custom-built electric game drive vehicles are now operating around Cheetah Plains Private Game Reserve.
From the likes of automotive pioneers such as Tesla to other manufacturers such as BMW, both new and established motoring brands have rushed in to produce their electric vehicles; cars with instant power delivery, economical running costs, and that are made with cutting-edge technologies. Now, South Africa’s first custom-built electric game drive vehicles are operating around the Cheetah Plains Private Game Reserve.
Tipped as the ultimate electric game viewing vehicle standard in South Africa, the new fleet of vehicles is designed to deliver a zero-emission and sustainable luxury safari experience. What’s perhaps more impressive is that these aren’t just vehicles that have been made from scratch – rather, they’ve been converted from a fleet of existing diesel-powered vehicles.
The initiative isn’t just remarkable for these astonishing ecological benefits – in fact, the experience these new vehicles could provide may offer up many other benefits to the safari industry.
One of the leading figures behind the initiative is Japie van Niekerk; a rally car driver who has put his knowledge of car mechanics up to the test. By using the frame of existing vehicles in addition to new technologies and Tesla batteries, Japie aimed to produce a new standard for safari vehicles by bringing electric technologies – all the near-silent benefits of an electric battery – to bear in an immersive safari experience.
Perhaps best known as an esteemed builder of more ‘conventional’ vehicles, Cliff Barker is another name who is now heavily involved in the development of the electric safari vehicle. Cliff himself made the first electric safari vehicle a reality by building his prototype out of an existing diesel-powered vehicle.
Cliff didn’t stop there and issued his designs with modified suspension for a softer and smoother ride, USB charging ports for guests’ smartphones or cameras, a water-resistant engine, and even the capability to partially recharge his vehicle through solar panels – making for a convenient and tech-savvy fit for the modern safari-goer.
En vir die wat nog steeds wonder of dit ooit gaan gebeur, besoek gerus die webwerf Engineering News se SA weergawe waarin 'n wye verskeidenheid artikels voorkom en lees maar self wat reeds plaaslik beskikbaar is (al is sommiges vrek duur) en wat meer in die nabye toekoms meer bekostigbaar sal raak.
"Facts are stubborn things; and whatever may be our wishes, our inclinations, or the dictates of our passion,
they cannot alter the state of facts and evidence. ~ John Adams.
We are honest, trustworthy and reliable.
they cannot alter the state of facts and evidence. ~ John Adams.
We are honest, trustworthy and reliable.
- TFDADD
- Hero Member

- Posts: 1244
- Joined: Mon Nov 14, 2016 8:42 am
Re: EV's - Elektriese Voertuie
Hierdie klink na 'n baie sinvolle benadering wat Volkswagen hier op die proef gaan stel.VWSA to introduce ID.4 EV test fleet in SA next year
The second phase of Volkswagen’s electromobility strategy in South Africa will see the introduction of an all-electric ID.4 test fleet next year, 2022.
The ID.4 is the crossover sibling of the ID.3. It offers ranges of up to 522 km.
“In order to be South Africa’s best-selling EV brand, we first need to educate our consumers by getting as many of them as possible to experience electric vehicles with the hope of changing perceptions.
“The introduction of the all-electric and best-selling ID.4 will assist us with gaining valuable insights, which will pave the way for Volkswagen to include EVs in the future product portfolio in South Africa.”
The ID.4, which is the current World Car of the Year, is the Volkswagen group’s best-selling electric model.
The third phase of VWSA’s electric mobility strategy will see the first fully electric Volkswagen vehicles going on sale in South Africa, with this date not yet announced.
Verseker gaan ek hierdie kans benut om te voel hoe spin die elektriese vuurwaentjie (VW)!!!
"Facts are stubborn things; and whatever may be our wishes, our inclinations, or the dictates of our passion,
they cannot alter the state of facts and evidence. ~ John Adams.
We are honest, trustworthy and reliable.
they cannot alter the state of facts and evidence. ~ John Adams.
We are honest, trustworthy and reliable.
- TFDADD
- Hero Member

- Posts: 1244
- Joined: Mon Nov 14, 2016 8:42 am
Re: EV's - Elektriese Voertuie
Interessant, die EV's begin hul stemme dik maak en presteer op uiters moeilike terreine!Dakar 2022, Stage 3: Sainz scores first win for electric Audi
By:
Rachit Thukral
Jan 4, 2022, 1:50 PM
Carlos Sainz claimed Audi’s maiden stage victory in the Dakar Rally on Tuesday, while Nasser Al-Attiyah extended his lead in the overall standings despite finishing only eighth.
After a promising performance in Monday's second leg with the third-fastest time, Sainz came to the fore in the shortened 255km Stage 3 near Al Qaisumah, beating Toyota's Henk Lategan to the top spot by just over half a minute.
The three-time Dakar champion trailed Lategan for the majority of the stage, but never allowed the South African to pull up an advantage up front.
Having closed the gap to just 14 seconds at the seventh waypoint, the Spaniard moved in front at the next checkpoint before crossing the finish line with 38 seconds in hand.
The result marked the 40th stage win for Sainz as well as the first for an electric prototype in the top cars division, with Audi running three MGUs on its RS Q e-tron using technology it developed in Formula E.
"Facts are stubborn things; and whatever may be our wishes, our inclinations, or the dictates of our passion,
they cannot alter the state of facts and evidence. ~ John Adams.
We are honest, trustworthy and reliable.
they cannot alter the state of facts and evidence. ~ John Adams.
We are honest, trustworthy and reliable.
- TFDADD
- Hero Member

- Posts: 1244
- Joined: Mon Nov 14, 2016 8:42 am
Re: EV's - Elektriese Voertuie
In 'n baie onlangse berig oor die groei van motorverkope in 2021 teenoor dié in 2020, verskyn die volgende gedeelte:
Feit is egter dat hier plaaslik reeds 650 eenhede in 2021 verkoop is.
Kom ons kyk wat gebeur in dié segment in die volgende jaar of twee, drie.
Die hoë persentasie groei kan maar geïgnoreer word - dit is vanaf 'n baie lae vorige basis bereken en is eintlik niksseggend.'n Segment wat interessant gaan wees om dop te hou, is nuwe energie voertuie, wat elektriese, inprophibried-elektriese en gewone hibriede voertuie insluit.
Dié segment het met 127.37% gegroei tot 650 eenhede.