Page 1 of 1

Musgrave 243 Win Lyttelton aksie (Presidents)

Posted: Fri Sep 24, 2021 1:05 pm
by Willem F J Jacobs
Goeie Middag,

Ek wil graag meer uitvind oor my Musgrave 243 Win. Ek en die geweer is al reeds van kindsbeen af jagmaats en ek onthou hoe n wapensmit destryds gesê het dat dit n Lyttelton RSA aksie is ook genaamd die “ Presidents geweer “. Hy het steeds sy oorspronklike 26” loop op en sy reeks nomme is as volg: OB243E-XXX.

Onder volg n paar fotos.
Ek hoor graag van julle.

Jagters Groete

Re: Musgrave 243 Win Lyttelton aksie (Presidents)

Posted: Fri Sep 24, 2021 1:28 pm
by tripodmvr
Kyk maar die plasings deur onder hierdie hofie. Hieronder is een wat 'n soortgelyke reeksnommer as joune het.

viewtopic.php?p=774635#p774635

Re: Musgrave 243 Win Lyttelton aksie (Presidents)

Posted: Fri Sep 24, 2021 5:07 pm
by HeinM
Musgrave President model met vol ruitwerk en sonder korrel en visier ongeveer 1974 tot 1977. Die prys in 1975 was R235. Ek is al 'n paar jaar by die groep Oom Ben Musgrave op FB. Daar is regtig ingeligte Musgrave kundiges, wat destyds in die Bloem fabriek gewerk het. Ouens soos Chris Barnard, Paul Kirsten en Gerrie Coetzee het baie kennis en kan help met inligting.

Ek het 'n Plankgeweer en my broer het 'n Custom RSA, beide in 7.62x51. Hy het ook 'n Mini 90 in 223Rem.

Groetnis!

Re: Musgrave 243 Win Lyttelton aksie (Presidents)

Posted: Sat Sep 25, 2021 7:54 am
by Willem F J Jacobs
Baie dankie Hein M, ek sal gerus daar gaan kyk. Die Musgrave wapens bly maar diep in ons erfenis.
Groete