Page 1 of 3

Mening oor rooikat in hok!?!?

Posted: Wed Jan 18, 2012 9:35 pm
by fiela
HOE MAAK JULLE N ROOIKAT WAT IN JOU HOK IS DOOD?

Ek skuif hulle oor na n tweede hok toe en gaan skiet die kat dan n ent weg.

Wil graag hoor hoe maak julle?

Re: Mening oor rooikat in hok!?!?

Posted: Wed Jan 18, 2012 9:46 pm
by molopohunter
Klap net daar in die hok.
Het nog nie te veel gevang om n hok te los nie, hulle pla maar min hier.
Dis gewoonlik net 1 kat wat droogmaak, dan moet hy maar van kant gemaak word.

Groete,
Peet

Re: Mening oor rooikat in hok!?!?

Posted: Wed Jan 18, 2012 9:54 pm
by Arno Pienaar
Fiela.                        Ons los hom in die hok vir n dag of 2 dat hy al sy dinge daar doen en dan skiet ons hom in die hok verkieslik n kop skoot dat hy minder bloei en dan haal ons hom so gou as moontlik uit en dan stel ons die hok dadelik weer daar op die selfde plek het nogal n paar weer so na mekaar gevang.                Pienaar

Re: Mening oor rooikat in hok!?!?

Posted: Wed Jan 18, 2012 10:45 pm
by fiela
Dankie peet en pienaar.

Ek het al gehoor ( Garry Laubcher ) dat mens hom moet wurg met n tou en dan uithaal sodra hy sy bewussyn verloor het.

Julle plan is maar beter. Ek het al n kat verloor met die oorskuif na n ander hok toe. Dit het nogal gebeur by n oubaas wat baie skade gekry het. Die ergste van als is dat die oubaas bygestaan het toe die kat uitspring!! Ek het darm baie simpel gevoel! Daar staan ons en kyk vir die kat wat hol. Die oubaas het sy kop gekrap en gese: "As ek dit geweet het, het ek lankal die demitse hok self kom oopmaak!"

So leer mens ook maar op die harde manier!

Re: Mening oor rooikat in hok!?!?

Posted: Thu Jan 19, 2012 6:39 am
by Gerhard
fiela wrote: Ek het al gehoor ( Garry Laubcher ) dat mens hom moet wurg met n tou en dan uithaal sodra hy sy bewussyn verloor het.
Dankie Fiela,

My keyboard is nou vol koffie soos ek gelag het...

Re: Mening oor rooikat in hok!?!?

Posted: Thu Jan 19, 2012 7:49 am
by marno
fiela wrote: Ek het al gehoor ( Garry Laubcher ) dat mens hom moet wurg met n tou en dan uithaal sodra hy sy bewussyn verloor het.
My genade!!!  Ek skud maar net my kop en lag!

Re: Mening oor rooikat in hok!?!?

Posted: Thu Jan 19, 2012 7:52 am
by Geno
Ook net GL wat reken jy moet iets dood wurg... Ai.

Ek kan jou wel s? dat 'n 6" gong ook iets maklik doodslaan, het dit die naweek agtergekom.

Re: Mening oor rooikat in hok!?!?

Posted: Thu Jan 19, 2012 7:53 am
by marno
Geno wrote: Ook net GL wat reken jy moet iets dood wurg... Ai.

Ek kan jou wel s? dat 'n 6" gong ook iets maklik doodslaan, het dit die naweek agtergekom.
HAHAHAHAHAHA Geno!!!  Ja nee jy het mooi gemaak met daai gong!

Re: Mening oor rooikat in hok!?!?

Posted: Thu Jan 19, 2012 8:00 am
by Cobus(Cobb)
Geno wrote: Ook net GL wat reken jy moet iets dood wurg... Ai.

Ek kan jou wel s? dat 'n 6" gong ook iets maklik doodslaan, het dit die naweek agtergekom.
Wat het jy doodgeslaan Geno?

Re: Mening oor rooikat in hok!?!?

Posted: Thu Jan 19, 2012 9:13 am
by Geno
Cabous,

'n Jakkalsteef watse rug afgeskiet was.

Re: Mening oor rooikat in hok!?!?

Posted: Thu Jan 19, 2012 9:29 am
by jaracal
Fiela
Die kat moet in die hok waarin hy gevang word, net aan die agterkant van die trapplaat (weg van die bek van die hok) geskiet word. Die bloed en urine/mis is 'n aantrekking vir die volgende kat wat verbykom. Die storie dat jakkalse en rooikatte vir bloed skrik is 'n groot miete. Ek het werklik 100de jakkalse bymekaar doodgeskiet waar die een aan die ander geruik het of die ander se bloed geruik het.

Groete
Heinrich

Re: Mening oor rooikat in hok!?!?

Posted: Thu Jan 19, 2012 10:09 am
by Niel Viljoen
Fiela

Katte is wel vroer in hokke met toue gevang. Ons het dit gewoonlik gedoen as jy geen vuurwapen by jou het nie en jou hok staan redelik hoog in die berge en ver van die huis af. Baie van ons arbeiders gebruik vandag nog hierdie metode en dit is niks vreemds nie.

Gewoonlik is daar van n besemstok gebruik gemaak en met draad n ronde oog gebuig omtrent die grootte van n vyfrand stuk dit is dan aan die een kant van die besemstok vasgemaak n stuk tou is teen die besemstok af gevoer deur die oog met n groot "loop" en dan weer terug deur die oog en op met die besemstok tot by die hanteerder se hand. As die kat in die hok was is die besemstok deur die hok se dak gedruk en die" loop" voor is groot genoeg oopgestoot sodat die kat se kop daardeur kon gaan, die" loop" is oor die kat se kop gesit en styf getrek, sodoende is die kat gevang. Die kat is dan nader na die bokant van die hok se dak getrek en met n kierrie gepiets, net hard genoeg om nie die hok te beskadig dan is die kat uitgehaal en vankant gemaak.(Kat nie in hok dood gewurg nie)

Persoonlik het ek n 25mm swart pyp verkies waardeur die tou gevoer word om n "loop" aan die een kant te vorm.

Bloed in hokke het vir my ook geen negatiewe uitwerking op jou suksesfaktor nie. Die tou metode is maar net vroer jare gebruik en soos reeds gese is vandag ook nog deur ons arbeiders.

n Ander manier is om sommer die hok se deur voor oop te maak in te klim en die kietsie te vang ????

Groete
Niel

Re: Mening oor rooikat in hok!?!?

Posted: Thu Jan 19, 2012 12:27 pm
by MEERKAT
Persoonlik dink ek dit is meer menslik om 'n dier dood te skiet eerder as om hom te verwurg of dan nou flou te wurg. Indien 'n werker 'n kat hier sou doodwurg moet hy redelik vinnig uitvind waar die plaas se hek is.

Nog nooit kon ons met sekerheid se dat bloed in hokke katte afskrik nie, 'n dooie kat agter die hok lok defnitief ander katte , by geen van my hokke is aas in nie, net gedeelte of hele kat agter die hok, jy doen dit so elke 3-4 jaar.

Moet byse hier in ons wereld is weinig katte oor, die jakkalse vreet die kleintjies eenvoudig op, vir elke kat wat geskiet word word seker +- 25 jakkalse geskiet.

Sal later foto's opsit van Kerneels 10mnde en Noodle 7 weke, baie interesant om te sien hoe 'n rooikat se maniere ontwikkel soos hulle ouer word.
Groetnis
MEERKAT

Re: Mening oor rooikat in hok!?!?

Posted: Thu Jan 19, 2012 5:16 pm
by fiela
Baie dankie julle. Ek wardeer dit dat julle raad deel.

Die catnip wat Ian van praat: Hoe bery mens dit voor?
Julle praat ook van: 'Agter die voetplaat" My hok het albei kante deure wat gelyk toeval. Moet ek een hek toehou?
Sit ek die hok in die oopte of tussen bosse? EK het altyd altwee oop. Het al gevang, maar voel of ek nog te min vang.

Nog bietjie hulp en raad sal wardeer word. Mens kan nooit genoeg weet nie!

Re: Mening oor rooikat in hok!?!?

Posted: Thu Jan 19, 2012 6:35 pm
by jaracal
Hallo Fiela
Die hokke met 2 deure het 'n voordeel indien dit in 'n voetpad, paadjie, by 'n draad deurgang ens, gestel word. Die hokke met 'n enkel deur word verkieslik gebruik indien jy die hok in 'n bos naby 'n pad stel. (Hoe nader aan die pad hoe beter)  Die lokaas binne, kat urine, catnip, ens word dan agter die trapplaat gestel dat die kat oor die trapplaat moet beweeg om die ander kat se reuk te ruik of te merk. Die kante en agter moet goed toegepak word met takke om te verhoed dat die kat nie van langs die kant die reuk "dood/oor merk nie. Die kat moet in die hok inbeweeg om by die lok middel uit te kom. Die trapplaat moet liggies met sand/blare/gras bedek word en baie belangrik, die hok moet nie beweeg as die kat ingaan nie, maw werklik op gelyke grond gestel word. Maak gelyk met graaf indien ongelyk. Gooi die onderkant van die hok ook met 'n lagie grond om die sif/yster te bedek.

Groetnis
Heinrich

Re: Mening oor rooikat in hok!?!?

Posted: Thu Jan 19, 2012 7:59 pm
by basie
Die catnip waarvan julle manne praat, waar kan ek van dit in die hande kry?

Mooiloop
Basie

Re: Mening oor rooikat in hok!?!?

Posted: Thu Jan 19, 2012 9:54 pm
by fiela
Dankie Jaracal.

Ek het die hok gaan stel naby n voetpad. Het paar dae terug n kat op my trail-cam afgeneem. Het nou als gedoen soos oom se. Sal nou wag en kyk. Ek wil net graag weet hoe presies die catnip moet wees?? Ek het vandag by n kwekwry klomp takke met die blare afgesny.

Ek het bietjie van dit ingesit. Ek wil net weet of ek die goed moet droog en dan fyn opkap, of wat? Ek het ook in pick a pay katkos gekry wat met regte catnip gemeng is. Moet ek van dit ook in die hok sit?

Basie, Ek het maar onlangs gehoor van die catnip. Vra vir Ian, Ek het dit op een van sy insetsels gelees.

Re: Mening oor rooikat in hok!?!?

Posted: Thu Jan 19, 2012 9:57 pm
by fiela
Ian, kan jy nie vir ons bietjie meer inligting gee oor dir catnip nie?, asseblief.

Oom Heindrich, ek wou ook nog vra; Sal gewone huiskat uriene ook werk of raag ek nou heel simpel?!

Re: Mening oor rooikat in hok!?!?

Posted: Thu Jan 19, 2012 10:22 pm
by Ian
Beste Fiela

Daardie Catnip wat jy nou vars gesny het moet jy net so bo-op of agter die trapplaat strooi. Onthou om 'n stukkie foil bo die trapplaat te hang om die kat se aandag trek. Moenie die hok met takke toemaak nie. Hoop jy vang die bogger.
Daardie katkos kan werk, ek gooi altyd ook 'n blikkie sardines met olie agter in die hok.
Groete Ian

Re: Mening oor rooikat in hok!?!?

Posted: Thu Jan 19, 2012 10:39 pm
by fiela
Dankie Ian,

Ek het die trailcam so entjie van die hok af. Hoop ek kan gou n foto van rooikat kry.
Dink dit kan nice wees om so stel 'before and after' kiekkies van die kat by die hok te kry. Wel, dis nou as hy kom. :-\

Sal jou laat weet.

Re: Mening oor rooikat in hok!?!?

Posted: Thu Jan 19, 2012 10:55 pm
by fiela
Ian,

Dit het nou weer by my uitgewaai.  Die res van daai catnip, moet- kan ek dit gebruik as dit droog is of sit mens net vars gesyde catnip in?

Re: Mening oor rooikat in hok!?!?

Posted: Thu Jan 19, 2012 11:06 pm
by Ian
Fiela

Dit werk beter as dit nat is. Probeer 'n jong plant in die hande te kry en plant hom agter die trapplaat. Net 'n waarskuwing, daar gaan niks van hom oor wees nie. Huiskatte vewoes so 'n plantjie as dit in jou tuin staan.
Ek het dit al gebruik in enige vorm, droog, fyn, in lusern vorm en ook nat en het al sukses met almal gehad maar die meeste is in 'n nat vorm gevang.
Groete

Re: Mening oor rooikat in hok!?!?

Posted: Thu Jan 19, 2012 11:30 pm
by Ian
Fiela

'n Vriend van my kry huiskat uriene by sy veearts en hy het al sukses met dit gehad. Ek weet van een persoon wat 'n wilde huiskat gevang het en het die agter die vanghok in 'n ander hok gesit met ook sukses. Daar is baie baie maniere om die rooikatte te vang maar die meeste wat ek mee sukses gehad het is die Catnip.

Groete.

Re: Mening oor rooikat in hok!?!?

Posted: Fri Jan 20, 2012 7:47 am
by basie
Ian

Jy het nie dalk 'n foto van die catnip (plantjie) nie? Miskien weet 'n ou nie eers jy het van dit in jou tuin nie.

Dankie
Basie

Re: Mening oor rooikat in hok!?!?

Posted: Fri Jan 20, 2012 7:57 am
by Ian
More Basie

Die kweekery hier in Klerksdorp bly nie voor met die Catnip. Dit verkoop soos soetkoek onder die huiskat eienaars. Ek sal vanoggend probeer 'n plant in die hande kry en 'n foto vir jou laai. Hoor later van my.

Groete