Page 1 of 1
Re: perseveer van hooring.
Posted: Fri Jan 20, 2012 12:17 pm
by Wouter Roets
Piet
Hierdie is n openbare forum so ek sal jou maar PM oor die presevering van jou horing!
Groetnis
Wouter
Re: perseveer van hooring.
Posted: Fri Jan 20, 2012 12:20 pm
by VdWalt
Re: perseveer van hooring.
Posted: Fri Jan 20, 2012 8:14 pm
by JPS
ha ha ha, ek glo op sekere ouderdom help preseveer middels nie meer nie

Re: perseveer van hooring.
Posted: Fri Jan 20, 2012 9:05 pm
by jl1904
Naand Piet-Skiet, ek antwoord op hoor se of wat ek erens raak gelees het.
Nadat die skedel afgekook is en alle weefsel verwyder is kan die skedel, sonder die horings, of geberokside word om dit wit te kry of geverf word met 'n mengsel van wit PVA en houtlym. Die horings kan vernis word en terug gesit word op die skedel.
Ek dink amper daar was 'n artikel in een van die Jag en Wild tydskrifte so ruk terug.
Groetnis
Johan
Re: perseveer van hooring.
Posted: Fri Jan 20, 2012 10:08 pm
by jl1904
Die horing bestaan uit twee dele, die buitenste deel is 'n omhulsel om been,
En dit trek van die been af, die taksidermis sny dan ook die binneste been op omtrent 10 of 15cm af en druk dan die omhulsel weer terug oor die stompies.
En ja blykbaar help die houtgom om die skedel by mekaar te hou.
Johan
Re: perseveer van hooring.
Posted: Sat Jan 21, 2012 10:40 am
by MEERKAT
Hallo Piet
Nadat ons die horings uitgedraai het gooi ons hulle in 'n 3% jik oplossing vir 'n paar ure herhaal soos nodig tot snaakse reuk weg is. Die pit van die horings word afgesaag en die basis deel word gekook. Krap basis deel goed skoon en gooi ook in jik water.
Laat alles goed droog word gooi insekwerende poeier in horing holtes en laat staan vir +- 30 dae, verf intussen die basis gedeelte met pva +houtlym of 'n emalje verf.
Die horing gedeelte kan met meubel olie gesmeer word (kan alvorens afskuur met fyn sandpapier) , die blink onnatuurlike kleur sal later verdwyn soos olie in horing intrek.
Mooi loop
MEERKAT
Re: perseveer van hooring.
Posted: Sat Jan 21, 2012 3:56 pm
by grumpy