Page 1 of 1
Is 9mm punte (koeëls) by julle ook moeilik bekombaar?
Posted: Tue Nov 09, 2021 9:43 pm
by NicovanderMerwe
Goeie dag.
Ons is 'n klompie skiet maters wat groot maat 9mm punte soek, enige iemand dalk 'n aanbeveling asb?
Baie dankie
Re: Is 9mm punte (koeëls) by julle ook moeilik bekombaar?
Posted: Tue Nov 09, 2021 9:49 pm
by OosKaapJagter
Ek gebruik hierdie koeëls al 'n geruime tyd in .45ACP en 9mm:
https://www.bulletcorp.co.za/
Re: Is 9mm punte (koeëls) by julle ook moeilik bekombaar?
Posted: Wed Nov 10, 2021 7:14 am
by Toxxyc
Jy kan Silver Rapids ook probeer. 'n Paar ouens by my local skietklub doen nou bitter goed met hulle. Ek weet Albert Wessels is net een van die skuts wat al so paar championships goed gedoen het met Silver Rapids, en hy word nou deur hulle geborg ook.
Re: Is 9mm punte (koeëls) by julle ook moeilik bekombaar?
Posted: Wed Nov 10, 2021 10:58 am
by LUAN
Re: Is 9mm punte (koeëls) by julle ook moeilik bekombaar?
Posted: Wed Nov 10, 2021 12:31 pm
by NicovanderMerwe
OosKaap Jagter - in watter dorp en watter gunshop verskaf hulle asb?
Re: Is 9mm punte (koeëls) by julle ook moeilik bekombaar?
Posted: Wed Nov 10, 2021 4:48 pm
by Fanta300
ED09B4BC-4E73-4A17-83CE-5B755A5F3CF3.jpeg
Re: Is 9mm punte (koeëls) by julle ook moeilik bekombaar?
Posted: Wed Nov 10, 2021 6:26 pm
by OosKaapJagter
Bestel die smartie koeëls sommer direk van die verskaffer af. As jy regtig wil, kan jy jou plaaslike handelaar vra om te bestel.
Vir 9mm het ek hulle 124gr punte gebruik wat 100% werk. Dit is waarvan ek nog redelik baie voorraad het. Dit wil voorkom asof daardie spesifieke een vervang is met 'n "verbeterde" 125gr Match Pro.
Re: Is 9mm punte (koeëls) by julle ook moeilik bekombaar?
Posted: Fri Nov 12, 2021 8:07 am
by Toxxyc
Fanta300 wrote: Wed Nov 10, 2021 4:48 pm
ED09B4BC-4E73-4A17-83CE-5B755A5F3CF3.jpeg
Kyk Frontier se pitte is bitter nice, maar hel hulle het duur geword.
Re: Is 9mm punte (koeëls) by julle ook moeilik bekombaar?
Posted: Fri Nov 12, 2021 9:18 am
by HeinM
Ek gebruik nou Bullet Corp se punte en kan geen fout vind nie. Bekostigbaar, goeie kwaliteit en akkuraat. Bestel net vroegtydig. Het 'n 2 weke wagtyd.
Die CMJ's van Frontier het te duur geraak.
Mooi naweek almal!
Re: Is 9mm punte (koeëls) by julle ook moeilik bekombaar?
Posted: Fri Nov 12, 2021 11:26 am
by Frederik
Wat het nie duur geraak nie? Kyk net na diesel en Petrol natuurlik het Koper se prys gestyg al is dit net cladding.
Vervoer kostes van materiaal.
Ek sien dit self in my bedryf Plascon het basies met 15% opgegaan die jaar Diesel net plain weer te veel dan wil manne nog laasjaar se rates betaal???
Die silver rapids werk vir my sover nog nie baie kans gekry om te skiet nie maar hulle loop mooi dusver.
Re: Is 9mm punte (koeëls) by julle ook moeilik bekombaar?
Posted: Fri Nov 12, 2021 12:27 pm
by HeinM
Frederik wrote: Fri Nov 12, 2021 11:26 am
Wat het nie duur geraak nie? Kyk net na diesel en Petrol natuurlik het Koper se prys gestyg al is dit net cladding.
Vervoer kostes van materiaal.
Ek sien dit self in my bedryf Plascon het basies met 15% opgegaan die jaar Diesel net plain weer te veel dan wil manne nog laasjaar se rates betaal???
Die silver rapids werk vir my sover nog nie baie kans gekry om te skiet nie maar hulle loop mooi dusver.
Ek sien jy sê niks van kruit nie... Dit is ook die rede hoekom ek probeer bespaar op punte.