Page 1 of 1

DIS STIL

Posted: Tue Dec 07, 2021 1:05 pm
by PWV
Jan F.E. Cilliers:

"Dis stil.
So 'n stilte wat hang en wat draal.
.."

So gaan dit nou op Jaracal. Is dit 'n simptoom van die deteriorasie van ons geliefde land?
Oor myself worry ek nie meer te veel nie, maar my kinders en kleinkinders! As ek nou se wat gebeur en hoe ek voel, gaan my kommentaar so-by-so gesuiwer word dat julle nie sal verstaan wat ek eintlik wil se nie!!!

Re: DIS STIL

Posted: Tue Dec 07, 2021 1:09 pm
by J le Roux
Ek erken vandag aan iemand hierdie is die eerste keer in 25 van werk dat ek regtig moeg is aan die einde van 'n jaar.

Ek dink meeste van ons het 'n goeie breek nodig, ek worry oor my kinders, en die mense wat vir my werk wat hulle ook soos kinders gedra. Dan ook nog of ons vakansieplanne gaan uitwerk.

Re: DIS STIL

Posted: Tue Dec 07, 2021 2:09 pm
by OosKaapJagter
Eskom, brandstofpryse, grondonteieningswette, vuurwapen wetgewing, covid, korrupsie, die ekonomie, ens..........

Almal is vuisvoos en stil.

Soos my een oorlede vriend altyd so droogweg opgemerk het:
"Vra my ma my hoekom drink ek. Sê ek haar, toe drink sy saam!"

Re: DIS STIL

Posted: Tue Dec 07, 2021 3:24 pm
by Klein Karoo
Dit druk, dit is verseker, maar staan vas manne, hou moed en bly Glo.

Re: DIS STIL

Posted: Tue Dec 07, 2021 7:36 pm
by Francoisv
Nee hel, ek druk deur. Kan nie gaan lê, dankbaar vir elke stukkie werk wat na my toe kom. Maar ek ken daai moeg. Soos AG Visser se moeg.

Sent from my CPH2145 using Tapatalk

Re: DIS STIL

Posted: Tue Dec 07, 2021 7:42 pm
by JJV
Hierdie jaar is 2 maande te lank, slegte jaar vir my gewees, ek is moeg, maar wat kan mens anders doen as opstaan en aangaan……

Sent from my iPhone using Tapatalk

Re: DIS STIL

Posted: Tue Dec 07, 2021 11:22 pm
by JAGTERSREG-JRM
As jy val maak dit net saak hoe jy opstaan!! Die twee jaar was n uitdaging MAAR ten spyte van al die negatiewe is ons nogsteeds geseen. Die oubaas kyk nogsteeds agter ons.

Re: DIS STIL

Posted: Wed Dec 08, 2021 8:08 am
by swc-tr
Daar is darem altyd genade van Bo, en so af en toe goeie nuus: https://www.timeslive.co.za/sunday-time ... -defeated/

Sent from my SM-A125F using Tapatalk

Re: DIS STIL

Posted: Wed Dec 08, 2021 8:21 am
by ZKK
Ek wil graag met julle hierdie stukkie van Oom Angus deel.
Ek voel dis nogal heel gepas hier

https://www.youtube.com/watch?v=854JOBkKGFk

Re: DIS STIL

Posted: Wed Dec 08, 2021 4:07 pm
by Capt. Yoda
Eks gatvol en alles ereteur my, ek wil net erens op n duin gaan sit sonder n foon en net na n vuur kyk wat brand

Re: DIS STIL

Posted: Wed Dec 08, 2021 5:04 pm
by Methos
My ouers sou die 13de geland het om bietjie vir ons te kuier - Nou met die bleddie Omicron lyk dit egter glad nie asof dit gaan gebeur nie. Die kinders en my ma het erg uitgesien daarna.

Die jag gaan ook nie great die jaar nie ;) - Die varke is min en ek sien wel gereeld een maar kan nie skiet nie want dis te vêr of die skoot is nie veilig nie... Maar 'n sad jaar...

Re: DIS STIL

Posted: Wed Dec 08, 2021 6:00 pm
by tripodmvr
Methos my simpatie. Verstaan jou posisie maar al te goed. Ons sou 23 Maart 2020 na Abu Dhabi gevlieg het om my seun en skoondogter te gaan besoek. Dit het nie gebeur nie weens die lockdown net daarna.

Ons het nou begin beplan vir Januarie 2022. Dit is ook van die baan. Die 16 Nov was dit 3 jaar laas wat ek my skoondogter van aangesig to aangesig gesien het. Ons is lekker ge-Omikron.

Re: DIS STIL

Posted: Sun Dec 19, 2021 9:07 pm
by Apie
In die landbou bedryf werk ons die hardste die tyd van die jaar met planttyd!!

Ek voel ek wil die manne wat so met hulle sleepwaentjies, karavane, surfboards en lilos oppad see toe ry met klippe gooi!!

Toemaar! Wintertyd maak ek weer op!

Vasbyt manne! Kop af en dryf!!!

Sent from my iPhone using Tapatalk

Re: DIS STIL

Posted: Mon Dec 20, 2021 6:28 am
by joe rocket
Ek ry more bietjie Namibia toe. Gaan draai by dooie vlei. Ek is self dood na die 2 jaar se stront. Gaan sit en na die vuur staar en net mooi tokkol doen met die namib sand tussen my tone.

Re: DIS STIL

Posted: Mon Dec 20, 2021 4:44 pm
by tau
joe rocket wrote: Mon Dec 20, 2021 6:28 am Ek ry more bietjie Namibia toe. Gaan draai by dooie vlei. Ek is self dood na die 2 jaar se stront. Gaan sit en na die vuur staar en net mooi tokkol doen met die namib sand tussen my tone.
Kom kry jy die plaas se sleutels? Iemand moet gaan kyk of my handewerk nog reg is :laugh:

'n Jaar terug het ek in 'n vreemdeland my voete probeer vind. Hier sit ek weer in Afrika, confusius deluxe!!!

Re: DIS STIL

Posted: Mon Dec 20, 2021 11:04 pm
by joe rocket
tau wrote: Mon Dec 20, 2021 4:44 pm
joe rocket wrote: Mon Dec 20, 2021 6:28 am Ek ry more bietjie Namibia toe. Gaan draai by dooie vlei. Ek is self dood na die 2 jaar se stront. Gaan sit en na die vuur staar en net mooi tokkol doen met die namib sand tussen my tone.
Kom kry jy die plaas se sleutels? Iemand moet gaan kyk of my handewerk nog reg is :laugh:

'n Jaar terug het ek in 'n vreemdeland my voete probeer vind. Hier sit ek weer in Afrika, confusius deluxe!!!

Johnna ek so bly jy is terug maar yzerfontein is n bietjie van n ompad. Plaas jy nooi my vir n sleepover. Ek sal my gedra belowe...

Re: DIS STIL

Posted: Tue Dec 21, 2021 5:30 am
by Heinz Petersen
joe rocket wrote: Mon Dec 20, 2021 11:04 pm

Jy mag maar jou hemp daar uittrek

Re: DIS STIL

Posted: Tue Dec 21, 2021 7:04 am

Ek werk ek hou nie vakansie nie....jy ry verby my.
Heinz Petersen wrote: Tue Dec 21, 2021 5:30 am
joe rocket wrote: Mon Dec 20, 2021 11:04 pm
tau wrote: Mon Dec 20, 2021 4:44 pm Kom kry jy die plaas se sleutels? Iemand moet gaan kyk of my handewerk nog reg is :laugh:

'n Jaar terug het ek in 'n vreemdeland my voete probeer vind. Hier sit ek weer in Afrika, confusius deluxe!!!

Johnna ek so bly jy is terug maar yzerfontein is n bietjie van n ompad. Plaas jy nooi my vir n sleepover. Ek sal my gedra belowe...
Jy mag maar jou hemp daar uittrek
:laugh: :laugh: :laugh: :laugh: :laugh:

Re: DIS STIL

Posted: Tue Dec 21, 2021 9:47 am
by PWV
Heinz Petersen wrote: ↑Tue Dec 21, 2021 5:30 am

Jy mag maar jou hemp daar uittrek.

PWV WROTE:
Hy wil nie se waar hy die broeke met die ingeboude knoppe koop nie! ++>:

Re: DIS STIL

Posted: Tue Dec 21, 2021 4:15 pm
by ruaanb
PWV wrote:Heinz Petersen wrote: ↑Tue Dec 21, 2021 5:30 am

Jy mag maar jou hemp daar uittrek.

PWV WROTE:
Hy wil nie se waar hy die broeke met die ingeboude knoppe koop nie! ++>:
Knopstores oom