Beste loop vir Lang Afstand skiet of jag beskikbaar tans in SA

Everything regarding Long Range Shooting and Hunting here / Alles rakende Langafstand skiet en jag hier
NicovanderMerwe
Full Member
Full Member
Posts: 171
Joined: Tue Apr 29, 2014 3:40 pm

Beste loop vir Lang Afstand skiet of jag beskikbaar tans in SA

Post by NicovanderMerwe »

Goeie dag mense

Ek wonder steeds watter loop is die beter een beskikbaar tans? Watter faktore maak die een loop beter as die volgende of is dit maar 'n opinie of moet mens kyk wat die manne gebruik wat in topklas posisie is?

Ek het by 'n oorlede vriend gehoor dat 'n plaaslike loopvervaardiger in SA met die naam "Sneeuwberger" of so iets, uitstekende lope vervaardig. Dit kan dalk op 'n plaas wees êrens in Cradock. Nie lekker seker nie.

Sal graag wil hoor wat julle sê.

Dankie
User avatar
Capt. Yoda
Hero Member
Hero Member
Posts: 13509
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm

Re: Beste loop vir Lang Afstand skiet of jag beskikbaar tans in SA

Post by Capt. Yoda »

Wat die amerikaanse lope beter maak (as hul wel beter is) gaan jou nie tans help nie want daar is bitter min beskikbaar. Jy kan maar n sneeuberg koop en aan gaan anders kan jy 4 jaar vir n krieger soek.

Daar is tans n 24 tot 36 maande wag in die US vir hul lope so jy kan self doe som maak wanner ons weer n Krieger of Bartlein gaan kry
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
Apie
Hero Member
Hero Member
Posts: 3067
Joined: Sun Nov 30, 2014 7:53 pm

Beste loop vir Lang Afstand skiet of jag beskikbaar tans in SA

Post by Apie »

Almal wat ek ken Walter Lope wat deur Humkoop inkom skiet ‘n koekhou!

Sent from my iPhone using Tapatalk
Andre308
Hero Member
Hero Member
Posts: 902
Joined: Sat Nov 07, 2015 6:54 am

Re: Beste loop vir Lang Afstand skiet of jag beskikbaar tans in SA

Post by Andre308 »

Ek het al baie positief gehoor van Sneeuberg. Al probleem wat ek moontlik kan sien is dat hulle lope (sover ek weet) net tot 28 duim finale lengtes gaan.

Daar is wel n fabrikaat wat aksies ook maak in ons land wie se produkte ek nie sal koop nie. Al teveel gehoor van baie slegte QC en naverkoop diens.

Groete
Andre
Conna Howa
Full Member
Full Member
Posts: 195
Joined: Tue Aug 08, 2017 10:21 pm

Re: Beste loop vir Lang Afstand skiet of jag beskikbaar tans in SA

Post by Conna Howa »

Andre308 wrote: Fri Dec 10, 2021 8:58 pm Ek het al baie positief gehoor van Sneeuberg. Al probleem wat ek moontlik kan sien is dat hulle lope (sover ek weet) net tot 28 duim finale lengtes gaan.

Daar is wel n fabrikaat wat aksies ook maak in ons land wie se produkte ek nie sal koop nie. Al teveel gehoor van baie slegte QC en naverkoop diens.

Groete
Andre
Goeie naand André, as jy nie omgee dat ek vra nie, watter fabrikaat is dit?
6.5/284Norma
Hero Member
Hero Member
Posts: 1728
Joined: Tue Sep 08, 2015 7:28 am

Re: Beste loop vir Lang Afstand skiet of jag beskikbaar tans in SA

Post by 6.5/284Norma »

Ek kan wel getuig daarvan dat hulle lope baie goed is en baie mooi skiet ook. Jy het ook nie eintlik naverkope diens op 'n loop nodig nie.
I'd rather be hunting!

Truvelo 6mm Creedmoor
Howa 6mm Creedmoor
Howa 6.5 Creedmoor
Kolhasie
Hero Member
Hero Member
Posts: 547
Joined: Fri Jul 04, 2014 1:29 pm

Re: Beste loop vir Lang Afstand skiet of jag beskikbaar tans in SA

Post by Kolhasie »

Sneeuberg gaan jou pad wees om te loop.

As iemand vir jou noem die naam Eagle dan hardloop jy weg hulle maak ook lope in SA maar jy sal lang trane huil.

Groete KH
6.5/284Norma
Hero Member
Hero Member
Posts: 1728
Joined: Tue Sep 08, 2015 7:28 am

Re: Beste loop vir Lang Afstand skiet of jag beskikbaar tans in SA

Post by 6.5/284Norma »

Kolhasie wrote: Sat Dec 11, 2021 6:37 am Sneeuberg gaan jou pad wees om te loop.

As iemand vir jou noem die naam Eagle dan hardloop jy weg hulle maak ook lope in SA maar jy sal lang trane huil.

Groete KH
Hoekom reken jy so? Ek vra omdat ek oppad is om een by hulle te bestel.
I'd rather be hunting!

Truvelo 6mm Creedmoor
Howa 6mm Creedmoor
Howa 6.5 Creedmoor
Kolhasie
Hero Member
Hero Member
Posts: 547
Joined: Fri Jul 04, 2014 1:29 pm

Re: Beste loop vir Lang Afstand skiet of jag beskikbaar tans in SA

Post by Kolhasie »

6.5/284Norma wrote: Sun Dec 12, 2021 6:17 am
Kolhasie wrote: Sat Dec 11, 2021 6:37 am Sneeuberg gaan jou pad wees om te loop.

As iemand vir jou noem die naam Eagle dan hardloop jy weg hulle maak ook lope in SA maar jy sal lang trane huil.

Groete KH
Hoekom reken jy so? Ek vra omdat ek oppad is om een by hulle te bestel.
1ste die lope groep gladnie of altans baie van hulle. ken n hand vol mense wat baie sukkel met hulle
2de As die loop probleme gee gaan jy gladnie reg kom om hom te vervang by verskafer nie hulle gooi n dowe oor of dit is jou skuld
3de Ek het een gesien wat in verpakking by n persoon aangekom het en dit lyk regtig nie goed nie. Ek sou die storie darm beter laat lyk

Bly wel jou besluit maar ja daar is baie klagtes oor daai lope.

Groete KH
Andre308
Hero Member
Hero Member
Posts: 902
Joined: Sat Nov 07, 2015 6:54 am

Re: Beste loop vir Lang Afstand skiet of jag beskikbaar tans in SA

Post by Andre308 »

Conna Howa wrote: Sat Dec 11, 2021 2:55 am
Andre308 wrote: Fri Dec 10, 2021 8:58 pm Ek het al baie positief gehoor van Sneeuberg. Al probleem wat ek moontlik kan sien is dat hulle lope (sover ek weet) net tot 28 duim finale lengtes gaan.

Daar is wel n fabrikaat wat aksies ook maak in ons land wie se produkte ek nie sal koop nie. Al teveel gehoor van baie slegte QC en naverkoop diens.

Groete
Andre
Goeie naand André, as jy nie omgee dat ek vra nie, watter fabrikaat is dit?
Conna,

Julle sal maar self moet afleidings maak. Ek het nog net die produkte gesien en was nie baie beindruk met dit nie. Ek het nie persoonlik n bloutjie geloop nie, so dit gaan nie regverdig wees as ek name noem nie.

Rakende die Eagle lope. Ek weet hulle staal is baie hard. Dit is n groot probleem as mens se tooling en reamers stomp is. Ek wonder hoeveel van die "slegte" Eagle lope is deur die geweer smede opgevoetter.

Ek weet ook dat Pacific se reamers sny erg moeilik in die groter doppe kalibers as die ander reamers wat ons kry uit USA. Ek sal nie die een wil wees wat n Pacific reamer in n Eagle loop wil laat sny nie.

Maar soos elke mens gemaakte ding, gaan daar iewers n slegte ding uitdop en dit selfs van die beste loop vervaardigers.

Groete
Andre
User avatar
Frikkie Coetzee
Hero Member
Hero Member
Posts: 2151
Joined: Thu May 26, 2011 10:30 pm

Re: Beste loop vir Lang Afstand skiet of jag beskikbaar tans in SA

Post by Frikkie Coetzee »

Die masjien om lope tot 32 duim te maak is amper klaar.
afrikanerbloed
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 300
Joined: Sat Dec 10, 2011 2:07 pm

Re: Beste loop vir Lang Afstand skiet of jag beskikbaar tans in SA

Post by afrikanerbloed »

Ek sal graag wil weet watter lope gebruik ons top F klas skuts.
Ek neem aan dat daai manne almal in die posisie was om 4 of 5 en selfs meer lope van bv,Lllja,Brux,Krieger ens ens te koop toe hulle dit kon doen.
Maar wat doen hulle nou as daai lope klaar is,na wie draai hulle dan,Sneeuberg ???
Gebruik ons plaaslike F klas skuts ooit plaaslike lope.
Sal graag wil weet.
Dankie
Johan
User avatar
Riaan Kriel
Hero Member
Hero Member
Posts: 1284
Joined: Tue Sep 02, 2014 3:53 pm

Re: Beste loop vir Lang Afstand skiet of jag beskikbaar tans in SA

Post by Riaan Kriel »

Ek het nou op Sneeuberg se webbladsy gaan kyk.... Ek merk op daar is geen .30 kaliber lope gelys nie
User avatar
Capt. Yoda
Hero Member
Hero Member
Posts: 13509
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm

Re: Beste loop vir Lang Afstand skiet of jag beskikbaar tans in SA

Post by Capt. Yoda »

CAL.224

TWIST 7/8/9/12/14

CAL.6MM

TWIST 7.5/8/9/10/12/14

CAL.257

TWIST 10

CAL6.5

TWIST 8

CAL.270

TWIST 10

CAL.284

TWIST 8/8.5/9/10

CAL.30

TWIST 9/10/12

CAL.8MM

TWIST 9

CAL.338

TWIST 9/10
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
User avatar
Frikkie Coetzee
Hero Member
Hero Member
Posts: 2151
Joined: Thu May 26, 2011 10:30 pm

Re: Beste loop vir Lang Afstand skiet of jag beskikbaar tans in SA

Post by Frikkie Coetzee »

Daar is heelwat Sneeuberg lope in omtrek. Die feit dat dit beperk was tot 28" was probleem vir F klas. Hopelik nie meer nie.
Ek en n hele paar manne skiet hulle wel.
6.5/284Norma
Hero Member
Hero Member
Posts: 1728
Joined: Tue Sep 08, 2015 7:28 am

Re: Beste loop vir Lang Afstand skiet of jag beskikbaar tans in SA

Post by 6.5/284Norma »

Net as 'n oefening vir Humkoop, Sneeuberg en Accugun (Mojet) 'n epos gestuur om inligting en 'n prys te kry op 'n loop.

Slegs Accugun het die moeite gedoen om te antwoord...
I'd rather be hunting!

Truvelo 6mm Creedmoor
Howa 6mm Creedmoor
Howa 6.5 Creedmoor
User avatar
Capt. Yoda
Hero Member
Hero Member
Posts: 13509
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm

Re: Beste loop vir Lang Afstand skiet of jag beskikbaar tans in SA

Post by Capt. Yoda »

Is goed laat jy klaar n verhouding met mojet bou voor jy by hulle koop
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
Drenalinjunkie
Hero Member
Hero Member
Posts: 830
Joined: Fri Mar 04, 2011 8:19 am

Re: Beste loop vir Lang Afstand skiet of jag beskikbaar tans in SA

Post by Drenalinjunkie »

Capt. Oblivious wrote: Tue Dec 14, 2021 10:04 am Is goed laat jy klaar n verhouding met mojet bou voor jy by hulle koop
Ware woorde daai Siebert.
User avatar
Frikkie Coetzee
Hero Member
Hero Member
Posts: 2151
Joined: Thu May 26, 2011 10:30 pm

Re: Beste loop vir Lang Afstand skiet of jag beskikbaar tans in SA

Post by Frikkie Coetzee »

6.5/284Norma wrote: Tue Dec 14, 2021 5:17 am Net as 'n oefening vir Humkoop, Sneeuberg en Accugun (Mojet) 'n epos gestuur om inligting en 'n prys te kry op 'n loop.

Slegs Accugun het die moeite gedoen om te antwoord...
Die website is nog nie klaar nie. Daar moet nie n nr op wees of epos adres nie. Ek sal bietjie gaan kyk
User avatar
Izak H
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 343
Joined: Sun Jun 14, 2009 9:38 am

Re: Beste loop vir Lang Afstand skiet of jag beskikbaar tans in SA

Post by Izak H »

6.5/284Norma wrote:Net as 'n oefening vir Humkoop, Sneeuberg en Accugun (Mojet) 'n epos gestuur om inligting en 'n prys te kry op 'n loop.

Slegs Accugun het die moeite gedoen om te antwoord...
Ek dink met alles wat die laaste maande rakende lope aan die gang is in Suid-Afrika, kan ek verstaan dat mense dalk versigtig is om sommer net inligting uit te gee

Lope is 'n baie baie sensitiewe onderwerp op die oomblik, net my opinie

Sent from my ANG-LX1 using Tapatalk

User avatar
Swede
Hero Member
Hero Member
Posts: 2283
Joined: Fri Apr 20, 2012 11:56 am

Re: Beste loop vir Lang Afstand skiet of jag beskikbaar tans in SA

Post by Swede »

Izak H wrote:
6.5/284Norma wrote:Net as 'n oefening vir Humkoop, Sneeuberg en Accugun (Mojet) 'n epos gestuur om inligting en 'n prys te kry op 'n loop.

Slegs Accugun het die moeite gedoen om te antwoord...
Ek dink met alles wat die laaste maande rakende lope aan die gang is in Suid-Afrika, kan ek verstaan dat mense dalk versigtig is om sommer net inligting uit te gee

Lope is 'n baie baie sensitiewe onderwerp op die oomblik, net my opinie

Sent from my ANG-LX1 using Tapatalk
Hoe so??

Sent from my SM-N970F using Tapatalk

And as thy days, so shall thy strength be
Blairadam
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 77
Joined: Tue Nov 08, 2022 5:50 pm

Re: Beste loop vir Lang Afstand skiet of jag beskikbaar tans in SA

Post by Blairadam »

Hier in VK begin hulle ook nou meer hulle eie lope maak. Almal is maar in dieselfde bootjie in ons sport, lang wag tye en baie duurder as jy wel iets kan kry.

Weet nie hoe maklik dit is om van hier af te koop nie maar hier is n paar maatskappye wat ons gebruik. Party van hulle koop ook maar van Europa en VSA maar behoort seker groter verskeidenheid te he.

Ek sal bietjie met die person wat my Barnard/Dolphin gebou het gesels, laas toe ek by hom was het hy n paar lope net in gekry. Sal interresant wees om te weet hoe lope gesien word in die vuurwapen wet hier.

https://www.dolphinguncompany.co.uk/sho ... e-barrels/
https://www.brockandnorris.co.uk/services/barrel-work
https://www.marchscopes.co.uk/precision ... k-barrels/
https://www.facebook.com/BorderBarrels
303 P14 Enfield, .22 Walther KKM, .223 Barnard, 357 Marlin, 6.5CM Barnard, 308 Musgrave RSA
User avatar
Capt. Yoda
Hero Member
Hero Member
Posts: 13509
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm

Re: Beste loop vir Lang Afstand skiet of jag beskikbaar tans in SA

Post by Capt. Yoda »

Ons het nou een of 2 lekker loop makers in SA
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
Blairadam
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 77
Joined: Tue Nov 08, 2022 5:50 pm

Re: Beste loop vir Lang Afstand skiet of jag beskikbaar tans in SA

Post by Blairadam »

Capt. Oblivious wrote: Fri Nov 11, 2022 5:00 pm Ons het nou een of 2 lekker loop makers in SA
Lyk my dit is maar die roete om te gaan. Afhanklik wees van ander is nie meer n opsie nie. Kan jy vir my inligting gee oor die twee loop makers, kan meskien handing kom later as ek sukkel hier.
303 P14 Enfield, .22 Walther KKM, .223 Barnard, 357 Marlin, 6.5CM Barnard, 308 Musgrave RSA
Eight
Hero Member
Hero Member
Posts: 828
Joined: Sat Jun 25, 2016 2:44 pm

Re: Beste loop vir Lang Afstand skiet of jag beskikbaar tans in SA

Post by Eight »

Ralph Badenhorst maak ook lope en volgens wat ek sien op hul Gacebook blad lyk die baie belowend. Ek het wel geen ervaring met hul lope nie.
Post Reply