Page 1 of 1
5x5 Randslag Uitdaging
Posted: Sun Dec 12, 2021 2:13 pm
by Ammion
Hierdie is die manier hoe ek ammunisie gaan toets in my .22LR, so gedink dit is dalk ‘n goeie manier om ‘n werklike indikasie te gee van die kaliber se vermoë – 5 agtereenvolgende 5 skoot groepe op 100m.
Die reels is as volg:
• Enige .22LR kan gebruik word.
• Skiet van enige posisie.
• Enige ondersteuning kan gebruik word.
• Moet op 100m geskiet word.
• Moet 5 agtereenvolgende 5 skoot groepe op dieselfde bladsy/kaart wees.
• Daar moet slegs 5 groepe op die bladsy/kaart wees.
• Sighter teiken sal toegelaat word, maar moet so aangedui word en voor die 5 groepe geskiet word.
• Die groepe moet genommer word met groep grootte en MOA by elkeen geskryf.
• Daar moet ‘n skaal op die bladsy wees (of bv. Rooi blokkie is 18 x 18mm).
• Ek sal ‘n ‘n teiken ontwerp wat gebruik kan word vir wie dit verkies.
• Werk die gemiddelde groep grootte en MOA uit.
• Gee beskrywing van toerusting (geweer, scope, ammo, bipod/rus - kan selfs ‘n foto plaas).
• Gee beskrywing van kondisies en skiet posisie.
• Neem ‘n foto van die teiken en plaas dit op hierdie draad.
Ek sal dan die 2de plasing op hierdie draad gebruik vir uitslae (gemiddelde groep grootte, naam, geweer & plasing datum). Sodra iemand teiken plaas op hierdie draad sal ek die 2de plasing “edit” om uitslae by te voeg.
Enige persoon kan inskryf en soveel keer inskryf as wat hy wil. Slegs die beste gemiddelde groep sal vir enige geweer/persoon kombinasie gehou word:- maw indien jy reeds ingeskryf het en jy verbeter jou vorige inskrywing sal dit vervang word in die 2de plasing. Indien jy egter met ander toerusting inskryf sal jy meer as 1 keer op uitslae verskyn.
Ek sal dan ook rekord hou van die kleinste enkele groep.
Re: 5x5 Randslag Uitdaging
Posted: Sun Dec 12, 2021 2:13 pm
by Ammion
UITSLAE 2022:
100m GROEP GEMIDDELD
01) - 20.3mm / 0.713 moa (Ammion / CZ 457 / 18-05-2022)
02) - 27.4mm / 0.938 moa (MartelJ / Krico / 06-02-2022)
03) - 32.8mm / 1.128 moa (Jurie Vermaak / Anschutz 1416 / 12-02-2022)
04) - 36.2mm / 1.260 moa (Gian_dP / CZ 455 / 29-01-2022)
05) - 42.0mm / 1.450 moa (WaltervdM / CZ 455 / 06-02-2022)
100m KLEINSTE GROEP
01) - 13.0mm / 0.470 moa (Ammion / CZ 457 / 18-05-2022)
02) - 14.0mm / 0.470 moa (MartelJ / Krico / 06-02-2022)
03) - 16.0mm / 0.560 moa (Gian_dP / CZ 455 / 29-01-2022)
04) - 26.0mm / 0.900 moa (WaltervdM / CZ 455 / 06-02-2022)
05) - 28.4mm / 0.980 moa (Jurie Vermaak / Anschutz 1416 / 12-02-2022)
Re: 5x5 Randslag Uitdaging
Posted: Sun Dec 12, 2021 2:26 pm
by Ammion
Toekomstige uitslae sal hier geplaas word.
Re: 5x5 Randslag Uitdaging
Posted: Sun Dec 12, 2021 3:33 pm
by swc-tr
Dankie Paul, goeie inisiatief om ware syfers te kry, nie wallet brag groeperings nie.
Sent from my SM-A125F using Tapatalk
Re: 5x5 Randslag Uitdaging
Posted: Sun Dec 12, 2021 9:41 pm
by Ranger
Looking forward to participating in this.
Re: 5x5 Randslag Uitdaging
Posted: Wed Dec 22, 2021 2:47 pm
by Ammion
Hier is 'n teiken vir die wat belangstel. Print A4 (actual size not fit to sheet).
Binne sirkel is 25mm en buite sirkel is 50mm
Re: 5x5 Randslag Uitdaging
Posted: Wed Dec 22, 2021 3:17 pm
by Francoisv
Dankie
Shoot straight
Re: 5x5 Randslag Uitdaging
Posted: Wed Dec 22, 2021 4:44 pm
by Ammion
Plesier Francois, nuuskierig om te sien wat jou Annie gaan doen op 100m.
5x5 Randslag Uitdaging
Posted: Tue Jan 25, 2022 6:25 pm
by Ranger
Edit: sorry I see this should be from 100m. Mine was at 50. Sorry Paul, please ignore this post for your data collection.
Here’s my first attempt. I had some extractions issues and a few other things that I’ll claim put me off my A-game...
Next time it’ll be better, the potential is there for a good average, well so I believe.
CZ457 Varmint
SK Rifle Match
Delta Stryker 4.5-30x56
Warrior chassis
Atlas bipod
Rear sandbag
Sent from my iPhone using Tapatalk
Re: 5x5 Randslag Uitdaging
Posted: Wed Jan 26, 2022 11:04 am
by Ammion
Clayton we can do it for 50m and even 200m in future.
Re: 5x5 Randslag Uitdaging
Posted: Sat Jan 29, 2022 4:45 pm
by Gian_dP
Vandag by Durbanville geskiet, tussen 12h00 en 13h00. So 8mph wind van 4 uur af, met redelike mirage. Gesukkel om sighters te sien, daarom lyk hulle redelik bont! Moes meer ekevasie en wind stel as verwag. Weet nie waar teiken 4 se 5de skoot is nie. Het hom verseker geskiet. Natshoot teiken ook geskiet, baie eenderse groep as res.
Alle skote met Magneto Speed op geskiet, gemiddeld van 1058fps. Ek het pakkie koeels geweeg, en koeels van 51.1 tot 51.8gr saam geskiet.

Sent from my SM-G973F using Tapatalk
Re: 5x5 Randslag Uitdaging
Posted: Tue Feb 01, 2022 8:23 am
by Ammion
Gian ek het die uitslae opgedateer, maak asb net seker oor jou gemiddelde moa - ek kry dit as 1.26 en nie 1.05 nie
Re: 5x5 Randslag Uitdaging
Posted: Sun Feb 06, 2022 10:27 am
by Ammion
Hierdie teiken is gister na ons 22 F-Klas skiet geskiet deur Walter van der Merwe (nie op forum nie) met CZ 455 en Geco ammo. Kondisies was nie ideaal nie.
Re: 5x5 Randslag Uitdaging
Posted: Sun Feb 06, 2022 10:36 am
by Ammion
Hierdie teiken is deur Martel Jacobs (nie op forum nie) geskiet selfde tyd en kondisies as vorige plasing.
Hierdie teiken is met 'n baie ou Krico .22 geskiet wat in jare nie geskiet is nie, asook 'n baie ou lot SK Standard + (nog ou verpakking). Hierdie geweer se loop was 25" lank gewees maar hy het die loop na die skiet gister af gesny op 20" en nuwe kroon gesny. Sal graag wil sien of akkuraatheid verbeter.
Re: 5x5 Randslag Uitdaging
Posted: Sat Feb 12, 2022 12:46 pm
by Jurie Vermaak
Hier is my probeerslag. Ek het net n rooi dot gebruik as beter mikpunt.
Kondisies was goed met n ligte wind vanuit 9h rigting
20220212_123910.jpg
Re: 5x5 Randslag Uitdaging
Posted: Sat Feb 12, 2022 3:18 pm
by Ds J
Julle sal maak dat ek begin hekel of kunswerk doen
Ek is dankbaar as my groeperings op 25m en 50m soos hierdie groepies lyk!
Dit is motivering om te gaan oefen.
Re: 5x5 Randslag Uitdaging
Posted: Sat Feb 12, 2022 10:52 pm
by Ammion
Jurie, jy is op die uitslae. Jou groepe is baie konstant - min verskil tussen kleinste en grootste.
Re: 5x5 Randslag Uitdaging
Posted: Wed Apr 27, 2022 2:54 pm
by Ammion
My eerste poging - vandag hier op GSSC baan in George geskiet. Geskiet met 'n CZ 457 en Lapua Center-X ammo. Kondisies was redelik goed. Groep 4 het definitief 3 skote in dieselfde gat. Dinge sou ook bietjie beter gelyk het as daar nie 'n lae skoot op eerste groep was nie.
Re: 5x5 Randslag Uitdaging
Posted: Wed May 18, 2022 8:24 am
by Ammion
My tweede poging - Saterdag op GSSC baan in George geskiet.
Prone met bipod en sakkie.
CZ 457 hierdie keer met Lapua Pistol Kings
Kondisies redelik goed
Gemiddelde groep groote is presies dieselfde as my vorige probeer slag. Verskil is - hierdie is 6 groepe (gebruik dit ook op ander forum waar 6 groepe verlang word) en my kleinste groep is kleiner.