Page 1 of 2

HEEE HAAAAA!!! MY EERSTE

Posted: Sun Jan 22, 2012 7:53 pm
by BLOUVALKIE
hallo almal

na baie tyd en oefen en lesSe van my pa het ek gister my eerste skiet kompetisie gewen  dit was die selfde tabel as laas maar die keer was dit amptelik vir punte  laas was net n fun shoot vd klub

hier maak ek reg vir my aflossing op die vlakvark tabel
http://i1223.photobucket.com/albums/dd511/pitsmit/wow/IMG-20120121-01020.jpg

hier staan ek by my wen teiken
http://i1223.photobucket.com/albums/dd511/pitsmit/wow/IMG-20120121-01021.jpg

en hier oorhandig oom anton ( ons klub voorsitter) my prys
http://i1223.photobucket.com/albums/dd511/pitsmit/wow/IMG-20120121-01023.jpg

my wen telling was 37/45 

ek het met die 308 geskiet en ek het 143gr FMJ KOEëLs gebruik wat ons met 44.1GR S341 gelaai het met n tpl van 71.18mm

ons was 9 wat in die o/17 afdeling geskiet het en ek was die jongste (10jr)

die oudste ou was 16jr

ek het n groot swart sanlam sportsak gewen

ek wil net vir my pa se dankie dat ek kon deelneem en dat hy my so mooi leer van skiet en patrone laai en van QL 

groete vir almal

BLOUVALKIE

Re: HEEE HAAAAA!!! MY EERSTE

Posted: Sun Jan 22, 2012 7:56 pm
by grumpy
Baie mooi en baie geluk. Een van die dae skiet jy beter as jou pa en dan vat jy maar die geweer oor by hom dat hy maar net sit en kyk. Hy kan maar die appie wees en patrone laai!!!!!!!!!!!!!!!! ;D

Re: HEEE HAAAAA!!! MY EERSTE

Posted: Sun Jan 22, 2012 7:58 pm
by henried
Baie geluk, mag dit net die begin wees.

Re: HEEE HAAAAA!!! MY EERSTE

Posted: Sun Jan 22, 2012 8:11 pm
by Dawid
Baie geluk ou grootman....mag daar sommer nog baie sulke dae wees.....oefen en aanhouer wen. ;D ;D

Re: HEEE HAAAAA!!! MY EERSTE

Posted: Sun Jan 22, 2012 8:18 pm
by GreyGhostGear
Skitterend ou Valkie!
Dis ook goed dat jy so mooi dankbaar is vir al jou pa se hulp en moeite, gee hom sommer 'n lekker stywe druk!

Mooi loop,
Petrie.

Re: HEEE HAAAAA!!! MY EERSTE

Posted: Sun Jan 22, 2012 8:25 pm
by Niel Viljoen
Baie geluk ou BUL!!!

Hierdie is maar net die punt van die ysberg.
Jy het n gawe en n talent moet dit nie afskeep nie!

Doen so voort!!

Groete
Niel

Re: HEEE HAAAAA!!! MY EERSTE

Posted: Sun Jan 22, 2012 9:01 pm
by Dippies
Uitstekendevwerk van jou en jou kettie.

Pleks oom Anton gee jou die sleutel wat hy in sy ander hand het ;D

Re: HEEE HAAAAA!!! MY EERSTE

Posted: Sun Jan 22, 2012 9:13 pm
by Jaco Alberts
Baie geluk groot man !

PS ! hier is 'n paar ooms by ons wat baie graag die telling sou wou kry op ons skietdae .... ons hou dit maar stil..

Re: HEEE HAAAAA!!! MY EERSTE

Posted: Sun Jan 22, 2012 9:22 pm
by douw
Baie geluk Blouvalkie

Bly om te sien hoe baie jy dit geniet!!


Groetnis
Douw

Re: HEEE HAAAAA!!! MY EERSTE

Posted: Sun Jan 22, 2012 9:58 pm
by MEERKAT
Hallo Valkie

Baie geluk en voorwaar en groot prestasie, waar was die kompetisie en vertel bietjie meer van die baan wat julle geskiet het.

Mooi loop
Oompie Meerkat

Re: HEEE HAAAAA!!! MY EERSTE

Posted: Sun Jan 22, 2012 11:02 pm
by Louis102
Valkie, jy moet jou skuinaam verander na:  "OU YSTER"

Baie mooi!!

Louis

Re: HEEE HAAAAA!!! MY EERSTE

Posted: Mon Jan 23, 2012 5:07 am
by 243Songdaug
Baie geluk ou Valkie! Dis voorwaar 'n baie goeie telling daardie.

Pa Pitsmit is verseker baie trots.

Re: HEEE HAAAAA!!! MY EERSTE

Posted: Mon Jan 23, 2012 6:20 am
by Dawie D
Valkie

Baie geluk man dis nou die begin van groot dinnge, jy kan trots voel daar oor.

Ns: Geluk Jackie jy kan trots voel oor daai groot man van jou.

Groete Dawie

Re: HEEE HAAAAA!!! MY EERSTE

Posted: Mon Jan 23, 2012 6:32 am
by BLOUVALKIE
baie dankie al die ooms dit was regtig baie lekker

ons het by kuduskloof skietbaan gaan skiet op Uitenhage oom Meerkat

dit was 'n 75m vlakvark tabel

75m 3skote oor skietstokke in 60sek

50m 3skote uit die skouer in 30sek

25m is 3skote snapskiet dan kry jy 5sek per skoot waar die ou se laai dan staan jy gereed met jou geweer 45grade af voor jou dan blaas hy n fluitjie dan het jy 5sek om te skiet

maw jy skiet 9skote vir die aflos dan tel hulle jou punte bymekaar

op die 50 en 25m mag ek nog op my pa se hand dooierus vat maar hy mag my met niks help nie want die geweer is nog te swaar vir my

groete
BLOUVALKIE

ps ek het my pa gewen hy het 34/45 gekry  ;D ;D ;D ;D ;D ;D ;D

Re: HEEE HAAAAA!!! MY EERSTE

Posted: Mon Jan 23, 2012 6:40 am
by marno
Baie geluk Valkie!!! Pragtig geskiet daar!!

Re: HEEE HAAAAA!!! MY EERSTE

Posted: Mon Jan 23, 2012 6:54 am
by JPS
Mooi gedoen, Baie Geluk.

Groete
JP

Re: HEEE HAAAAA!!! MY EERSTE

Posted: Mon Jan 23, 2012 7:46 am
by Wouter Roets
Valkie jou ou Doring!

Pragtig boeta! Ons almal is bitter trots op jou! Hou so aan en een van die dae is daai n voltelling!

Groetnis
Wouter

Re: HEEE HAAAAA!!! MY EERSTE

Posted: Mon Jan 23, 2012 7:56 am
by Hugov
Goeie werk Valkie Baie geluk man!!!!

Re: HEEE HAAAAA!!! MY EERSTE

Posted: Mon Jan 23, 2012 8:22 am
by Geno
Jacque,
Baie geluk mater! Ons kan jou nou maar Arend noem, en nie meer Valkie nie ;)

Groete,
Eugene

Re: HEEE HAAAAA!!! MY EERSTE

Posted: Mon Jan 23, 2012 9:08 am
by SV MAD (Henk)
Baie geluk man, dit wil gedoen wees!

Re: HEEE HAAAAA!!! MY EERSTE

Posted: Mon Jan 23, 2012 10:44 am
by Raven
Baie geluk Valkie, hou so aan.

Raven

Re: HEEE HAAAAA!!! MY EERSTE

Posted: Mon Jan 23, 2012 11:21 am
by theedge
Valkie Baie goeie nuus toe jou pa my BBM - sou daarvan gehou het om self daar te wees - moes egter die klomp meisies in my lewe babysit - vrou lief het gewerk, jou pa het my genooi - sorry ek kon nie daar wees nie maar weer baie geluk met die goeie dag - wys n man nou weer wat jy insit is wat jy uithaal.  Baie geluk my maatjie - dink daar is n pa en n paar pelle wat baie trots op jou is.  Moes jou gister saam my gehad het dat jy vir n paar manne kan leer om met daai 308 te skiet hahahah.  Hou so aan goed gedoen

Re: HEEE HAAAAA!!! MY EERSTE

Posted: Mon Jan 23, 2012 11:57 am
by Vlakvark
Mooi so Valkie puik gedoen hou net so aan een van die dae is dit voltalle 100%

Re: HEEE HAAAAA!!! MY EERSTE

Posted: Mon Jan 23, 2012 1:08 pm
by Problem Animal Control
Mooi so ou seun,mag dit net al hoe beter gaan. Wens ek kan vir JC kry om papier te skiet maar hy weier soos n steeks donkie,hy reken hy kan nie papier eet nie. Ek moet wel by se dat hy in een maand n klein vlakvarkie en rooikat in die hardloop gedop het en nou die aand n jak met die 308.  Nogmaals baie geluk en doen so voort

PAC

Re: HEEE HAAAAA!!! MY EERSTE

Posted: Mon Jan 23, 2012 8:22 pm
by BLOUVALKIE
baie dankie aan al die ooms vir die mooi geluk wense :)

ek belowe ek sal aanhou oefen en leer :angel:

al wat ek nou kort is n regte vark soos daai een op die teiken ;D ;D ;D

groete
BLOUVALKIE