Page 1 of 1
Skaal = 0,01gr resolusie
Posted: Wed Dec 22, 2021 12:15 pm
by tripodmvr
Re: Skaal = 0,01gr resolusie
Posted: Thu Dec 23, 2021 9:09 am
by Gawie(13mm)
Marius, ek het nou amper al die kommentaar na daai video gelees en een ding staan soos 'n paal bo water; die manne wat die geld het, sal hom koop en die res van ons sal verskonings gee hoekom ons hom nie sal koop nie.
Ek is baie gelukkig met my Lyman balkie skaal en SKAT.
Kontak vir Hansieslim, indien jy meer wil weet.
Re: Skaal = 0,01gr resolusie
Posted: Thu Dec 23, 2021 9:44 am
by tripodmvr
Gawie, ek deel maar inligting wat ek op Joutube sien. Wat die manne verder daarmee doen is hul keuse. My Lyman DPS laat my goed genoeg skiet met 0,1gr resolusie.
Re: Skaal = 0,01gr resolusie
Posted: Thu Dec 23, 2021 3:51 pm
by Frikkie Coetzee
Gooi bietjie daai DPS se landings oor n presisisie skaal.
Jy sal verbaas wees.
Selfs my RCBS se ladings wissel tussen -0.1 en +0.1 onder ideale omstandighede.
Re: Skaal = 0,01gr resolusie
Posted: Thu Dec 23, 2021 4:48 pm
by tripodmvr
Oor daardie gaan ek nie stress nie. My gewere skiet goed genoeg. ES is ook goed in baie gevalle. Vir my jag skiet ek dan voldoende om doodskote suksesvol te volbring.
Re: Skaal = 0,01gr resolusie
Posted: Thu Dec 23, 2021 10:05 pm
by Frikkie Coetzee
Horses for courses
Jy gaan nie F1 jaag met n Volla nie. As jou doel is om te jag tot op 300m maak daai skaal dit makliker. My o dervi ding met die ou DPS 3 was nie goed nie. Die Gen 5(?) was veter. Sukkel net met bal kruit in hom om skoon te maak.
Die RCBS chargemaster is great. Verkies egter my
Light bo die chargemaster.
Weeg steed elke lading oor n milligram skaal. Die CM gou baie konstant as jy paar modifikasies doen aan hom. Maar daar is maar variasie wat jy eers agterkom as jy hom oor daai presisie skaal gooi
Vat bietjie daai ladings uit na 900 m en kyk watter verskil kan dit maak. Die kompetisie daar buite is van so aard deesdae dat die edge wat so skaal jou gee op top vlak wel die koste werd is.
Dit maak nie vir my sin om n 120k geweer te he en dan te wil skimp op die skaal nie
Re: Skaal = 0,01gr resolusie
Posted: Fri Dec 24, 2021 11:09 am
by PWV
tripodmvr wrote: Thu Dec 23, 2021 4:48 pm
Oor daardie gaan ek nie stress nie. My gewere skiet goed genoeg. ES is ook goed in baie gevalle. Vir my jag skiet ek dan voldoende om doodskote suksesvol te volbring.
Stem saam, Marius, ek het 'n spesiale teelepel en skraap hom net gelyk en die Tombi brul!! Maak plat wat voorkom met een skoot waar ek mik!!