Page 1 of 1

Diep see visvang Suid kus KZN

Posted: Thu Dec 23, 2021 5:32 pm
by koos 2
Goeie middag

Enige aanbevellings vir diep see charters op die suid kus?

My seun is 10 jaar oud en wil bitter graag gaan diepsee visvang, enige raad / advies / dienste/ pryse sal wardeeer word.

dankie
Koos

Re: Diep see visvang Suid kus KZN

Posted: Thu Dec 23, 2021 5:49 pm
by tripodmvr
Shelley Beach toon 'n paar bote wat vandaar uitgaan. Slaan Google.

Re: Diep see visvang Suid kus KZN

Posted: Thu Dec 23, 2021 6:37 pm
by koos 2
Baie dankie ek wardeer

Re: Diep see visvang Suid kus KZN

Posted: Thu Dec 23, 2021 7:40 pm
by sako 30-06
koos 2 wrote: Thu Dec 23, 2021 6:37 pm Baie dankie ek wardeer
Probeer Cpt Chris vanaf Shelley beach.
0823368120
R1100p/p
As hy vol is probeer Awesome charters
Mustbyte charters is ook baie goed.

Re: Diep see visvang Suid kus KZN

Posted: Thu Dec 23, 2021 7:56 pm
by Fanta300
Pannevis fishing. (083) 306-8980

Searious fishing. (082) 577-8859

Re: Diep see visvang Suid kus KZN

Posted: Fri Dec 24, 2021 8:53 am
by koos 2
Baie baie dankie julle, ek wardeer baie

Re: Diep see visvang Suid kus KZN

Posted: Fri Dec 24, 2021 10:02 am
by Nico de Jager
Sit foto's op!!
Hier op Stilbaai is die weer so deurmekaar, die kwaai honde wil nie eers byt nie!

Re: Diep see visvang Suid kus KZN

Posted: Fri Dec 24, 2021 12:15 pm
by koos 2
ek maak so , dankie aan almal

Re: Diep see visvang Suid kus KZN

Posted: Fri Dec 24, 2021 2:07 pm
by junglejulian
Ek was al paar keer uit saam Awesome charters en het elke keer mooi gevang.die laaste keer was die Skipper onbevoeg en het die rotse getref met die uitkomslag op die sand.hy het die boot en proppe moertoe gery.hy is daarna ontslaan.gelukkig werk die verskillende charters saam as die vis byt dan vang almal lekker.

Re: Diep see visvang Suid kus KZN

Posted: Sat Dec 25, 2021 2:41 pm
by Ferdi Bam
IMG-20211221-WA0007.jpg

Re: Diep see visvang Suid kus KZN

Posted: Sat Jan 15, 2022 12:59 pm
by koos 2
Goeie middag

Net terugvoer: Ons kon ongelukkig nie op die bbot uitgaan nie, my seun het baie siek geword n paar dae in die vakansie in.
Hoop om volgende keer uit te gaan.

Baie dankie aan almal

Re: Diep see visvang Suid kus KZN

Posted: Mon Jan 17, 2022 9:06 am
by Toxxyc
Manne, is dit omtrent wat dit kos om te gaan visvang vir 'n oggend deesdae? R1k+ per persoon? Ek sal dit bitter graag wil doen (dreig al jare) maar het nou onlangs ernstig begin dink daaraan.

Re: Diep see visvang Suid kus KZN

Posted: Mon Jan 17, 2022 9:34 am
by junglejulian
R1250 P/P nou desember in port Alfred gewees.ek weet brandstof is nou erg duur maar dit is maar rof as jy net n paar eetvisse vang.As die kanse goed is vir lekker roofvisse soos tuna en seilvis is dit seker n ander storie.

Re: Diep see visvang Suid kus KZN

Posted: Tue Jan 18, 2022 8:19 am
by Toxxyc
Dis my ding, ek wil net 'n vis of twee kry wat ek kan eet, goeie eetvis. As ek nou 'n 50kg tuna kry vir daardie geld is dit natuurlik bargain, maar ons kan ook net soveel vis eet voor ons weer lus raak vir 'n ding wat op land loop en moe.

So ek wonder of dit nou maar die norm is en of ek maar moet aanhou om die visse van die rotse af te voer as ons see toe gaan, want byt byt hulle g'n niks. Ek het al gedink ek moet maar net 'n sinker aansit en ingooi, en dan die boksie sardientjies in die water gooi dan hoef ek nie eers my vingers soos vis te laat ruik vir die volgende twee dae nie. Die uitkoms is mos maar dieselfde.

Re: Diep see visvang Suid kus KZN

Posted: Wed Jan 19, 2022 8:16 pm
by NicoSmit
koos 2 wrote: Sat Jan 15, 2022 12:59 pm Goeie middag

Net terugvoer: Ons kon ongelukkig nie op die bbot uitgaan nie, my seun het baie siek geword n paar dae in die vakansie in.
Hoop om volgende keer uit te gaan.

Baie dankie aan almal
Het hy geswem naby Uvongostrand ?Die mense was baie siek weer gewees die jaar agv str*nt wat in die rivier gestort is en die hele Uvongo strand besoedel het

Re: Diep see visvang Suid kus KZN

Posted: Sat Jan 22, 2022 5:05 pm
by koos 2
NicoSmit wrote: Wed Jan 19, 2022 8:16 pm
koos 2 wrote: Sat Jan 15, 2022 12:59 pm Goeie middag

Net terugvoer: Ons kon ongelukkig nie op die bbot uitgaan nie, my seun het baie siek geword n paar dae in die vakansie in.
Hoop om volgende keer uit te gaan.

Baie dankie aan almal
Het hy geswem naby Uvongostrand ?Die mense was baie siek weer gewees die jaar agv str*nt wat in die rivier gestort is en die hele Uvongo strand besoedel het
Ja maar blykbaar is die kraan water op suidkus ook n groot probleem, sekere dorpe.

Re: Diep see visvang Suid kus KZN

Posted: Sun Jan 23, 2022 1:47 pm
by Fanta300
Nou net self lekker siek teruggekom van Suidkus af. Net bottel water gedrink. Lelike kieme wat daar rondloop. Darem nie Covid nie (het gou laat toets) maar al die simptome is daar. Maag werk, naar, hoofpyn, hoes, keelseer ens. Apteker sê hulle het heelwat mense met selfde simptome gesien wat by Suidkus was.

Re: Diep see visvang Suid kus KZN

Posted: Sun Jan 23, 2022 3:33 pm
by Andre308
Ek het so 15 jaar trug in Mtunzini gewoon in die Noord kus. Daai tyd al was Natal se kraan water maar n risiko om te drink. Ek kan nog onthou hoe die water gestink het as mens stort.

Ek het selfs my ys gemaak met bottel water. Het werklik net 2 keer kraan water gedrink wat nie gekook was nie en beide kere het ek gewig verloor as gevolg daarvan.

Re: Diep see visvang Suid kus KZN

Posted: Sun Jan 23, 2022 4:50 pm
by Capt. Yoda
Fanta300 wrote: Sun Jan 23, 2022 1:47 pm Nou net self lekker siek teruggekom van Suidkus af. Net bottel water gedrink. Lelike kieme wat daar rondloop. Darem nie Covid nie (het gou laat toets) maar al die simptome is daar. Maag werk, naar, hoofpyn, hoes, keelseer ens. Apteker sê hulle het heelwat mense met selfde simptome gesien wat by Suidkus was.
Ekt die spuitskuit gemis maar darem met CV terug gekom