Page 1 of 1

22 Cal Hornet punte benaming

Posted: Fri Jan 21, 2022 9:50 am
by J le Roux
Ek het onlangs 'n advertensie vir 22 Hornet punte gesien, en opgelet dat die Hornady boksie dit as Hornet koeels klassifiseer.

Dit het my laat wonder hoekom? Ek sou tog nie verwag dat 'n 30cal punte as "30-06 bullets" beskryf word nie, ek sou dink dit gaan oor die koeel/loop kaliber en nie die patroon waarvoor die aksie gekamer is nie.

Terug na die Hornet toe, ek sien ook hieronder die koeels kan 0.223 of 0.224 wees.

Kom gesels asb. saam, help my reg of brei gerus die gesprek uit na ander interessante kaliber benamings.
22cal.png

Re: 22 Cal Hornet punte benaming

Posted: Fri Jan 21, 2022 11:34 am
by PWV
Ek sien op die foto die koeëls het loodpuntjies!!

Sal ook graag wil weet wat die verskil tussen die inhoud van die 2 boksies is.

Re: 22 Cal Hornet punte benaming

Posted: Fri Jan 21, 2022 11:59 am
by tripodmvr
Hornet is beperk met TPL en groefdraai probleme. Die koeëls moet dus kort wees en dit word verkry deur 'n stomp ogief te gee.

Die eerste 22 Hornet gewere is met 223 kaliber lope gemaak. Dit is later na 224 verander. 'n 224 koeël sal effe hoër druk in 'n 223 loop te gee, maar kan met verminderde lading veilig geskiet word.

Re: 22 Cal Hornet punte benaming

Posted: Fri Jan 21, 2022 12:01 pm
by Koos Barnard
Die Hornet is 'n kortafstandkaliber wat teen lae snelhede funksioneer. Kyk na die koeëls se vorms... die punte is rond. Dit maak die koeël nie geskik vir langer afstande nie weens die swakker BC. Hierdie koeëls het heel moontlik ook dunner mantels as die ander .224-koeëls. Verder gebruik bykans niemand 45gr-koeëls in ander .22-senterslagkalibers nie. Eienaars van .223's en .22's gebruik 50gr en hoër. Ek sou reken die vervaardiger het die Hornet naam bygesit sommer om aan te dui dat hierdie koeëltjies eintlik meer geskik is of dan ideaal is vir die Hornet se relatief lae spoed. Wat die deursnit van die koeëls betref, .223 teen .224. Daar is blykbaar nog genoeg van die ouer .22 Hornets in omloop wat .223-lope het en hulle sal dus beter skiet met die regte kaliber koeëls. Sommige Hornets skiet beide kaliber koeëls ewe goed. Alle moderne Hornets het vandag .224-lope.
Mooi loop

Re: 22 Cal Hornet punte benaming

Posted: Fri Jan 21, 2022 12:03 pm
by Koos Barnard
Die TPL soos Marius sê, speel ook 'n groot rol. Jy kry nie die lang skerppuntkoeëls in 'n Brno Hornet se magasyn byvoorbeeld nie (weens al die praktiese redes, reeds genoem).

Re: 22 Cal Hornet punte benaming

Posted: Sat Jan 22, 2022 6:27 am
by J le Roux
Baie dankie menere, dit is nuwe kennis vir my en maak sin.

Verder sal dit dan interessant wees of daar ander kaliber/grein/ontwerp koeëls is wat ook so spesifiek vir sekere kaliber gewere voorgeskryf word?

Re: 22 Cal Hornet punte benaming

Posted: Sat Jan 22, 2022 10:05 am
by HeinM
tripodmvr wrote: Fri Jan 21, 2022 11:59 am Hornet is beperk met TPL en groefdraai probleme. Die koeëls moet dus kort wees en dit word verkry deur 'n stomp ogief te gee.

Die eerste 22 Hornet gewere is met 223 kaliber lope gemaak. Dit is later na 224 verander. 'n 224 koeël sal effe hoër druk in 'n 223 loop te gee, maar kan met verminderde lading veilig geskiet word.
Goeie antwoord. Dit is presies dit. Ek en Armand Steenkamp (en ek dink Koos Barnard ook) het BRNO Mod. 465 ZKW gewere. Die geweertjies se magasyne beperk jou wat patroonlengte aanbetref. Jy is dus verplig om kort koeëls te laai - om in die magasyn te pas - en wat dus ook meer wenslik is vir die 1-16 groefdraai. Party gewere groepeer mooi met .223 en .224 koeëls - hoewel die diameter verskil. Myne groep mooi met albei. Moenie vra hoekom nie...

Mooi naweek almal!

Re: 22 Cal Hornet punte benaming

Posted: Sat Jan 22, 2022 10:10 am
by HeinM
Koos Barnard wrote: Fri Jan 21, 2022 12:01 pm Die Hornet is 'n kortafstandkaliber wat teen lae snelhede funksioneer. Kyk na die koeëls se vorms... die punte is rond. Dit maak die koeël nie geskik vir langer afstande nie weens die swakker BC. Hierdie koeëls het heel moontlik ook dunner mantels as die ander .224-koeëls. Verder gebruik bykans niemand 45gr-koeëls in ander .22-senterslagkalibers nie. Eienaars van .223's en .22's gebruik 50gr en hoër. Ek sou reken die vervaardiger het die Hornet naam bygesit sommer om aan te dui dat hierdie koeëltjies eintlik meer geskik is of dan ideaal is vir die Hornet se relatief lae spoed. Wat die deursnit van die koeëls betref, .223 teen .224. Daar is blykbaar nog genoeg van die ouer .22 Hornets in omloop wat .223-lope het en hulle sal dus beter skiet met die regte kaliber koeëls. Sommige Hornets skiet beide kaliber koeëls ewe goed. Alle moderne Hornets het vandag .224-lope.
Mooi loop
Goeie antwoord, Koos!

Re: 22 Cal Hornet punte benaming

Posted: Sat Jan 22, 2022 10:15 am
by HeinM
HeinM wrote: Sat Jan 22, 2022 10:10 am
Koos Barnard wrote: Fri Jan 21, 2022 12:01 pm Die Hornet is 'n kortafstandkaliber wat teen lae snelhede funksioneer. Kyk na die koeëls se vorms... die punte is rond. Dit maak die koeël nie geskik vir langer afstande nie weens die swakker BC. Hierdie koeëls het heel moontlik ook dunner mantels as die ander .224-koeëls. Verder gebruik bykans niemand 45gr-koeëls in ander .22-senterslagkalibers nie. Eienaars van .223's en .22's gebruik 50gr en hoër. Ek sou reken die vervaardiger het die Hornet naam bygesit sommer om aan te dui dat hierdie koeëltjies eintlik meer geskik is of dan ideaal is vir die Hornet se relatief lae spoed. Wat die deursnit van die koeëls betref, .223 teen .224. Daar is blykbaar nog genoeg van die ouer .22 Hornets in omloop wat .223-lope het en hulle sal dus beter skiet met die regte kaliber koeëls. Sommige Hornets skiet beide kaliber koeëls ewe goed. Alle moderne Hornets het vandag .224-lope.
Mooi loop
Goeie antwoord, Koos!
Ons skiet deesdae, met uitsondering, net 35gr en 40gr koeëls... Die meeste vervaardigers se 45gr koeëls is te lank en pas nie in ons gewere se magasyne nie... Snaaks genoeg ook, mono's groeppeer nie sommer in ons gewere nie...