Page 1 of 1
Semi Auto12ga, Wat om te kies?
Posted: Mon Jan 24, 2022 2:59 pm
by toelie
Middag Manne
My agter stewe jeuk behoorlik vir n lekker 12ga semi hael geweer
Ek is wel bewus van die feit dat baie klei duif bane mens nie gaan toe laat om met n semi deel te neem nie. Die geweer gaan gebruik word om kleie tussen pelle vir pret op die plaas te skiet en so 3 of 7 keer n jaar duiwe op die sonneblom lande.
Sover wat ek in oog het is die Winchester SX3 en/of die Beretta A400 lite.
Enige raad oor ander wapens en redes sal opreg waardeer word.
Groete
Re: Semi Auto12ga, Wat om te kies?
Posted: Mon Jan 24, 2022 5:03 pm
by Killzone
toelie wrote: Mon Jan 24, 2022 2:59 pm
Sover wat ek in oog het is die Winchester SX3 en/of die Beretta A400 lite.
Beide is puik keuses. Wat is jou budget? Want dan kan jy kyk na nog 'n Italian stallion of 'n Stoeger.
Ek weet ek gaan nou op tone trap, maar ek het al vele kere gesien hoe van hierdie goedkoop Turkse semis moeilikheid gee op die skietbaan. Vermy die temptasie en koop iets duursaam.
Re: Semi Auto12ga, Wat om te kies?
Posted: Mon Jan 24, 2022 5:25 pm
by toelie
Killzone
Ek wil nie eintlik meer as 30k spandeer op n ding wat 4 of 5 keer n jaar gaan gebruik word nie
Re: Semi Auto12ga, Wat om te kies?
Posted: Mon Jan 24, 2022 5:29 pm
by Killzone
Met daai Budget kan jy nie verkeerd gaan nie.
Re: Semi Auto12ga, Wat om te kies?
Posted: Mon Jan 24, 2022 9:22 pm
by Malan123
Jy sal nie verkeerd gaan met die a400 nie. Ek het 1 vir dieselfde doeleindes gekoop...en dan nog so paar ander...doeleindes...
Geno het so paar op special. Enige nadeel vir my is dat mens nie mag extension vir my spesifieke model kry nie, so hou dit in gedagte wanneer jy besluit maak. Ek kan wel vir jou se dat die recoil op die a400s baie min is teenoor ander haelroere wat ek al geskiet het wat beteken jy kan hom heeldag skiet in mielie lande en vanaand weet jou skouer nie daarvan nie.
Re: Semi Auto12ga, Wat om te kies?
Posted: Tue Jan 25, 2022 5:45 am
by Ds J
"Vir n haelgeweer is daar twee vereistes: hy moet Italiaans wees, en met B begin."
Re: Semi Auto12ga, Wat om te kies?
Posted: Tue Jan 25, 2022 7:01 am
by toelie
Malan
Hoeveel rondtes hou die geweer in totaal?
Snaaks dat mens nie n extension vir hom kry nie?
Re: Semi Auto12ga, Wat om te kies?
Posted: Tue Jan 25, 2022 9:08 am
by Malan123
2 + 1 as ek reg onthou. Ja ek het al redelik gesoek. Sien daar is paar manne in die US wat planne gemaak het, maar ek wil nie karring by goed waarvan ek nie weerlt nie
Re: Semi Auto12ga, Wat om te kies?
Posted: Tue Jan 25, 2022 12:10 pm
by alecjohnson
Ek het nie geweet of ek werklik een gaan gebruik nie, moet se ja ek geniet dit baie, ek het 'n Anatolian defense 4+1 gekoop vir 4k splinternuut, met 3 chokes Vol med en half.
Die kleibaan waar ek was om te oefen was hulle na ek my beginner verhaal vertel het tog te bly om nog iemand te sien wat wil probeer met vol wurg wat oop moes wees en verkeerde vir beginner, het ek vrek baie geleer by hulle op daai "skeet" rondte.
Ek het baie beter gevaar met vol wurg en die "trap" baan waarvoor my vol wurg reg was se hulle.
So moet nie bang wees om te vra nie jy mag dalk net verbaas wees hoe vêr rustig en mooi praat mense se oë oopmaak dat hulle wil help.
Re: Semi Auto12ga, Wat om te kies?
Posted: Tue Jan 25, 2022 6:34 pm
by Cobus(Cobb)
So ek het in 2020 n Geno special gekoop....10+1 semi....een hele seisoen deurgewerk....naweek na naweek duiwe gedril...kleie gedril...met geen storing of vashak of weieringsvuur of enige issues nie. Het selfs een oggend toe ek dik innie Rande(geld) gevoel het...al 11 skote getrek...moerse fun maar mens se lyf is nie vir dit gebou nie.
Het toe die lang pyp wat 10 hou, verkort na 4 toe( die wat my ken sal verstaan hoekom)...nou loop hy super lekker met n beter balans.
SAJWV het my ook nog nooit vertel ek mag nie saam deelneen nie...jy laai mos net 2 soos enige O/U of S/S
Ek verstaan die R30k smag na n mooi Italiaan of n ding maar vir nou loop my R7k net so lekker.......
As Geno nog het, kan jy gerus maar een koop
Cheers
https://www.youtube.com/watch?v=Z8MJUN3H_2Q
Re: Semi Auto12ga, Wat om te kies?
Posted: Tue Jan 25, 2022 6:54 pm
by John Durand
Ek het n Stoeger M3k. Het al so 1000 rondtes deur hom gejaag sonder enige probleme. Kom met 10 rondte tube en 3 chokes. Baie lekker roer.
Sent from my MAR-LX1M using Tapatalk
Re: Semi Auto12ga, Wat om te kies?
Posted: Wed Jan 26, 2022 7:07 am
by toelie
Manne
Vir rond neuk en duiwe skiet ens... is daar regtig so moerse verskil tussen n 26/28/30" pyp?